Showing posts with label koedoe. Show all posts
Showing posts with label koedoe. Show all posts

Sunday, February 24, 2008

Kambi die koedoe koei van Namibia
Hartseer nuus
Ons koedoe kalfie het dit nie gemaak nie.

..ist leider nicht mehr, sie hat es nicht geschafft, wir sind sehr traurig.
Kann nicht glauben, wie schnell so ein Tier Einem an's Herz wächst.
Hätte euch gerne mit weiteren Fotos erfreut.
Liebe Grüße,
Christina

Kambi die koedoe koei van Namibia Kliek hier vir die duitse weergawe deur Kambi se "ma" Christina. Die beskrywings op hierdie blog is 'n rowwe vertaling. Al die fotos is geneem deur Christina van Elisenheim Brakwater.

Dagsê !

Hier is die nuus uit Brakwater - Ons Kambi die koedoe koei is dank die Vader weer terug by ons.

Nadat ons die koedoe kalfie gekry het, het ons die hele dag gesoek en angstig gehoop dat Kambi weer sal terugkom. Hier is wat gebeur het.....

http://made-in-afrika.com/onsblog/ kambi.kalf.2.08.jpg (157860 bytes)

Kort na die geboorte moes 'n luiperd haar lêplek se reuk gekry het. Volgens die spoor was Kambi & die kalfie op pad huis toe en die luiperd was kort op hulle hakke(hoewe).

Onmiddelik toe die luiperd hulle inhaal het Kambi gehardloop. Sy is nie fit nie met die luilekker lewe in en om die huis. Aan die diep spore kon mens sien dat sy gejaag word met die luiperd agterna.

Intussen het die klein kalfie bergaf gesukkel en nie baie ver van die huis af doodmoeg onder 'n bos ingekruip.

Kambi het dit reggekry om die luiperd se aandag van die kalfie af te trek. Mens kon sien aan die diep krapmerke op haar dat sy blindelings deur die bosse gehardloop het.

Toe Andreas en die werkers die volgende oggend die berg fynkam ontdek hulle die lêplek waar die kalfie gebore is. Terwyl hy besig was om te bel hoor hy 'n geritsel in die bos langs hom en daar staan die koedoekalfie, wat hulle natuurlik dadelik huis toe gebring het.

Dié nag om 1:00 het die nagwag gesien dat Kambi by die swembad water drink. Die volgende oggend staan sy by haar gewone plek by die deur en wag vir haar ontbyt. Ons het haar saam met die kalfie in 'n stal gesit, maar dit het haar glad nie gepas nie en sy wou nie dat die kleintjie drink nie. Die kleintjie het dan ook later moed opgegee. Dit was belangrik dat die outjie 'n bietjie van die biesmelk inkry so terwyl ek vir Kambi gevoer het, het Andreas haar gemelk. Om 'n koedoe koei te melk is nogtans komies, maar gelukkig het die kalfie die melk gedrink.

http://made-in-afrika.com/onsblog/ kambi.die.koedoe.koei.en.kalf.2.08.jpg (89755 bytes)

On het 'n baie bekwame (wild)veearts in Windhoek, Dr. Tubising, waar ek dan vitamindruppels vir die koeimelk gekoop het om vir die kalfie te voer. Hy beweer dat dit normaal is wanneer 'n wilde dier (soos in Kambi se geval) met 'n bottel grootgemaak word dat die moederinstinkte nie reg ontwikkel nie.

Kambi jaag die kalfie nie weg nie en lek hom selfs vernaam wanneer die kalfie bottel drink (miskien jaloers?) maar verder gaan sy haar gang.

http://made-in-afrika.com/onsblog/ kudu.kalf.hond..2.08.jpg (94737 bytes)

Ek is bloot bly dat die teef Jolly so lief vir die kalfie is. Die hond lê by die kalfie en lek hom skoon. Te oulik.

http://made-in-afrika.com/onsblog/ kudu.kalf.hond.versorg.2.08.jpg (93216 bytes)

Gestir oggend het die kalfie nat gereën. Ons het haar afgedroog en op die stoep gebring, maar sy het so gebewe dat sy nie kon drink nie. Ek het twee graansakkies wat mens in die mikro verhit warm gemaak en by die kalfie neergesit met 'n ekstra kombers bo-oor haar. Baie gou was die katte daar, natuurlik agter die warmte aan.
http://made-in-afrika.com/onsblog/ kudu.kalf.kat.2.08.jpg (105282 bytes)

Dit is 'n plesier om te sien hoe dat die huisdiere die kalfie versorg. 'n Mens kan hulle vir ure dophou.

Ek is besonder dankbaar dat die luiperd nie die kalfie verskeur het nie (ek is mos haar ma). Die gedagte is verskriklik.

Ek wil my vriendin Anke bedank vir die luzern wat sy onmiddelik gebring het sodat Kambi kan melk produseer. Baie gaaf van jou Anke.

