Sunday, February 24, 2008

Kambi die koedoe koei van Namibia Kliek hier vir die duitse weergawe deur Kambi se "ma" Christina. Die beskrywings op hierdie blog is 'n rowwe vertaling. Al die fotos is geneem deur Christina van Elisenheim Brakwater.

Dagsê !

Hier is die nuus uit Brakwater - Ons Kambi die koedoe koei is dank die Vader weer terug by ons.

Nadat ons die koedoe kalfie gekry het, het ons die hele dag gesoek en angstig gehoop dat Kambi weer sal terugkom. Hier is wat gebeur het.....

http://made-in-afrika.com/onsblog/ kambi.kalf.2.08.jpg (157860 bytes)

Kort na die geboorte moes 'n luiperd haar lêplek se reuk gekry het. Volgens die spoor was Kambi & die kalfie op pad huis toe en die luiperd was kort op hulle hakke(hoewe).

Onmiddelik toe die luiperd hulle inhaal het Kambi gehardloop. Sy is nie fit nie met die luilekker lewe in en om die huis. Aan die diep spore kon mens sien dat sy gejaag word met die luiperd agterna.

Intussen het die klein kalfie bergaf gesukkel en nie baie ver van die huis af doodmoeg onder 'n bos ingekruip.

Kambi het dit reggekry om die luiperd se aandag van die kalfie af te trek. Mens kon sien aan die diep krapmerke op haar dat sy blindelings deur die bosse gehardloop het.

Toe Andreas en die werkers die volgende oggend die berg fynkam ontdek hulle die lêplek waar die kalfie gebore is. Terwyl hy besig was om te bel hoor hy 'n geritsel in die bos langs hom en daar staan die koedoekalfie, wat hulle natuurlik dadelik huis toe gebring het.

Dié nag om 1:00 het die nagwag gesien dat Kambi by die swembad water drink. Die volgende oggend staan sy by haar gewone plek by die deur en wag vir haar ontbyt. Ons het haar saam met die kalfie in 'n stal gesit, maar dit het haar glad nie gepas nie en sy wou nie dat die kleintjie drink nie. Die kleintjie het dan ook later moed opgegee. Dit was belangrik dat die outjie 'n bietjie van die biesmelk inkry so terwyl ek vir Kambi gevoer het, het Andreas haar gemelk. Om 'n koedoe koei te melk is nogtans komies, maar gelukkig het die kalfie die melk gedrink.

http://made-in-afrika.com/onsblog/ kambi.die.koedoe.koei.en.kalf.2.08.jpg (89755 bytes)

On het 'n baie bekwame (wild)veearts in Windhoek, Dr. Tubising, waar ek dan vitamindruppels vir die koeimelk gekoop het om vir die kalfie te voer. Hy beweer dat dit normaal is wanneer 'n wilde dier (soos in Kambi se geval) met 'n bottel grootgemaak word dat die moederinstinkte nie reg ontwikkel nie.

Kambi jaag die kalfie nie weg nie en lek hom selfs vernaam wanneer die kalfie bottel drink (miskien jaloers?) maar verder gaan sy haar gang.

http://made-in-afrika.com/onsblog/ kudu.kalf.hond..2.08.jpg (94737 bytes)

Ek is bloot bly dat die teef Jolly so lief vir die kalfie is. Die hond lê by die kalfie en lek hom skoon. Te oulik.

http://made-in-afrika.com/onsblog/ kudu.kalf.hond.versorg.2.08.jpg (93216 bytes)

Gestir oggend het die kalfie nat gereën. Ons het haar afgedroog en op die stoep gebring, maar sy het so gebewe dat sy nie kon drink nie. Ek het twee graansakkies wat mens in die mikro verhit warm gemaak en by die kalfie neergesit met 'n ekstra kombers bo-oor haar. Baie gou was die katte daar, natuurlik agter die warmte aan.
http://made-in-afrika.com/onsblog/ kudu.kalf.kat.2.08.jpg (105282 bytes)

Dit is 'n plesier om te sien hoe dat die huisdiere die kalfie versorg. 'n Mens kan hulle vir ure dophou.

Ek is besonder dankbaar dat die luiperd nie die kalfie verskeur het nie (ek is mos haar ma). Die gedagte is verskriklik.

Ek wil my vriendin Anke bedank vir die luzern wat sy onmiddelik gebring het sodat Kambi kan melk produseer. Baie gaaf van jou Anke.

Baie dankie ook aan almal vir ondersteuning en boodskappe.

Christina und Andreas

Liebe Grüße,

Christina

2 comments:

Desire Fourie said...

Ag hene, dis nou te oulik dat al die diere mekaar so koester. Te kosbaar.

Anonymous said...

Wat 'n spesiale storie. Regtig pragtig.