Tuesday, April 26, 2011

Namibië word nat en natter

Namibië soos ons die land ken. 
Droog en in pastel kleure. 
Die atmosfeer is rustig groot en stil.
Hier is die mens klein.

Na goeie reën wat nou al amper 'n gewoonte geword het.
Al die veld is vrolik - verseker.


Die versamelvoëlnes Philetairus socius is soos
'n groot grasdak met die deure na die verskillende nessies aan die onderkant.



Waar is die waarheid. Ja, waar is hy, dis waar. Maar waar is hy?
C J Langenhoven

Wednesday, April 13, 2011

Ons Stokperdjies

 Kyk hoe soet sit hulle twee daar.
Rudi en ek deel en geniet die stokperdjies saam.  Ek is egter nie seker of die teel van katte 'n stokperdjie genoem kan word nie.  Dit verg baie meer aandag en my idee van stokperdjie is iets wat vir die plesier gedoen word sonder om te voel daar is verpligting.  Noudat ek nadink die teel van die kittens gee baie plesier, dit wys geen wins en dit hou ons voltyd besig en al is dit heeltemal verpligtend  geniet ons dit.  Geen afdag of vakansie nie. Of dit geld vir stokperdjie glo ek nie, dit is veel meer soos kinders grootmaak.
Ons katte Siamees en American Curl, geniet die dubbelle  aandag, maar die kat op Rudi se skouer besit hom.

Die komputer is die beste stokperdjie wat die mensdom getref het vir oud en jonk,  maak nie saak wat daardie persoon se belangstelling is nie.

Wat nog  kort op die prentjie hierbo is ons aalwyne   'n interessante stokperdjie  wat ons almal geniet.  

Moenie jou  vriend vergeet nie dit sal hom seermaak, hou dit vir jou vyande.  -  CJ Langenhoven

Sunday, August 01, 2010

Maak jou eie saad.  Daar is net een punt wat belangrik is.    
Die aalwyn plante kan nie selfbestuif nie.
Die plante mag wel van saad gekweek wees van dieselfde plant. Daar is moontlik enkelle uitsonderings soos met enigiets, maar ons het hulle nie gevind nie.
Plante geweek van stiggies werk ook nie, want 'n stiggie is steeds 'n deel van dieselfde plant.


Aloe barbadensis ( bekend as aloe vera) is 'n goeie voorbeeld waar bestuiwing baie moeilik is.  Hierdie aalwyn gaan mal aan met stiggies maak en so word die stiggies gekweek vermeerder en weer gekweek, dat ek (in die Weskaap) nie eers A.barbadensis van Namibia af kan bestuif nie heel moontlik omdat dit stiggies is van dieselfde plant.  Daar was niks verkeerd met die plante as sulks nie want ek het wel suksesvolle saad van 'n kruising met A. gerstnerii op dieselfde plant.
 Kruisings soos op die foto is 'n baie interessante uitdaging.  Die aalwyne in hierdie tuin is kruisings en wel is feitlik almal A.thraskii kruisings  met die aalwyn wat die maklikste kruisings maak Aloe arborescens verseker daartussen in.

Kruisings soos op die foto is 'n baie interessante uitdaging.  Daar is 'n  moontlikheid  dat die gene van die twee plante nie bymekaar pas nie, maar dit is die moeite werd om te probeer.  

Let op die lengte van die stempel  -  'n lang stempel aalwyn kan 'n kort stempel aalwyn bestuif maar nie andersom nie.
Sommige ge-oefende kwekers los die probleem van selfbestuiwing op wanneer hulle 'n enkel eksemplaar het deur eers stuifmeel van enige ander aalwyn met 'n kort stempel op te sit wat dan die stempel stimuleer maar nie ver genoeg kan afgroei nie en daarna sit hulle dieselfde plant se stuifmeel op wat dan bestuif.   Dit is 'n skraal kans, maar dit is die moeite werd as dit werk.
Normaalweg - soos reeds genoem - bestuif die stuifmeel 
van dieselfde plant nie die plant nie. Ek het geen
ondervinding of hierdie raad werklik werk nie.

Daar is natuurlik baie ander redes waar die gene eenvoudig nie klop nie. Ek sien by sommige kruisings dat daar bv. nooit stuifmeel is nie. Dit is 'n opvallende maar nie doodlike fout nie bring dan die stuifmeel van die ander plant na die plant sonder stuifmeel. Daar kan baie ander onopsigtelike foute wees wat veroorsaak dat sommige kruisings nie werk nie.
Aloe marlothii x Aloe mutans

