Sunday, November 16, 2008

'n Klipperige tuin, kliptuin of rotstuin wat ookal dit genoem word daar is al hoe meer tuine waar die grasperk vervang is met gruis of klippies wat die hele voorkoms van die tuin verander. In teenstelling met die groen grasperk kan die verskillende tekstuur, grootte, kleur en vorm van die klippe elke tuin uniek maak. Die klem op die spaar van water is waarskynlik die inspirasie tot hierdie nuwe interessante tuinontwerp.
'n Stap verder is om die hele tuin in 'n kliptuin te verander.


Die fyn plantjies tussen die klippe is nie sigbaar op 'n afstand nie maar dit is opwindend om hulle tydens 'n wandeling deur die tuin te ontdek.
Dit is die beste om dolomietgruis te gebruik vir die plante en ook vir die neutrale agtergrond. Heelwat spesies van die fyner vetplantjies in die natuur groei tussen spierwit kwartsgruis en na my mening sou 'n laag wit kwartsklippies om die groot klippe op die voorgrond hierdie kliptuin ophelder.

Met dieselfde voorraad kan hierdie tuine se voorkoms #keer verskillend wees.

Saturday, September 20, 2008

Spesiaal liefies net vir jou - -
http://made-in-afrika.com/onsblog/choc.kitten.vir.jou..9.08.jpg (196112 bytes)
Ja dit is reg - Al my liefde is net vir jou

http://made-in-afrika.com/onsblog/choc.kitten.vir.jou.9.08.jpg (275235 bytes)

Jy kan my maar opvree..... vertroetel.

- ekskuus, verskoon my - dit is van al ons almal



sit die hande bymekaar - ons stem saam.


Saturday, August 09, 2008

Spesiaal vir THEA 'n Meme-tag
Die reëls is :-
Skakel (link) terug na die persoon wie die Meme-Tag gestuur het.
Plaas hierdie reëls bo-aan jou bladsy met 8 beskrywings van waarom jy gelukkig is in jou lewe.
Maak 'n lys van ongeveer 8 ander bloggers aan wie jy hierdie tag verder stuur.
Die geluk in my lewe;- Ek is dankbaar en gelukkig dat Rudi nog in my lewe is na meer as 40 jaar (heelwat meer, maar wie tel nou die jare so presies) Ons is nou al in alle opsigte een persoon en hy beheer die brein.


Rudi was geoloog by die kopermyn in Nababeep Namakwaland en daarna by TCL in Namibia. Die myn het gesluit en ons het besluit om vroeg af te tree in die Republiek van Suid Afrika. Dit was baie moeilik en hartseer om afskeid te neem van Namibië, maar gelukkig is die kinders nog daar met 'n plekkie vir ons.

Ons is gelukkig met ons drie kinders wat goed doen in hulle lewens en vir die agt skattige kleinkinders. Net grootouers kan verstaan hoeveel geluk kleinkinders bring.
Ons geniet nou ook die www, rekenaars, (komputers) en TV wat ons nie gehad het nie toe ons kinders klein was nie. Daardie tyd was ook besonders - ons het geleer om mekaar te geniet en ken die lewe met en sonder die moderne geriewe.


Ons geniet die katkinders ook. Gelukkig hou hulle my jonk en op my voete in plaas van dat ek heeldag voor die komper sit en speletjies speel.

Dan is daar nog baie vreugde in die aalwyntuin stokperdjie. Ons geniet die ekskursies om die plante in die natuur te sien. Die tuin hou mens aan die gang en Rudi hou van die takies hou waarvan ek nie hou nie en omgekeerd.

Ek vermoed dat dit al meer as agt dinge is wat my gelukkig maak.
'Skies vir die lang storie.
Nou sien ek uit na 'n drama met baie geluk van iemand anders.

