Saturday, December 08, 2007

'n Aalwyntuin in potte. Daar is 'n hele paar voordele om in potte te plant -
klimaat,  waar spasie min is, binnenshuis, water spaar en nie die minste nie is eenvoudig as ornamente omdat dit mooi is. Hier is fotos van 'n paar potplante in potte of houers net om 'n idee te kry. Elke persoon sal iets aan die rangskikkings kan en wil verander, dit maak die tuine soveel interessanter.
Die moontlikheid dat dit nodig mag wees dat 'n rare plante geskuif moet word is daar en geen probleem nie.


Plaas altyd 'n klip in die drinkbak sodat klein diertjies nie daarin verdrink nie. Hierdie drinkbakkie is nie juis diep nie, die klip is meer 'n versiering, maar die heel klein goggas sal dit nuttig vind.



Die ontspanning en braai area vertoon vriendelik en rustig maar ook interessant. Die aalwyn in die hoë vierkantige pot is binne-in 'n ander kleiner pot geplant.  'n groot hoeveelheid grond om die wortels in 'n diep houer sal suur word en heel moontlik nie goed dreineer nie. Baie klippe met 'n klein bietjie grond (of geen grond) vir vinnige dreinasie is noodsaaklik.






Die verskillende potte en kleure kombineer baie mooi met die houdstomp en klip. Die groot kaal area is iets treffend.


Selfs die gewone vorm pot vertoon besonder goed deurdat dit nie die aandag aftrek van die plante in die rangskikking nie.



Eenvoudig, maklik, maar tog deftig.  Langs die visdam






Die aalwyn in die pot is Aloe hardyi 'n aalwyn wat natuurlik van kraanse afhang.
Hierdie aalwyn is goed geskik vir hangmandjies.    Die aalwynblare hang nie slap nie, dit is styf in daardie vorm. Die plant groei na onder maar stuur die blom na bo.

2 comments:

Desire Fourie said...

Die Aloe hardyi is 'n baie interessante aalwyn. Ek sal definitief uitkyk vir hierdie een om my huidige kolleksie in ons klein tuintjie mee aan te vul. Dankie vir die waardevolle aalwynwenke.

Anonymous said...

Ons huur tans 'n huis terwyl ons nog oorweeg of ons hier wil koop en waar. Die huis is teen 'n baie klipperige koppie en die eienaar het 'n hele klomp aalwyne geplant. Dit was omtrent nou 'n gesig in Junie en Julie!

Ek het nooit juis gedink aalwyne sal in potte aard nie, maar die foto's by die pos is werklik pragtig.

Net 'n vragie, as ek mag? Wat kombineer goed met aalwyne? Die vuilgoed het omtrent oorgeneem tussen die aalwyne en ek voel mens moet dit probeer vervang met iets soos 'n grondbedekker anders gaan ons eindelose probleme in die somer hê. (Ons is in hoërige somerreenvalgebied. Estcourt KZN)