Sunday, August 01, 2010

Maak jou eie saad.  Daar is net een punt wat belangrik is.    
Die aalwyn plante kan nie selfbestuif nie.
Die plante mag wel van saad gekweek wees van dieselfde plant. Daar is moontlik enkelle uitsonderings soos met enigiets, maar ons het hulle nie gevind nie.
Plante gekweek van stiggies werk ook nie, want 'n stiggie is steeds 'n deel van dieselfde plant.


Aloe barbadensis ( bekend as aloe vera) is 'n goeie voorbeeld waar bestuiwing baie moeilik is.  Hierdie aalwyn gaan mal aan met stiggies maak en so word die stiggies gekweek vermeerder en weer gekweek, dat ek (in die Weskaap) nie eers A.barbadensis van Namibia af kan bestuif nie heel moontlik omdat dit stiggies is van dieselfde plant.  Daar was niks verkeerd met die plante as sulks nie want ek het wel suksesvolle saad van 'n kruising met A. gerstnerii op dieselfde plant.
 Kruisings soos op die foto is 'n baie interessante uitdaging.  Die aalwyne in hierdie tuin is kruisings en wel is feitlik almal A.thraskii kruisings  met die aalwyn wat die maklikste kruisings maak Aloe arborescens verseker daartussen in.

Kruisings soos op die foto is 'n baie interessante uitdaging.  Daar is 'n  moontlikheid  dat die gene van die twee plante nie bymekaar pas nie, maar dit is die moeite werd om te probeer.  

Let op die lengte van die stempel  -  'n lang stempel aalwyn kan 'n kort stempel aalwyn bestuif maar nie andersom nie.
Sommige ge-oefende kwekers los die probleem van selfbestuiwing op wanneer hulle 'n enkel eksemplaar het deur eers stuifmeel van enige ander aalwyn met 'n kort stempel op te sit wat dan die stempel stimuleer maar nie ver genoeg kan afgroei nie en daarna sit hulle dieselfde plant se stuifmeel op wat dan bestuif.   Dit is 'n skraal kans, maar dit is die moeite werd as dit werk.
Normaalweg - soos reeds genoem - bestuif die stuifmeel 
van dieselfde plant nie die plant nie. Ek het geen
ondervinding of hierdie raad werklik werk nie.

Daar is natuurlik baie ander redes waar die gene eenvoudig nie klop nie. Ek sien by sommige kruisings dat daar bv. nooit stuifmeel is nie. Dit is 'n opvallende maar nie doodlike fout nie bring dan die stuifmeel van die ander plant na die plant sonder stuifmeel. Daar kan baie ander onopsigtelike foute wees wat veroorsaak dat sommige kruisings nie werk nie.
Aloe marlothii x Aloe mutans

Daar is aalwyne wat amper alle ander aalwyne species of kruisings kan bestuif soos bv. Aloe arborescens en Aloe marlothii en  netso is daar uiters moeilike aalwyne wat geen kruisings maak nie ook. Kruisings afkomstig van moeilike aalwyne is op hulle beurt ook moeilik.
Daarom kruis die kweekers eers met Aloe arborescens
om daardie eienskap bietjie makliker te maak.  Nog 'n voordeel is Aloe arborescens groei vinnig en
het 'n goeie blom.  Die nadeel is dat A. arborescens is geneig om die eienskappe te oorheers sodat dit met 'n oogopslag maklik is om te sien dit is 'n  A. arborescens kruising.  Daar is die beste aalwyn vir kruisings Aloe marlothii.  Hierdie aalwyn oorheers nie die eienskappe van die kruising nie.  Die enigste wat as nadeel gesien kan word is dit groei nie heeltemal so vinnig nie maar daar is baie voordele om geduldig te wees.
Aloe castanea x Aloe marlothii
Daar is allerhande boererate wanneer 'n plant nie 
saad maak nie, soos 'laat die plant swaar kry'  en so
aan
.  Belangrik is dat 'n ander plant wat nie 'n
kloon(stiggie) van dieselfde plant is nie gebruik moet
word om die saad te maak.  Die plante mag wel van saad gekweek wees 
van dieselfde plant en bestuif deur diesefde plant.  Elke saad is nog steeds uniek met daardie verskil in die gene wat nodig is.


Die blomtros van aloe.chabaudii.links.vs.aloe.chabaudii x Aloe marlothii kruising oranje regs.