Saturday, September 05, 2009

'n Aalwyntuin in die plek van die grasperk
by die agterdeur was 'n uitstekende besluit.
Ons spaar water, werk en koste.

Na jare se swoeg en sukkel, het ons besluit om die verwaarloosde grasperk by die agterdeur uit te spit. Ons was al gewoond aan die waterbeperkings elke jaar, maar hierdie jaar was die water besonder skaars. Die foto bo is geneem Junie 2005.
Die beddings is gemaak en ons het reeds begin plant.
Die voordeel van aalwyne is dat hulle so maklik oorplant.
Terwyl ons op ons tyd aan die agterdeurtuintjie werk,
groei die aalwyne ewe vrolik op 'n ander plek in die tuin.

Nog so 'n jaar later en dit lyk al heel netjies.
Die foto was geneem om te wys hoe mooi Aloe africana blom.
Dit is verbasend hoe goed aalwyne kan oorplant, hierdie
aalwyne is 'n paar maande gelede oorgeplant. Laat staan die aalwyn op 'n plek totdat nuwe wortels begin wys en plant oor in die droë tyd van die jaar.
Die jong aalwynplante onder die boom links is almal kruisings wat Rudi gemaak en gekweek het.
Die foto hieronder is geneem Julie 2009 en van die teenoorgestelde kant as die foto bo, d.i. vanaf die boom. 


          
  Op die foto links net soos die foto bo is Aloe africana nie in blom hierdie tyd nie en die plant is uitgegroei so dit is feitlik dieselfde grootte.  Die oranje blomme agter A.africana is van Aloe arborescens in die bedding heel agter.  Net paar blomme sigbaar in die boonste foto nou is dit 'n groot aantal pragtige blomme sigbaar in skakeerings van oranje en geel.  Die aalwyn vol in blom reg voor op die nuwe foto,  is 'n kruising van Aloe marlothii wat op die boonste foto net so effe sigbaar is as 'n jong klein aalwyntjie.   Opvallend is die groot aalwynkruising links agter.  Hierdie aalwyne staan al ten minste 3 meter hoog.  Die aalwyne net-net sigbaar links is volgroei so daar is nie veel verskil nie maar hulle blom nog pragtig.



Foto bo: Hierdie aalwyne is van die eerstes wat geplant is
aan die kant oorkant die boom aan die onder end van die
agterdeurtuintjie. Die drie aalwyne in blom is van links;
Aloe ferox X Aloe arborescens, Aloe mutabilis X
Aloe arborescens en Aloe cryptopoda.

Rudi se Aloe petricola X Aloe globuligemma kruisings is
in blom. Daar is blykbaar twee kleure blomme in die vyf
plante. Diep oranje wat verkleur na geel soos die blomme
oopmaak en rooi wat verkleur na 'n romerige wit. 

Kleiner aalwyn soorte en lelies groei maklik tussen die aalwyne. Die lelies is o.a. die klein inheemse Gladiola. Hulle rus in die somer en het baie min water nodig. Somer reënval tuine sal die lelies plant wat rus in die winter.



Hierdie klein lelie versprei deur saad en bolle en vertoon
baie mooi in 'n groep.

2 comments:

Anonymous said...

Hallo Erica, het ziet er allemaal heel mooi uit,hoe het toch nog zo kan groeien met weinig tot geen water!

Mooi hoor!

Alles goed daar bij jou?

Groetjes van Thea

Past and Present said...

Hi Erica, man nou maak jy my sommer homesiek met al die alwyne. Jou tuin is mooi. Kom kuier bietjie daar by my blog. Lekker dag hoor.