Saturday, August 09, 2008

Spesiaal vir THEA 'n Meme-tag
Die reëls is :-
Skakel (link) terug na die persoon wie die Meme-Tag gestuur het.
Plaas hierdie reëls bo-aan jou bladsy met 8 beskrywings van waarom jy gelukkig is in jou lewe.
Maak 'n lys van ongeveer 8 ander bloggers aan wie jy hierdie tag verder stuur.
Die geluk in my lewe;- Ek is dankbaar en gelukkig dat Rudi nog in my lewe is na meer as 40 jaar (heelwat meer, maar wie tel nou die jare so presies) Ons is nou al in alle opsigte een persoon en hy beheer die brein.


Rudi was geoloog by die kopermyn in Nababeep Namakwaland en daarna by TCL in Namibia. Die myn het gesluit en ons het besluit om vroeg af te tree in die Republiek van Suid Afrika. Dit was baie moeilik en hartseer om afskeid te neem van Namibië, maar gelukkig is die kinders nog daar met 'n plekkie vir ons.

Ons is gelukkig met ons drie kinders wat goed doen in hulle lewens en vir die agt skattige kleinkinders. Net grootouers kan verstaan hoeveel geluk kleinkinders bring.
Ons geniet nou ook die www, rekenaars, (komputers) en TV wat ons nie gehad het nie toe ons kinders klein was nie. Daardie tyd was ook besonders - ons het geleer om mekaar te geniet en ken die lewe met en sonder die moderne geriewe.


Ons geniet die katkinders ook. Gelukkig hou hulle my jonk en op my voete in plaas van dat ek heeldag voor die komper sit en speletjies speel.

Dan is daar nog baie vreugde in die aalwyntuin stokperdjie. Ons geniet die ekskursies om die plante in die natuur te sien. Die tuin hou mens aan die gang en Rudi hou van die takies hou waarvan ek nie hou nie en omgekeerd.

Ek vermoed dat dit al meer as agt dinge is wat my gelukkig maak.
'Skies vir die lang storie.
Nou sien ek uit na 'n drama met baie geluk van iemand anders.

My tag gaan aan:-
THEA en haar hobbie blog Greintjes
Muriel's Diaries
Bashing innie boendoes
rivierklokkies
Eva die sterker chromosoom


Friday, August 01, 2008

Oshakati Namibië Gratis karwas. Solank die voorraad hou. Ry slegs 'n paar keer om die kennisgewing totdat u tevrede is met die resultate.

http://made-in-afrika.com/onsblog/karwas.jpg (23137 bytes)