Daar is aalwyne wat amper alle ander aalwyne species of kruisings kan bestuif soos bv. Aloe arborescens en Aloe marlothii en  netso is daar uiters moeilike aalwyne wat geen kruisings maak nie ook. Kruisings afkomstig van moeilike aalwyne is op hulle beurt ook moeilik.
Daarom kruis die kweekers eers met Aloe arborescens
om daardie eienskap bietjie makliker te maak.  Nog 'n voordeel is Aloe arborescens groei vinnig en
het 'n goeie blom.  Die nadeel is dat A. arborescens is geneig om die eienskappe te oorheers sodat dit met 'n oogopslag maklik is om te sien dit is 'n  A. arborescens kruising.  Daar is die beste aalwyn vir kruisings Aloe marlothii.  Hierdie aalwyn oorheers nie die eienskappe van die kruising nie.  Die enigste wat as nadeel gesien kan word is dit groei nie heeltemal so vinnig nie maar daar is baie voordele om geduldig te wees.
Aloe castanea x Aloe marlothii
Daar is allerhande boererate wanneer 'n plant nie 
saad maak nie, soos 'laat die plant swaar kry'  en so
aan
.  Belangrik is dat 'n ander plant wat nie 'n
kloon(stiggie) van dieselfde plant is nie gebruik moet
word om die saad te maak.  Die plante mag wel van saad gekweek wees 
van dieselfde plant en bestuif deur diesefde plant.  Elke saad is nog steeds uniek met daardie verskil in die gene wat nodig is.

Die blomtros van aloe.chabaudii.links.vs.aloe.chabaudii x Aloe marlothii kruising oranje regs.

Tuesday, March 16, 2010

'n rotstuin op die balkon, stoep, of selfs in die huis.
Hierdie rotstuin is baie maklik en pas in die kleinste hoekie enige plek binne of buite die huis.
Al wat nodig is, is darem redelike sterk lig vir die vetplante.
Die geheim is dat die plante in potjies geplant is. 
Die klippe word dan rondom die potte gerangskik en fyn klippies word in die gate gestrooi. 

Op 'n balkon kan die gewig verminder word deur plastiekskuim om die pote te pak. Dan is net een laag klippe genoeg vir versiering.

Saturday, September 05, 2009

'n Aalwyntuin in die plek van die grasperk
by die agterdeur was 'n uitstekende besluit.
Ons spaar water, werk en koste.

Na jare se swoeg en sukkel, het ons besluit om die verwaarloosde grasperk by die agterdeur uit te spit. Ons was al gewoond aan die waterbeperkings elke jaar, maar hierdie jaar was die water besonder skaars. Die foto bo is geneem Junie 2005.
Die beddings is gemaak en ons het reeds begin plant.
Die voordeel van aalwyne is dat hulle so maklik oorplant.
Terwyl ons op ons tyd aan die agterdeurtuintjie werk,
groei die aalwyne ewe vrolik op 'n ander plek in die tuin.

Nog so 'n jaar later en dit lyk al heel netjies.
Die foto was geneem om te wys hoe mooi Aloe africana blom.
Dit is verbasend hoe goed aalwyne kan oorplant, hierdie
aalwyne is 'n paar maande gelede oorgeplant. Laat staan die aalwyn op 'n plek totdat nuwe wortels begin wys en plant oor in die droë tyd van die jaar.
Die jong aalwynplante onder die boom links is almal kruisings wat Rudi gemaak en gekweek het.
Die foto hieronder is geneem Julie 2009 en van die teenoorgestelde kant as die foto bo, d.i. vanaf die boom. 


          
  Op die foto links net soos die foto bo is Aloe africana nie in blom hierdie tyd nie en die plant is uitgegroei so dit is feitlik dieselfde grootte.  Die oranje blomme agter A.africana is van Aloe arborescens in die bedding heel agter.  Net paar blomme sigbaar in die boonste foto nou is dit 'n groot aantal pragtige blomme sigbaar in skakeerings van oranje en geel.  Die aalwyn vol in blom reg voor op die nuwe foto,  is 'n kruising van Aloe marlothii wat op die boonste foto net so effe sigbaar is as 'n jong klein aalwyntjie.   Opvallend is die groot aalwynkruising links agter.  Hierdie aalwyne staan al ten minste 3 meter hoog.  Die aalwyne net-net sigbaar links is volgroei so daar is nie veel verskil nie maar hulle blom nog pragtig.



Foto bo: Hierdie aalwyne is van die eerstes wat geplant is
aan die kant oorkant die boom aan die onder end van die
agterdeurtuintjie. Die drie aalwyne in blom is van links;
Aloe ferox X Aloe arborescens, Aloe mutabilis X
Aloe arborescens en Aloe cryptopoda.

Rudi se Aloe petricola X Aloe globuligemma kruisings is
in blom. Daar is blykbaar twee kleure blomme in die vyf
plante. Diep oranje wat verkleur na geel soos die blomme
oopmaak en rooi wat verkleur na 'n romerige wit. 

Kleiner aalwyn soorte en lelies groei maklik tussen die aalwyne. Die lelies is o.a. die klein inheemse Gladiola. Hulle rus in die somer en het baie min water nodig. Somer reënval tuine sal die lelies plant wat rus in die winter.



Hierdie klein lelie versprei deur saad en bolle en vertoon
baie mooi in 'n groep.

Saturday, May 30, 2009

Om te dink Garfield het net 'n teddiebeer

Dit kos nogal geduld om die jagluiperd en die kat
aan die slaap te kry, maar na 'n dag se werk is dit
geen probleem vir Japie nie.


Daar is geen speelding so lekker soos 'n stert nie en
so 'n groot stert is sekerlik elke katjie se droom. Kyk
daardie tande gereed om die vyand af te maai!Dan is daar mense wat dink dat diere nie 'nverbeelding het nie.