My tag gaan aan:-
THEA en haar hobbie blog Greintjes
Muriel's Diaries
Bashing innie boendoes
rivierklokkies
Eva die sterker chromosoom


Friday, August 01, 2008

Oshakati Namibië Gratis karwas. Solank die voorraad hou. Ry slegs 'n paar keer om die kennisgewing totdat u tevrede is met die resultate.

http://made-in-afrika.com/onsblog/karwas.jpg (23137 bytes)


Sunday, July 20, 2008

Swakopmund die Vergenoeg padverspoeling.
Pragtige fotos van die verspoeling by Vergenoeg naby Swakopmund.
http://made-in-afrika.com/onsblog/vergenoeg.swakopmund.grasveld.jpg (75988 bytes)
As die kosbare gras so geil staan is die wêreld reg
ten spyte van 'n verspoeling.
http://made-in-afrika.com/onsblog/vergenoeg.swakopmund.jpg (85146 bytes)
Die skade is nie die belangrikste nie.
http://made-in-afrika.com/onsblog/vergenoeg.swakopmund.sonsondergang.jpg (63271 bytes)
Oshakati 'n bietjies te nat.
'n Paar reënfotos van verspoelings in Oshakati in die noorde van Namibië.
http://made-in-afrika.com/onsblog/Oshakati.shopping cetre.jpg (37229 bytes)
Die inkoop sentrum
http://made-in-afrika.com/onsblog/Oshakati.road.jpg (57976 bytes)
Aflewering tot stilstand gedwing
http://made-in-afrika.com/onsblog/Oshakati.angling.jpg (77128 bytes)
Maak die beste met wat ookal jou kant toe kom .....
As die lewe vir jou water gee - gaan vang vis

Sunday, February 24, 2008

Kambi die koedoe koei van Namibia
Hartseer nuus
Ons koedoe kalfie het dit nie gemaak nie.

..ist leider nicht mehr, sie hat es nicht geschafft, wir sind sehr traurig.
Kann nicht glauben, wie schnell so ein Tier Einem an's Herz wächst.
Hätte euch gerne mit weiteren Fotos erfreut.
Liebe Grüße,
Christina

Kambi die koedoe koei van Namibia Kliek hier vir die duitse weergawe deur Kambi se "ma" Christina. Die beskrywings op hierdie blog is 'n rowwe vertaling. Al die fotos is geneem deur Christina van Elisenheim Brakwater.

Dagsê !

Hier is die nuus uit Brakwater - Ons Kambi die koedoe koei is dank die Vader weer terug by ons.

Nadat ons die koedoe kalfie gekry het, het ons die hele dag gesoek en angstig gehoop dat Kambi weer sal terugkom. Hier is wat gebeur het.....

http://made-in-afrika.com/onsblog/ kambi.kalf.2.08.jpg (157860 bytes)

Kort na die geboorte moes 'n luiperd haar lêplek se reuk gekry het. Volgens die spoor was Kambi & die kalfie op pad huis toe en die luiperd was kort op hulle hakke(hoewe).

Onmiddelik toe die luiperd hulle inhaal het Kambi gehardloop. Sy is nie fit nie met die luilekker lewe in en om die huis. Aan die diep spore kon mens sien dat sy gejaag word met die luiperd agterna.

Intussen het die klein kalfie bergaf gesukkel en nie baie ver van die huis af doodmoeg onder 'n bos ingekruip.

Kambi het dit reggekry om die luiperd se aandag van die kalfie af te trek. Mens kon sien aan die diep krapmerke op haar dat sy blindelings deur die bosse gehardloop het.

Toe Andreas en die werkers die volgende oggend die berg fynkam ontdek hulle die lêplek waar die kalfie gebore is. Terwyl hy besig was om te bel hoor hy 'n geritsel in die bos langs hom en daar staan die koedoekalfie, wat hulle natuurlik dadelik huis toe gebring het.

Dié nag om 1:00 het die nagwag gesien dat Kambi by die swembad water drink. Die volgende oggend staan sy by haar gewone plek by die deur en wag vir haar ontbyt. Ons het haar saam met die kalfie in 'n stal gesit, maar dit het haar glad nie gepas nie en sy wou nie dat die kleintjie drink nie. Die kleintjie het dan ook later moed opgegee. Dit was belangrik dat die outjie 'n bietjie van die biesmelk inkry so terwyl ek vir Kambi gevoer het, het Andreas haar gemelk. Om 'n koedoe koei te melk is nogtans komies, maar gelukkig het die kalfie die melk gedrink.

http://made-in-afrika.com/onsblog/ kambi.die.koedoe.koei.en.kalf.2.08.jpg (89755 bytes)

On het 'n baie bekwame (wild)veearts in Windhoek, Dr. Tubising, waar ek dan vitamindruppels vir die koeimelk gekoop het om vir die kalfie te voer. Hy beweer dat dit normaal is wanneer 'n wilde dier (soos in Kambi se geval) met 'n bottel grootgemaak word dat die moederinstinkte nie reg ontwikkel nie.

