Saturday, August 09, 2008

Spesiaal vir THEA 'n Meme-tag
Die reëls is :-
Skakel (link) terug na die persoon wie die Meme-Tag gestuur het.
Plaas hierdie reëls bo-aan jou bladsy met 8 beskrywings van waarom jy gelukkig is in jou lewe.
Maak 'n lys van ongeveer 8 ander bloggers aan wie jy hierdie tag verder stuur.
Die geluk in my lewe;- Ek is dankbaar en gelukkig dat Rudi nog in my lewe is na meer as 40 jaar (heelwat meer, maar wie tel nou die jare so presies) Ons is nou al in alle opsigte een persoon en hy beheer die brein.


Rudi was geoloog by die kopermyn in Nababeep Namakwaland en daarna by TCL in Namibia. Die myn het gesluit en ons het besluit om vroeg af te tree in die Republiek van Suid Afrika. Dit was baie moeilik en hartseer om afskeid te neem van Namibië, maar gelukkig is die kinders nog daar met 'n plekkie vir ons.

Ons is gelukkig met ons drie kinders wat goed doen in hulle lewens en vir die agt skattige kleinkinders. Net grootouers kan verstaan hoeveel geluk kleinkinders bring.
Ons geniet nou ook die www, rekenaars, (komputers) en TV wat ons nie gehad het nie toe ons kinders klein was nie. Daardie tyd was ook besonders - ons het geleer om mekaar te geniet en ken die lewe met en sonder die moderne geriewe.


Ons geniet die katkinders ook. Gelukkig hou hulle my jonk en op my voete in plaas van dat ek heeldag voor die komper sit en speletjies speel.

Dan is daar nog baie vreugde in die aalwyntuin stokperdjie. Ons geniet die ekskursies om die plante in die natuur te sien. Die tuin hou mens aan die gang en Rudi hou van die takies hou waarvan ek nie hou nie en omgekeerd.

Ek vermoed dat dit al meer as agt dinge is wat my gelukkig maak.
'Skies vir die lang storie.
Nou sien ek uit na 'n drama met baie geluk van iemand anders.

My tag gaan aan:-
THEA en haar hobbie blog Greintjes
Muriel's Diaries
Bashing innie boendoes
rivierklokkies
Eva die sterker chromosoom


11 comments:

Desire Fourie said...

Dankie vir jou kommentaar op my blog Doing Life. Ek kan tussen die lyne lees dat julle 'n baie spesiale en hegte familie is en dit is definitief die resultaat van geen tv en rekenaars. Die feit dat julle in Namibie gewoon het se ook baie. Ek het nog altyd die idee dat enige Namibier baie spesiale en opregte mense is wat na aan die natuur lewe. Julle het definitief geluk aan julle kant. Baie geluk ook met die 40+ gelukkige huweliksjare. Groete van Suid-Afrika

Anonymous said...

Hallo Erica, ik wil je even heel hartelijk bedanken!!!
Ik kom er snel een keer op terug, en maak er een log over!!
Leuk dat je als eerste aan mij dacht!!!
Ik dank je hier voor, en wens je een heel mooie zondag toe!
Lieve groetjes van Thea

Anonymous said...

Dankie vir die inloer daar by my blog. Ek het jou al lankal ontdek, veral lief om oor jou plante te lees! Dankie vir die tag, ek maak werk daarvan.

Sarah J said...

Hello Erica, Goed om kennis te maak ! Dankie vir die inloer - ek sien uit na daarna om jou wêreld te leer ken. Dit lyk/klink baie interessant !

Anonymous said...

Sodra ek kans kry sal ek die meme tag ding doen! Dankie!!

Muriel said...

Baie dankie vir die inloer op my blog. Ek sal die tag so gou moontlik doen.

Groete

Anonymous said...

'n Pragtige inskrywing :)

Muriel said...

Hi Erica ek het jou tag gedoen.
http://onderdiemaanensterre.wordpress.com
Ek het dit baie geniet!

Anonymous said...

Hallo Erica, ik heb een logje gemaakt over awards en derg.
Dus jou Meme-tag komt ook aan de orde. Ik heb jou fototje er bij geplaatst, ik neem aan dat je dat goed vind. Kijk maar even, en als je het niet goed vind, laat het dan maar even weten!!
Ik wens je een heel fijne vrijdag, groetjes van Thea

Anonymous said...

Hoi Erica, bedoel je Feline Talk, met je nieuwe blog?
Schatjes zijn het, je kattenkinders!!

groetjes Thea

Anonymous said...

Over welke krans wil je graag uitleg ??
De laatste, met het eikenblad?
Laat maar even weten.

liefs van Thea