Tuesday, April 26, 2011

Namibië word nat en natter



Namibië soos ons die land ken. 
Droog en in pastel kleure. 
Die atmosfeer is rustig groot en stil.
Hier is die mens klein.

Na goeie reën wat nou al amper 'n gewoonte geword het.
Al die veld is vrolik - verseker.


Die versamelvoëlnes Philetairus socius is soos
'n groot grasdak met die deure na die verskillende nessies aan die onderkant.



Waar is die waarheid. Ja, waar is hy, dis waar. Maar waar is hy?
C J Langenhoven

Wednesday, April 13, 2011

My Stokperdjies


Ek gebruik die woord stokperdjie hier nie letterlik nie.

 Kyk hoe soet sit hulle twee daar.

Rudi en ek deel en geniet die stokperdjies saam.
Die katte geniet die dubbelle  aandag. maar die kat op Rudi 
se skouer besit hom.
Die katskou-rosette dekorasies in die agtergrond is maar net 
'n noodsaaklike deel van katte teel en 'n deel wat ek nie as
stokperdjie beskou of besonder geniet nie.

Die komputer is die beste stokperdjie wat die mensdom getref
het vir oud en jonk maak nie saak wat daardie persoon se
belangstelling is nie.

Die poppe so effe sigbaar ver regs.  Dit is 'n ou stokperdjie wat reeds
aangegee is aan my dogter.  Dit woon net nog hier omdat daar meer 
plek is by Ma.


Wat nog  kort op die prentjie hierbo is ons aalwyne.  'n Interessante
 stokperdjie wat ons almal geniet.



Moenie jou  vriend vergeet nie dit sal hom seermaak, hou dit vir jou vyande.  -  CJ Langenhoven

stokperdjies

My Stokperdjies






 Rudi is natuurlik die eerste en belangrikste deel van die stokperdjies.

Dan kom die katte wat Rudi saam met my geniet.  
Die katskou-rosette dekorasies in die agtergrond is maar net deel van die katte en
'n deel wat ek nie as stokperdjie beskou of besonder geniet nie.  Dit
is 'n noodsaaklike werk gedeelte.

 
Die komputer is die beste ding wat die mensdom getref  het vir oud en jonk 
maak nie saak wat daardie persoon se belangstelling is nie.  
Kyk hoe soet sit hulle twee daar.


Die poppe so effe sigbaar ver regs.  Dit is 'n ou stokperdjie wat reeds 
aangegee is aan my dogter.  Dit woon net nog hier omdat daar meer 
plek is by Ma.


Wat nog  kort op die prentjie is ons aalwyne.  'n Interessante
 stokperdjie wat ons almal geniet.






Moenie jou  vriend vergeet nie dit sal hom seermaak, hou dit vir jou vyande.  -  CJ Langenhoven

Sunday, August 01, 2010

Maak jou eie saad.  Daar is net een punt wat belangrik is.    
Die aalwyn plante kan nie selfbestuif nie.
Die plante mag wel van saad gekweek wees van dieselfde plant.
Nie die stiggies nie, want 'n stiggie is steeds 'n deel van 
daardie plant.  
 Aloe barbadensis is 'n goeie voorbeeld waar bestuiwing
bestuiwing baie moeilik is.  Hierdie aalwyn gaan mal aan met
stiggies maak en so word die stiggies gekweek vermeerder 
en weer gekweek, dat ek (in die Weskaap) nie eers
A.barbadensis van Namibia af kan bestuif nie heel moontlik omdat
dit stiggies is van dieselfde plant.  Daar was niks verkeerd met die 
plante as sulks nie want ek het wel suksesvolle saad van 'n kruising
met A. gerstnerii op dieselfde plant.

Kruisings soos op die foto is 'n baie interessante uitdaging.  
Daar is 'n  moontlikheid  dat die gene van die twee plante nie 
bymekaar pas nie, maar dit is die moeite werd om
te probeer.  Vir meer fotos van aalwynkruisings 

http://succulentplants.net/afrikaans.aalwyne/aalwyn.kruisings.htm


Let op die lengte van die stempel  -  'n lang stempel aalwyn
kan 'n kort stempel aalwyn bestuif maar nie andersom nie.
Sommige ge-oefende kwekers los die
probleem van selfbestuiwing op wanneer hulle 'n enkel
eksemplaar het,deur eers stuifmeel van 'n kort stempel op
te sit wat dan die stempel stimuleer maar nie ver genoeg
kan afgroei nie en daarna sit hulle dieselfde plant se
stuifmeel op wat die stempel bestuif.  
Normaalweg - soos reeds genoem - bestuif die stuifmeel 

van dieselfde plant nie die plant nie. Ek het geen
ondervinding of hierdie raad werklik werk nie.


Daar is natuurlik baie ander redes waar die gene eenvoudig
nie klop nie. Ek sien by sommige kruisings dat daar bv. nooit
stuifmeel is nie. Dit is 'n opvallende maar nie doodlike fout nie,
 maar mens besef dat daar baie ander onopsigtelike foute
kan wees wat veroorsaak dat sommige kruisings nie werk nie.