Kambi jaag die kalfie nie weg nie en lek hom selfs vernaam wanneer die kalfie bottel drink (miskien jaloers?) maar verder gaan sy haar gang.

http://made-in-afrika.com/onsblog/ kudu.kalf.hond..2.08.jpg (94737 bytes)

Ek is bloot bly dat die teef Jolly so lief vir die kalfie is. Die hond lê by die kalfie en lek hom skoon. Te oulik.

http://made-in-afrika.com/onsblog/ kudu.kalf.hond.versorg.2.08.jpg (93216 bytes)

Gestir oggend het die kalfie nat gereën. Ons het haar afgedroog en op die stoep gebring, maar sy het so gebewe dat sy nie kon drink nie. Ek het twee graansakkies wat mens in die mikro verhit warm gemaak en by die kalfie neergesit met 'n ekstra kombers bo-oor haar. Baie gou was die katte daar, natuurlik agter die warmte aan.
http://made-in-afrika.com/onsblog/ kudu.kalf.kat.2.08.jpg (105282 bytes)

Dit is 'n plesier om te sien hoe dat die huisdiere die kalfie versorg. 'n Mens kan hulle vir ure dophou.

Ek is besonder dankbaar dat die luiperd nie die kalfie verskeur het nie (ek is mos haar ma). Die gedagte is verskriklik.

Ek wil my vriendin Anke bedank vir die luzern wat sy onmiddelik gebring het sodat Kambi kan melk produseer. Baie gaaf van jou Anke.

Baie dankie ook aan almal vir ondersteuning en boodskappe.

Christina und Andreas

Liebe Grüße,

Christina

Friday, February 22, 2008

Kambi die koedoe koei van Namibia.    Kambi is 'n jong koedoe op die gasteplaas Elisenheim buite Windhoek. Soos duidelik gesien kan word op die fotos is Kambi die koedoekoei en haar katte baie goed versorg. Die mense van Elisenheim is bekend vir hulle groothartigheid teenoor mense en diere. Besoek die Elisenheim webwerf om meer van die plaas te sien.
Plaaskatte vorm dikwels 'n sterk band met 'n gekose perd waar hulle dan ook saamwoon in dieselfde stal. Dit is tot almal se voordeel daar die katte rotte, muise en selfs slange vang. Maar daar is seker nie 'n perd so gewild soos Kambi die koedoe nie. Heel moontlik omdat Kambi saam met die katte nuuskierig is en saamstaan om te weet wat die mense in hulle omgewing doen.

http://made-in-afrika.com/onsblog/Kambi koedoe en kat Mummel (14358 bytes)

Wie kan bedruk voel na 'n vroeg oggend groet deur hierdie twee. Daardie gevoelvolle kyk van die koedoe en die ondeunde kat gereed vir die uitdagings van 'n nuwe dag.

Soos Christine Werner skryf. "Wenn ich morgens meine Gardinen aufmache, gucken die Beiden meist schon ins Fenster, wollt' das nur mit euch teilen, süß, ne?!? " - rof vertaal - as ek in die oggend die gordyne ooptrek loer die twee reeds na binne. oulik nie ?

Foto bo: Kambi die koedoekoei en haar vriendjie Mummel die kat

Foto onder: Kambi met haar vriend Peet nog 'n kat.

http://made-in-afrika.com/onsblog/Kambi koedoe Peet kat (11754 bytes)

Kambi het 'n persoonlikheid wat almal gerus laat voel in haar teenwoordigheid. Sy het geen einde aan vriende nie. Katte, honde en mense, dag of nag, sy is nooit alleen nie.

http://made-in-afrika.com/onsblog/Kambi koedoekoei Teddy hond (11040 bytes)