Saturday, September 29, 2007

sutherland van die grondpad se kant Daar was toe 'n geleentheid om by Sutherland te kom vir 'n photo. Ons wou Aloe broomii en Aloe claviflora in blom sien in die veld. Daarvoor is ons na die Nationale Park in Beaufortwes.
http://made-in-afrika.com/onsblog/uitsig.rivierloop211.jpg (362006 bytes)
Die Karoo landskap soos gesien vanaf 'n pad in die Nationale Natuurpark by Beaufortwes. http://made-in-afrika.com/onsblog/aloe.claviflora.jpg (48983 bytes)
Aloe claviflora. Hierdie aalwyn stoot die blom dwars uit. Die algemene naam is treffend, kanon-aalwyn.
http://made-in-afrika.com/onsblog/rotstuin.jpg (63355 bytes)
Aloe broomii op 'n rotstuin in die natuurpark by Beaufortwes.
http://made-in-afrika.com/onsblog/mutti.jpg (42970 bytes)
Aloe broomii is 'n waardige simbool vir 'n moeder. Hierdie gedenksteen was langs die pad wat afdraai vanaf die N1 na Fraserburg. Dit is in duits wat mens laat wonder of die moeder op toer was toe sy hier gesterf het.
Die bewoording is:
UNSERER LIEBER MUTTI EIN GEDENKEN + 12 - 12 - 1994
Direk vertaal - Aan ons liewe moedertjie 'n aandenking.

Ietwat ontstel dink ek daaraan dat my Moeder baie lief was vir haar aalwyne en dit is by haar waar ons belangstelling in aalwyne begin het.
Sy is ook nie meer met ons nie.
Met die huis toe ry het ons na Fraserburg en toe Williston gery en daarvandaan per grondpad na Sutherland. Ons kon eenvoudig weer die N1 tot Matjiesfontein geneem het, maar ons wou 'n ander deel van die Karoo sien.
http://made-in-afrika.com/onsblog/williston.jpg (262134 bytes)
Willistan lyk baie eensaam in die grote Bo-Karoo. Hier word dit sekerlik bloedig warm in die somer en vrek koud in die winter. Hierdie deel van die Karoo kry somer reën gevolglik is dit uiters droog nou (September).
So in die verbyry is dit opvallend dat op die plase in hierdie omgewing met skape geboer word. Ai, dit laat 'n mens se mond water vir bietjie braaivleis of 'n bordvol skaaprib-bredie.
http://made-in-afrika.com/onsblog/sutherland.vanaf.williston.jpg (115607 bytes)
Sutherland vanaf die grondpad in die teenoorgestelde kant as wat ons die vorige keer in gery het. Die veld is reeds besig om uit te droog na die winterreën. Daar is nog 'n paar dapper blommetjies tussen die graspolle.
Op 'n afstand lyk dit asof ons 'n eeu of twee terug is in tyd. Nogtans het elke huis sy TV, selfoon en sy kruis, al lyk dit so stil en rustig.
http://made-in-afrika.com/onsblog/sutherland.teleskoop.jpg (178004 bytes)
Die ou teleskoop. 'n Besoek aan Sutherland se sterrewag is sekerlik die droom van baie sterrekundiges en sterrekykers regoor die wêreld.
http://made-in-afrika.com/onsblog/papwiel.jpg (164333 bytes)
Ongelukkig het die slegte grondpad ons duur te staan gekom. 'n Band letterlik flenters gery. Rudi het omtrent gesukkel om die domkrag onder die kar in te kry. Die verflenterde band was heeltmal van die wiel af en oor die plek waar die domkrag moes kom. Met die gesukkel in die stof onder die kar kon mens nie sien waar die grondpad eindig en die man onder sy motorkar begin nie. Geluk was dat die motor glad nie enige hanteering probleem gegee het met net drie wiele teen 'n spoed op grondpad nie en Rudi is so trots op sy motor daaroor.
Einde goed - alles goed.