Daar is aalwyne wat amper alles kan bestuif soos
Aloe arborescens en Aloe marlothii en  netso is daar
uiters moeilike aalwyne ook. Kruisings afkomstig
van moeilike aalwyne is op hulle beurt ook moeilik.
Daarom kruis die kweekers eers met Aloe arborescens
om daardie eienskap bietjie makliker te maak en
nog 'n voordeel is Aloe arborescens groei vinnig en
het 'n goeie blom.  


Daar is allerhande boererate wanneer 'n plant nie 
saad maak nie, soos 'laat die plant swaar krÿ'  en so
aan
.  Belangrik is dat 'n ander plant wat nie 'n
kloon(stiggie) van dieselfde plant is nie gebruik moet
word.  Die plante mag wel van saad gekweek wees 

van dieselfde plant en bestuif deur diesefde plant.

Tuesday, March 16, 2010

'n rotstuin op die balkon, stoep, of selfs in die huis.
Hierdie rotstuin is baie maklik en pas in die kleinste hoekie enige plek binne of buite die huis.
Al wat nodig is, is darem redelike sterk lig vir die vetplante.
Die geheim is dat die plante in potjies geplant is. 
Die klippe word dan rondom die potte gerangskik en fyn klippies word in die gate gestrooi. 

Op 'n balkon kan die gewig verminder word deur plastiekskuim om die pote te pak. Dan is net een laag klippe genoeg vir versiering.

Saturday, September 05, 2009

'n Aalwyntuin in die plek van die grasperk

by die agterdeur was 'n uitstekende besluit.

Ons spaar water, werk en koste.

Na jare se swoeg en sukkel, het ons besluit om die verwaarloosde

grasperk by die agterdeur uit te spit. Ons was al gewoond aan die

waterbeperkings elke jaar, maar hierdie jaar was die water besonder

skaars. Die foto bo is geneem Junie 2005.

Die beddings is gemaak en ons het reeds begin plant.

Die voordeel van aalwyne is dat hulle so maklik oorplant.

Terwyl ons op ons tyd aan die agterdeurtuintjie werk,

groei die aalwyne ewe vrolik op 'n ander plek in die tuin.

Nog so 'n jaar later en dit lyk al heel netjies.

Die foto was geneem om te wys hoe mooi Aloe africana blom.

Dit is verbasend hoe goed aalwyne kan oorplant, hierdie

aalwyne is 'n paar maande gelede oorgeplant. Laat staan die

aalwyn op 'n plek totdat nuwe wortels begin wys en plant oor

in die droë tyd van die jaar.

Hier is meer besonderhede. Die jong aalwynplante onder die

boom links is almal kruisings wat Rudi gemaak en gekweek het.

Die foto is geneem Julie 2009 en van die teenoorgestelde kant

as die foto bo, d.i. vanaf die boom. Aloe africana se blomtyd is

ietwat later. Die Aloe mutabilis kruising se blomme wys bokant

Aloe africana (regs agter) wat ongelukkig die indruk skep dat die

aalwyn blom. Rudi se kruisings in die voorgrond is ook pragtig.

Foto bo: Hierdie aalwyne is van die eerstes wat geplant is

aan die kant oorkant die boom aan die onder end van die

agterdeurtuintjie. Die drie aalwyne in blom is van links;

Aloe ferox X Aloe arborescens, Aloe mutabilis X

Aloe arborescens en Aloe cryptopoda.

Rudi se Aloe petricola X Aloe globuligemma kruisings is

in blom. Daar is blykbaar twee kleure blomme in die vyf

plante. Diep oranje wat verkleur na geel soos die blomme

oopmaak en rooi wat verkleur na 'n romerige wit. Daar

is kleiner aalwyntjies en lelies tussen die aalwyne. Die

lelies is o.a.die klein inheemse Gladiola. Hulle rus in

die somer en het baie min water nodig. Somer reënval

tuine sal die lelies plant wat rus in die winter.

Kyk op my webwerf na die besonder mooi inheemse lelies.


Hierdie klein lelie groei maklik van saad en ons het saad

op voorraad. Hulle versprei deur saad en bolle en vertoon

baie mooi in 'n groep.

Ons epos adres is euricat at gmail.com vervang die at

met @ en geen spasies nie.

Jammer vir die moeite maar dit is om die outomatiese

oes van adresse te fnuik.

Saturday, May 30, 2009

Om te dink Garfield het net 'n teddiebeer


Dit kos nogal geduld om die jagluiperd en die kat

aan die slaap te kry, maar na 'n dag se werk is dit

geen probleem vir Japie nie.


Daar is geen speelding so lekker soos 'n stert nie en
so 'n groot stert is sekerlik elke katjie se droom. Kyk
daardie tande gereed om die vyand af te maai!
Dan is daar mense wat dink dat diere nie 'n
verbeelding het nie.

Ek is dors !


