
Die klippe word dan rondom die potte gerangskik en fyn klippies word in die gate gestrooi.
Op 'n balkon kan die gewig verminder word deur plastiekskuim om die pote te pak. Dan is net een laag klippe genoeg vir versiering.
'n vinnige toer vanuit die suide deur Namibia met 'n paar mooi aalwyn fotos. Asook 'n aantal fotos geneem na die goeie reën en die blink klippies van die Spitzkoppe. Dan verlang ons almal saam na die kinders en familie wat oorsee bly of werk. Daar is altyd weer fotos of iets om te deel op die blog.















Kambi die koedoe koei van Namibia Kliek hier vir die duitse weergawe deur Kambi se "ma" Christina. Die beskrywings op hierdie blog is 'n rowwe vertaling. Al die fotos is geneem deur Christina van Elisenheim Brakwater.
Dagsê !
Hier is die nuus uit Brakwater - Ons Kambi die koedoe koei is dank die Vader weer terug by ons.
Nadat ons die koedoe kalfie gekry het, het ons die hele dag gesoek en angstig gehoop dat Kambi weer sal terugkom. Hier is wat gebeur het.....Onmiddelik toe die luiperd hulle inhaal het Kambi gehardloop. Sy is nie fit nie met die luilekker lewe in en om die huis. Aan die diep spore kon mens sien dat sy gejaag word met die luiperd agterna.
Intussen het die klein kalfie bergaf gesukkel en nie baie ver van die huis af doodmoeg onder 'n bos ingekruip.Kambi het dit reggekry om die luiperd se aandag van die kalfie af te trek. Mens kon sien aan die diep krapmerke op haar dat sy blindelings deur die bosse gehardloop het.
Toe Andreas en die werkers die volgende oggend die berg fynkam ontdek hulle die lêplek waar die kalfie gebore is. Terwyl hy besig was om te bel hoor hy 'n geritsel in die bos langs hom en daar staan die koedoekalfie, wat hulle natuurlik dadelik huis toe gebring het.Dié nag om 1:00 het die nagwag gesien dat Kambi by die swembad water drink. Die volgende oggend staan sy by haar gewone plek by die deur en wag vir haar ontbyt. Ons het haar saam met die kalfie in 'n stal gesit, maar dit het haar glad nie gepas nie en sy wou nie dat die kleintjie drink nie. Die kleintjie het dan ook later moed opgegee. Dit was belangrik dat die outjie 'n bietjie van die biesmelk inkry so terwyl ek vir Kambi gevoer het, het Andreas haar gemelk. Om 'n koedoe koei te melk is nogtans komies, maar gelukkig het die kalfie die melk gedrink.

On het 'n baie bekwame (wild)veearts in Windhoek, Dr. Tubising, waar ek dan vitamindruppels vir die koeimelk gekoop het om vir die kalfie te voer. Hy beweer dat dit normaal is wanneer 'n wilde dier (soos in Kambi se geval) met 'n bottel grootgemaak word dat die moederinstinkte nie reg ontwikkel nie.
Kambi jaag die kalfie nie weg nie en lek hom selfs vernaam wanneer die kalfie bottel drink (miskien jaloers?) maar verder gaan sy haar gang.
Dit is 'n plesier om te sien hoe dat die huisdiere die kalfie versorg. 'n Mens kan hulle vir ure dophou.
Ek is besonder dankbaar dat die luiperd nie die kalfie verskeur het nie (ek is mos haar ma). Die gedagte is verskriklik.
Ek wil my vriendin Anke bedank vir die luzern wat sy onmiddelik gebring het sodat Kambi kan melk produseer. Baie gaaf van jou Anke.
Baie dankie ook aan almal vir ondersteuning en boodskappe.Christina und Andreas
Liebe Grüße,Christina

Plaas altyd 'n klip in die drinkbak sodat klein diertjies nie daarin verdrink nie. Hierdie drinkbakkie is nie juis diep nie, die klip is meer 'n versiering, maar die heel klein goggas sal dit nuttig vind.
Die ontspanning en braai area vertoon vriendelik en rustig maar ook interessant. Die aalwyn in die hoë vierkantige pot is binne-in 'n ander kleiner pot geplant. 'n groot hoeveelheid grond om die wortels in 'n diep houer sal suur word en heel moontlik nie goed dreineer nie. Baie klippe met 'n klein bietjie grond (of geen grond) vir vinnige dreinasie is noodsaaklik.








