Showing posts with label hond. Show all posts
Showing posts with label hond. Show all posts

Saturday, May 30, 2009

Magda skryf:-
"Japie het die jagluiperd vir 'n troeteldier op 'n vendusie naby Bloemfontein,
gekoop. Die permit om die jagluiperd aan te hou, moet jaarliks hernu word.
Natuurbewaring het streng regulasies ten opsigte van die grootte,
veiligheid en gerief waarin die jagluiperd aangehou word. Japie het by die SA Cheetah breeders/Owners Association
aangesluit om seker te maak dat die jagluiperd niks kort kom nie."

Dit was nogal fynspeel om die
jagluiperd aan almal voor te stel: Die jong duitse-herdershond (8 maande oud), die siamese katjie (2 maande oud) en die pug ( ou hond). Die katjie en die ou hond (pug) was
maklik maar die ander twee moes eers aan mekaar gewoond raak. Vir twee weke kon hulle mekaar sien deur die glas deure voordat hulle toegelaat is om
mekaar te ontmoet. Daar was geen probleem nie. Die jagluiperd en die duitse-herdershond geniet dit om mekaar te jaag op die grasperk.
Dit pas Magda want anders sou sy moes instaan om toe te sien dat die jagluiperd genoeg oefening kry. Soos Magda vertel - dit sal 'n taak wees,
sy is 59 jaar oud! Sommer nog jonk, Magda!

Teen sononder gaan die siamesie gewoonlik uit om in die tuin te speel. Dan is die aandag van beide die
jagluiperd en die hedershond op die katjie.
Die hond sit sy mond oor die lyf van die katjie ( die hele lyfie pas in die hond se bek) terwyl  die jagluiperd met die hond stoei aan die ander kant. Die katjie kan ontsnap in die bome in, maar hy geniet (of duld) dit. 
Die hond raak eerste moeg vir die speletjie en dan gaan speel die katte in die bome.


Somtyds is dit moeilik om die katjie te oorreed om in die huis te kom, maar die meeste van die tyd is hy uitgespeel en gretig om in te gaan.

Die laaste een onder is 'n bangkat !



Sunday, February 24, 2008

Kambi die koedoe koei van Namibia Kliek hier vir die duitse weergawe deur Kambi se "ma" Christina. Die beskrywings op hierdie blog is 'n rowwe vertaling. Al die fotos is geneem deur Christina van Elisenheim Brakwater.

Dagsê !

Hier is die nuus uit Brakwater - Ons Kambi die koedoe koei is dank die Vader weer terug by ons.

Nadat ons die koedoe kalfie gekry het, het ons die hele dag gesoek en angstig gehoop dat Kambi weer sal terugkom. Hier is wat gebeur het.....

http://made-in-afrika.com/onsblog/ kambi.kalf.2.08.jpg (157860 bytes)

Kort na die geboorte moes 'n luiperd haar lêplek se reuk gekry het. Volgens die spoor was Kambi & die kalfie op pad huis toe en die luiperd was kort op hulle hakke(hoewe).

Onmiddelik toe die luiperd hulle inhaal het Kambi gehardloop. Sy is nie fit nie met die luilekker lewe in en om die huis. Aan die diep spore kon mens sien dat sy gejaag word met die luiperd agterna.

Intussen het die klein kalfie bergaf gesukkel en nie baie ver van die huis af doodmoeg onder 'n bos ingekruip.

Kambi het dit reggekry om die luiperd se aandag van die kalfie af te trek. Mens kon sien aan die diep krapmerke op haar dat sy blindelings deur die bosse gehardloop het.

Toe Andreas en die werkers die volgende oggend die berg fynkam ontdek hulle die lêplek waar die kalfie gebore is. Terwyl hy besig was om te bel hoor hy 'n geritsel in die bos langs hom en daar staan die koedoekalfie, wat hulle natuurlik dadelik huis toe gebring het.

Dié nag om 1:00 het die nagwag gesien dat Kambi by die swembad water drink. Die volgende oggend staan sy by haar gewone plek by die deur en wag vir haar ontbyt. Ons het haar saam met die kalfie in 'n stal gesit, maar dit het haar glad nie gepas nie en sy wou nie dat die kleintjie drink nie. Die kleintjie het dan ook later moed opgegee. Dit was belangrik dat die outjie 'n bietjie van die biesmelk inkry so terwyl ek vir Kambi gevoer het, het Andreas haar gemelk. Om 'n koedoe koei te melk is nogtans komies, maar gelukkig het die kalfie die melk gedrink.

http://made-in-afrika.com/onsblog/ kambi.die.koedoe.koei.en.kalf.2.08.jpg (89755 bytes)

On het 'n baie bekwame (wild)veearts in Windhoek, Dr. Tubising, waar ek dan vitamindruppels vir die koeimelk gekoop het om vir die kalfie te voer. Hy beweer dat dit normaal is wanneer 'n wilde dier (soos in Kambi se geval) met 'n bottel grootgemaak word dat die moederinstinkte nie reg ontwikkel nie.

Kambi jaag die kalfie nie weg nie en lek hom selfs vernaam wanneer die kalfie bottel drink (miskien jaloers?) maar verder gaan sy haar gang.

http://made-in-afrika.com/onsblog/ kudu.kalf.hond..2.08.jpg (94737 bytes)

Ek is bloot bly dat die teef Jolly so lief vir die kalfie is. Die hond lê by die kalfie en lek hom skoon. Te oulik.

http://made-in-afrika.com/onsblog/ kudu.kalf.hond.versorg.2.08.jpg (93216 bytes)

Gestir oggend het die kalfie nat gereën. Ons het haar afgedroog en op die stoep gebring, maar sy het so gebewe dat sy nie kon drink nie. Ek het twee graansakkies wat mens in die mikro verhit warm gemaak en by die kalfie neergesit met 'n ekstra kombers bo-oor haar. Baie gou was die katte daar, natuurlik agter die warmte aan.
http://made-in-afrika.com/onsblog/ kudu.kalf.kat.2.08.jpg (105282 bytes)

Dit is 'n plesier om te sien hoe dat die huisdiere die kalfie versorg. 'n Mens kan hulle vir ure dophou.

Ek is besonder dankbaar dat die luiperd nie die kalfie verskeur het nie (ek is mos haar ma). Die gedagte is verskriklik.

Ek wil my vriendin Anke bedank vir die luzern wat sy onmiddelik gebring het sodat Kambi kan melk produseer. Baie gaaf van jou Anke.

Baie dankie ook aan almal vir ondersteuning en boodskappe.

Christina und Andreas

Liebe Grüße,

Christina