Vrae wat gevra word. Ek is nie 'n kenner van die
jagluiperd nie, maar hier is kortliks wat ek weet.

Dit is verbasend hoe uiteenlopend die opinies is,

daarom is dit altyd goed om 'n verskeidenheid

opinies te nader. Die jagluiperd is gebou vir spoed

en nie om te veg nie. Wanneer 'n boer in Namibia

'n jagluiperd in 'n strik vang is 'n besliste houding en 'n

klap gewoonlik genoeg om die grootkat in toom te hou.

Die jagluiperd word nie doodgemaak nie maar aan

Natuurbewaring oorhandig.

Nogtans stem ek saam dat die jagluiperd die kat met
een hap van kant kan maak, maar dit geld vir die honde
ook. Daarby is die jagluiperd baie vol nonsens waaraan
hy byt en die smaak van kat..... eeejuk... seblief...

Feit is dat die jagluiperd as 'n spesies reeds vir dekades agteruitgaan
weens 'n verskeidenheid redes. Habitat is bekend, maar daar is ook
genetiese nadele. Miskien kan daar wel sukses wees om hulle te red in
die moderne tyd.

Magda skryf:-

"Japie het die jagluiperd vir 'n troeteldier op 'n vendusie naby Bloemfontein,
gekoop. Die permit om die jagluiperd aan te hou, moet jaarliks hernu word.

Natuurbewaring het streng regulasies ten opsigte van die grootte,

veiligheid en gerief waarin die jagluiperd aangehou word. Japie

het by die SA Cheetah Breeders/Owners Association
aangesluit om seker te maak dat die jagluiperd niks kort kom nie."


Dit was nogal fynspeel om die
jagluiperd aan almal voor te
stel: Die jong duitse-herdershond (8 maande oud), die siamese katjie
(2 maande oud) en die pug ( ou hond). Die katjie en die ou hond (pug) was
maklik maar die ander twee moes eers aan mekaar gewoond raak. Vir twee
weke kon hulle mekaar sien deur die glas deure voordat hulle toegelaat is om
mekaar te ontmoet. Daar was geen probleem nie. Die jagluiperd en
die duitse-herdershond geniet dit om mekaar te jaag op die grasperk.
Dit pas Magda want anders sou sy moes instaan om toe te sien dat die
jagluiperd genoeg oefening kry. Soos Magda vertel - dit sal 'n taak wees,
sy is 59 jaar oud! Sommer nog jonk, Magda!

Teen sononder gaan die siamesie gewoonlik uit om in
die tuin te speel. Dan is die aandag van beide die
jagluiperd en die hedershond op die katjie.
Die hond sit sy mond oor die lyf van
die katjie ( die hele lyfie pas in die hond se bek) terwyl
die
jagluiperd met die hond stoei aan die
ander kant. Die katjie kan ontsnap
in die
bome in, maar hy geniet (of duld) dit.

Die hond raak eerste moeg vir die

speletjie en dan gaan speel die katte in die bome.



Somtyds is dit moeilik om die katjie te oorreed om in die
huis te kom, maar die meeste van die tyd is hy uitgespeel
en gretig om in te gaan.

Die laaste een onder is 'n bangkat !




Sunday, May 10, 2009


Ontmoet Nancy cheetah jagluiperd, Anix siamese kat,

Boel pughond en Frankie herdershond.

Die cheetah, kat en die twee honne is die vierbenige kinders van

Japie Pienaar en sy vrou Magda."


Magda vertel:-Oorspronklik was die cheetah se naam Nancy,

maar dit het verander na Jollie (Die mense wat die cheetah

groot gemaak het op die bottel vanaf geboorte, het haar

Angeline Jolie genoem.)

Die Duitse Herdershond se naam is Frankie omdat die

eerste fotos van hom 'n blou refleksie van die werker se

klere in sy oog weerkaats het. Dit het Japie herinner aan

Frank Sinatra O'l Blue eyes.

Die Siamees heet Anix (vernoem na 'n vriendin Anika.)

maar hy word meestal "Die Witte" genoem en

die Pug se naam is eenvoudig Boelie.

Japie Pienaar en sy vrou Magda se plaas is gelee in die Vrystaat

20 vanaf Wesselsbron, Suid Afrika.

'n Gedeelte van die plaas is 'n natuur reservaat en verder word

geboer met Arabiese perde en landbou.

In die reservaat is daar 'n self-bedien-kamp langs die rievier met

'n voertuig om in rond te ry. Wild te sien is bokke, buffels, renoster,

en seekoei, asook 'n groot verskeidenheid voels (200+species) en

vis in die rivier.

Brakfontein private natuur reservaat.

Kontak Magda Tel. (+27) 057 899 2426

Ek kan sien wat hierdie buffel so al kouende dink

Hy jeuk vir 'n onder-onsie met daardie cheetah.


Noudat almal mekaar ken kan ons oorgaan na meer aksie

in die volgende blog.


Help dat jou swakke medinger op die bene bly. As hy tot niet gaan,

kom daar straks 'n sterke in sy plek - Langenhoven