Ek is dors !

Vrae wat gevra word. Ek is nie 'n kenner van die
jagluiperd nie, maar hier is kortliks wat ek weet.

Dit is verbasend hoe uiteenlopend die opinies is,
daarom is dit altyd goed om 'n verskeidenheid
opinies te nader. Die jagluiperd is gebou vir spoed
en nie om te veg nie. Wanneer 'n boer in Namibia
'n jagluiperd in 'n strik vang is 'n besliste houding en 'n
klap gewoonlik genoeg om die grootkat in toom te hou.
Die jagluiperd word nie doodgemaak nie maar aan
Natuurbewaring oorhandig.
Nogtans stem ek saam dat die jagluiperd die kat met
een hap van kant kan maak, maar dit geld vir die honde
ook. Daarby is die jagluiperd baie vol nonsens waaraan
hy byt en die smaak van kat..... eeejuk... seblief...
Feit is dat die jagluiperd as 'n spesies reeds vir dekades agteruitgaan weens 'n verskeidenheid redes. Habitat is bekend, maar daar is ook genetiese nadele. Miskien kan daar wel sukses wees om hulle te red in die moderne tyd.

Magda skryf:-
"Japie het die jagluiperd vir 'n troeteldier op 'n vendusie naby Bloemfontein,
gekoop. Die permit om die jagluiperd aan te hou, moet jaarliks hernu word.
Natuurbewaring het streng regulasies ten opsigte van die grootte,
veiligheid en gerief waarin die jagluiperd aangehou word. Japie het by die SA Cheetah breeders/Owners Association
aangesluit om seker te maak dat die jagluiperd niks kort kom nie."

Dit was nogal fynspeel om die
jagluiperd aan almal voor te stel: Die jong duitse-herdershond (8 maande oud), die siamese katjie (2 maande oud) en die pug ( ou hond). Die katjie en die ou hond (pug) was
maklik maar die ander twee moes eers aan mekaar gewoond raak. Vir twee weke kon hulle mekaar sien deur die glas deure voordat hulle toegelaat is om
mekaar te ontmoet. Daar was geen probleem nie. Die jagluiperd en die duitse-herdershond geniet dit om mekaar te jaag op die grasperk.
Dit pas Magda want anders sou sy moes instaan om toe te sien dat die jagluiperd genoeg oefening kry. Soos Magda vertel - dit sal 'n taak wees,
sy is 59 jaar oud! Sommer nog jonk, Magda!

Teen sononder gaan die siamesie gewoonlik uit om in die tuin te speel. Dan is die aandag van beide die
jagluiperd en die hedershond op die katjie.
Die hond sit sy mond oor die lyf van die katjie ( die hele lyfie pas in die hond se bek) terwyl  die jagluiperd met die hond stoei aan die ander kant. Die katjie kan ontsnap in die bome in, maar hy geniet (of duld) dit. 
Die hond raak eerste moeg vir die speletjie en dan gaan speel die katte in die bome.


Somtyds is dit moeilik om die katjie te oorreed om in die huis te kom, maar die meeste van die tyd is hy uitgespeel en gretig om in te gaan.

Die laaste een onder is 'n bangkat !



Sunday, May 10, 2009


Ontmoet Nancy cheetah jagluiperd, Anix siamese kat,
Boel pughond en Frankie herdershond.
Die cheetah, kat en die twee honne is die vierbenige kinders van Japie Pienaar en sy vrou Magda."


Magda vertel:-Oorspronklik was die cheetah se naam Nancy, maar dit het verander na Jollie.  Die mense wat die cheetah groot gemaak het op die bottel vanaf geboorte, het haar Angeline Jollie genoem.
Die Duitse Herdershond se naam is Frankie omdat die

eerste fotos van hom 'n blou refleksie van die werker se
klere in sy oog weerkaats het. Dit het Japie herinner aan
Frank Sinatra O'l Blue eyes.
Die Siamees heet Anix (vernoem na 'n vriendin Anika.)
maar hy word meestal "Die Witte" genoem en
die Pug se naam is eenvoudig Boelie.

Japie Pienaar en sy vrou Magda se plaas is gelee in die Vrystaat
20 vanaf Wesselsbron, Suid Afrika.

'n Gedeelte van die plaas is 'n natuur reservaat en verder word geboer met Arabiese perde en landbou.
In die reservaat is daar 'n self-bedien-kamp langs die rievier met 'n voertuig om in rond te ry. Wild te sien is bokke, buffels, renoster, en seekoei, asook 'n groot verskeidenheid voels (200+species) en
vis in die rivier.
Brakfontein private natuur reservaat.
Kontak Magda Tel. (+27) 057 899 2426

Ek kan sien wat hierdie buffel so al kouende dink

Hy jeuk vir 'n onder-onsie met daardie cheetah.

Noudat almal mekaar ken kan ons oorgaan na meer aksie
in die volgende blog.

Help dat jou swakke medinger op die bene bly. As hy tot niet gaan, kom daar straks 'n sterke in sy plek - Langenhoven