Showing posts with label karooland. Show all posts
Showing posts with label karooland. Show all posts

Saturday, September 29, 2007

sutherland van die grondpad se kant Daar was toe 'n geleentheid om by Sutherland te kom vir 'n photo. Ons wou Aloe broomii en Aloe claviflora in blom sien in die veld. Daarvoor is ons na die Nationale Park in Beaufortwes.
http://made-in-afrika.com/onsblog/uitsig.rivierloop211.jpg (362006 bytes)
Die Karoo landskap soos gesien vanaf 'n pad in die Nationale Natuurpark by Beaufortwes. http://made-in-afrika.com/onsblog/aloe.claviflora.jpg (48983 bytes)
Aloe claviflora. Hierdie aalwyn stoot die blom dwars uit. Die algemene naam is treffend, kanon-aalwyn.
http://made-in-afrika.com/onsblog/rotstuin.jpg (63355 bytes)
Aloe broomii op 'n rotstuin in die natuurpark by Beaufortwes.
http://made-in-afrika.com/onsblog/mutti.jpg (42970 bytes)
Aloe broomii is 'n waardige simbool vir 'n moeder. Hierdie gedenksteen was langs die pad wat afdraai vanaf die N1 na Fraserburg. Dit is in duits wat mens laat wonder of die moeder op toer was toe sy hier gesterf het.
Die bewoording is:
UNSERER LIEBER MUTTI EIN GEDENKEN + 12 - 12 - 1994
Direk vertaal - Aan ons liewe moedertjie 'n aandenking.

Ietwat ontstel dink ek daaraan dat my Moeder baie lief was vir haar aalwyne en dit is by haar waar ons belangstelling in aalwyne begin het.
Sy is ook nie meer met ons nie.
Met die huis toe ry het ons na Fraserburg en toe Williston gery en daarvandaan per grondpad na Sutherland. Ons kon eenvoudig weer die N1 tot Matjiesfontein geneem het, maar ons wou 'n ander deel van die Karoo sien.
http://made-in-afrika.com/onsblog/williston.jpg (262134 bytes)
Willistan lyk baie eensaam in die grote Bo-Karoo. Hier word dit sekerlik bloedig warm in die somer en vrek koud in die winter. Hierdie deel van die Karoo kry somer reën gevolglik is dit uiters droog nou (September).
So in die verbyry is dit opvallend dat op die plase in hierdie omgewing met skape geboer word. Ai, dit laat 'n mens se mond water vir bietjie braaivleis of 'n bordvol skaaprib-bredie.
http://made-in-afrika.com/onsblog/sutherland.vanaf.williston.jpg (115607 bytes)
Sutherland vanaf die grondpad in die teenoorgestelde kant as wat ons die vorige keer in gery het. Die veld is reeds besig om uit te droog na die winterreën. Daar is nog 'n paar dapper blommetjies tussen die graspolle.
Op 'n afstand lyk dit asof ons 'n eeu of twee terug is in tyd. Nogtans het elke huis sy TV, selfoon en sy kruis, al lyk dit so stil en rustig.
http://made-in-afrika.com/onsblog/sutherland.teleskoop.jpg (178004 bytes)
Die ou teleskoop. 'n Besoek aan Sutherland se sterrewag is sekerlik die droom van baie sterrekundiges en sterrekykers regoor die wêreld.
http://made-in-afrika.com/onsblog/papwiel.jpg (164333 bytes)
Ongelukkig het die slegte grondpad ons duur te staan gekom. 'n Band letterlik flenters gery. Rudi het omtrent gesukkel om die domkrag onder die kar in te kry. Die verflenterde band was heeltmal van die wiel af en oor die plek waar die domkrag moes kom. Met die gesukkel in die stof onder die kar kon mens nie sien waar die grondpad eindig en die man onder sy motorkar begin nie. Geluk was dat die motor glad nie enige hanteering probleem gegee het met net drie wiele teen 'n spoed op grondpad nie en Rudi is so trots op sy motor daaroor.
Einde goed - alles goed.

Saturday, August 18, 2007

sneeu van naby Die sneeu op die Hexrivierberge by Ceres en verder in die koue bokkeveld is pragtig. Vernaam as mens na die sneeu kan kyk en nie self by vriespunt is nie. Hierdie jaar het dit so erg gesneeu by Sutherland dat die paaie afgesny was. Dit is toe dat ons besluit om bietjie sneeuballe te gaan rondgooi. Ons het nog altyd die sneeu van ver bewonder omdat dit nie die moeite werd is om tot by ‘n berg te ry nie, mens sien die sneeu net so goed van ver, maar as die sneeu op die grond is dan wil ons bietjie gaan speel.
http://made-in-afrika.com/onsblog/snow.mountains.2_small.jpg (4104 bytes)
Die sneeu is indrukwekkend, maar ook onwerklik soos op 'n prentjie.
lilies.mesembs.jpg (36422 bytes)
Dit is nog bietjie vroeg om te gaan blomme kyk in die Kouebokkeveld en die Karoo, maar die eerste vygies en lelies is reeds daar en pragtig. Na die baie reën is daar geen stof nie, alles is helder en skoon. Die windjie is koud en verfrissend.
http://made-in-afrika.com/onsblog/vaal.karooland..jpg (45377 bytes)
Die liedjie "vaal ou karoo-o- land" kom outomaties in my gedagtes op. Die panne water en vuurpyle langs die pad, verander niks nie. Dit bly vaal en rustig.
http://made-in-afrika.com/onsblog/vuurpyle..jpg (120236 bytes)

http://made-in-afrika.com/onsblog/aloe.microstigma.mountains_small.jpg (15924 bytes)
'n Lekker verrassing! Aloe microstigma so na aan Sutherland, maar dit is entlik te verwagte. Hierdie aalwyn verdra die warm droë somers en snerpende koue nagte van die Karoo sonder om te kla. Die plante groei net teen die westelike hange waar die middagson die klippe warm maak en verhoed dat die aalwyne deur die nag vries. Die aalwyne groei in droë omstandighede so daar is ook nie veel water in die blare wat kan vries nie.
Aloe microstigma is baie goed aangepas by die karoo. ..en die aalwyn is ook soos die Karooland - vaalgroen met 'n pragtige blom.
http://made-in-afrika.com/onsblog/aloe.microstigma.plant.8.07.jpg (67550 bytes)
meer oor Aloe microstigma en ander aalwyne op hierdie webwerf
http://made-in-afrika.com/onsblog/sutherland.snow.notice.board.7.071_small.jpg (20179 bytes)
Eindelik sneeu. Die baie reën het ongelukkig ons sneeu wegespoel en gesmelt, maar dit was steeds 'n ervaring om "regte sneeu" te kan hanteer.
http://made-in-afrika.com/onsblog/sutherland.eurica.snow.07_small.jpg (28855 bytes)
Dit voel goed. As ons nie so haastig was nie het ek 'n sneeuvrou gebou.

Agterna besef ons dat dit nou regtig nie nodig was om 700 km in een dag af te lê nie. Daar is baie B&B plekke teen goeie pryse in Sutherland en ook op die plase. Ongelukkig is dit die katkinders by die huis wat die deurslag gee en ons aanjaag terug huistoe net om te sien dat hulle heeltemal tevrede is en ons nie sou mis tot die volgende dag nie.
ontmoet ons katte o.a. die American Curl.