Baie dankie ook aan almal vir ondersteuning en boodskappe.

Christina und Andreas

Liebe Grüße,

Christina

Friday, February 22, 2008

Kambi die koedoe koei van Namibia.    Kambi is 'n jong koedoe op die gasteplaas Elisenheim buite Windhoek. Soos duidelik gesien kan word op die fotos is Kambi die koedoekoei en haar katte baie goed versorg. Die mense van Elisenheim is bekend vir hulle groothartigheid teenoor mense en diere. Besoek die Elisenheim webwerf om meer van die plaas te sien.
Plaaskatte vorm dikwels 'n sterk band met 'n gekose perd waar hulle dan ook saamwoon in dieselfde stal. Dit is tot almal se voordeel daar die katte rotte, muise en selfs slange vang. Maar daar is seker nie 'n perd so gewild soos Kambi die koedoe nie. Heel moontlik omdat Kambi saam met die katte nuuskierig is en saamstaan om te weet wat die mense in hulle omgewing doen.

http://made-in-afrika.com/onsblog/Kambi koedoe en kat Mummel (14358 bytes)

Wie kan bedruk voel na 'n vroeg oggend groet deur hierdie twee. Daardie gevoelvolle kyk van die koedoe en die ondeunde kat gereed vir die uitdagings van 'n nuwe dag.

Soos Christine Werner skryf. "Wenn ich morgens meine Gardinen aufmache, gucken die Beiden meist schon ins Fenster, wollt' das nur mit euch teilen, süß, ne?!? " - rof vertaal - as ek in die oggend die gordyne ooptrek loer die twee reeds na binne. oulik nie ?

Foto bo: Kambi die koedoekoei en haar vriendjie Mummel die kat

Foto onder: Kambi met haar vriend Peet nog 'n kat.

http://made-in-afrika.com/onsblog/Kambi koedoe Peet kat (11754 bytes)

Kambi het 'n persoonlikheid wat almal gerus laat voel in haar teenwoordigheid. Sy het geen einde aan vriende nie. Katte, honde en mense, dag of nag, sy is nooit alleen nie.

http://made-in-afrika.com/onsblog/Kambi koedoekoei Teddy hond (11040 bytes)

Friday, November 10, 2006

aalwyn en bobbejaan om windhoek

'n Aalwyn en bobbejaan, 'n kykie in Windhoek

Windhoek is netjies en rustig geleë tussen berge - klein vir 'n stad, vernaam waar dit 'n hoofstad is. Wilde diere soos koedoe(kudu), jakkalse, stokstertmeerkat en 'n groot verskeidenheid koggelmanders en akkedisse kan in die stad en die heuwels gesien word, vernaam ten tye van droogtes. Voëls en insekte is in 'n groot verskeidenheid te sien.


Die aalwyn Aloe littoralis op die foto is Windhoek se wapen embleem. Hierdie aalwyn groei maklik 3 meter hoog, gelukkig blom dit op 'n jong ouderdom lank voordat daardie hoogte bereik word. Aloe littoralis het geen probleem met die ryp wat elke jaar voorkom in die gebied nie. Blomtyd is vroeg in die winter voordat dit begin ryp. Die blomstingels vorm 'n kandelaar.


Foto links is Windhoek in die winter. Die kwik daal heel dikwels onder vriespunt en selfs tot soveel as -6 grade Celsius, maar sodra die son opkom styg die kwik vinnig na n' lekker dag.

Aloe littoralis is ook aangepas by die winters en blom vroeg in die winter voordat die blomme kan vries.
Aloe littoralis is ook aangepas by die winters en blom vroeg in die winter voordat die blomme kan vries.

Kambi die koedoe op die gasteplaas Elisenheim net buite Windhoek
kambi se blog












Die bobbejane is wel oulik om na te kyk, maar nie as hulle op 'n rooftog om kos te vind in die buurt is nie. 'n Bobbejaan het gevaarlike tande en hulle is rats en sterk.


Hulle sal selfs 'n man kan doodmaak en is 'n groot gevaar vir kinders en ook vir honde. Die foto is geneem van 'n groot mannetjie. Hy het gekom om die lekker ryp papaja in die tuin te oes. Ons wou hom nie ontstel nie en het die foto deur die venster geneem. Dit lyk nou asof die bobbejaan agter tralies is, maar in werklikheid was dit ons wat vasgevang is agter die tralies in die huis.











Die geitjie (gecko) is te oulik. Hulle tone is aangepas om te kan klou (vassuig) sodat hulle op die plafon met gerief kan hardloop. Die pootjies voel sooos fluweel as hy op jou hand sit. Op die mat dink hierdie een dat hy op boombas is en onsigbaar sal wees as hy stilsit. Dit is ongelukkig maklik om hom nie te sien nie en dan op hom te trap. Nou is die reël dat enige geitjie op die mat word buite gesit. As hy slim raak en op die muur of plafon bly kan hy intrek.