Saturday, May 30, 2009

Om te dink Garfield het net 'n teddiebeer

Dit kos nogal geduld om die jagluiperd en die kat
aan die slaap te kry, maar na 'n dag se werk is dit
geen probleem vir Japie nie.


Daar is geen speelding so lekker soos 'n stert nie en
so 'n groot stert is sekerlik elke katjie se droom. Kyk
daardie tande gereed om die vyand af te maai!Dan is daar mense wat dink dat diere nie 'nverbeelding het nie.

Ek is dors !

Vrae wat gevra word. Ek is nie 'n kenner van die
jagluiperd nie, maar hier is kortliks wat ek weet.

Dit is verbasend hoe uiteenlopend die opinies is,
daarom is dit altyd goed om 'n verskeidenheid
opinies te nader. Die jagluiperd is gebou vir spoed
en nie om te veg nie. Wanneer 'n boer in Namibia
'n jagluiperd in 'n strik vang is 'n besliste houding en 'n
klap gewoonlik genoeg om die grootkat in toom te hou.
Die jagluiperd word nie doodgemaak nie maar aan
Natuurbewaring oorhandig.
Nogtans stem ek saam dat die jagluiperd die kat met
een hap van kant kan maak, maar dit geld vir die honde
ook. Daarby is die jagluiperd baie vol nonsens waaraan
hy byt en die smaak van kat..... eeejuk... seblief...
Feit is dat die jagluiperd as 'n spesies reeds vir dekades agteruitgaan weens 'n verskeidenheid redes. Habitat is bekend, maar daar is ook genetiese nadele. Miskien kan daar wel sukses wees om hulle te red in die moderne tyd.

2 comments:

Anonymous said...

Dus je mag zulk dier ook niet zo maar houden bij jullie !!!

Wat een prachtig dier, dat jachtluipaard !!! Heel erg mooi!!
Ze zien er ook heel gezond uit !!

Groetjes Thea

ericat said...

Ons mag geen dier - soogdier, visse voels, reptiele, paddas enige dier wat inheems is - aanhou nie.

Soms is dit ironies dat hierdie diere ge-eet word maar nie aangehou mag word nie. Dit is egter 'n goeie reel.

groete Eurica