Saturday, May 30, 2009

Om te dink Garfield het net 'n teddiebeer

Dit kos nogal geduld om die jagluiperd en die kat
aan die slaap te kry, maar na 'n dag se werk is dit
geen probleem vir Japie nie.


Daar is geen speelding so lekker soos 'n stert nie en
so 'n groot stert is sekerlik elke katjie se droom. Kyk
daardie tande gereed om die vyand af te maai!Dan is daar mense wat dink dat diere nie 'nverbeelding het nie.

Ek is dors !

Vrae wat gevra word. Ek is nie 'n kenner van die
jagluiperd nie, maar hier is kortliks wat ek weet.

Dit is verbasend hoe uiteenlopend die opinies is,
daarom is dit altyd goed om 'n verskeidenheid
opinies te nader. Die jagluiperd is gebou vir spoed
en nie om te veg nie. Wanneer 'n boer in Namibia
'n jagluiperd in 'n strik vang is 'n besliste houding en 'n
klap gewoonlik genoeg om die grootkat in toom te hou.
Die jagluiperd word nie doodgemaak nie maar aan
Natuurbewaring oorhandig.
Nogtans stem ek saam dat die jagluiperd die kat met
een hap van kant kan maak, maar dit geld vir die honde
ook. Daarby is die jagluiperd baie vol nonsens waaraan
hy byt en die smaak van kat..... eeejuk... seblief...
Feit is dat die jagluiperd as 'n spesies reeds vir dekades agteruitgaan weens 'n verskeidenheid redes. Habitat is bekend, maar daar is ook genetiese nadele. Miskien kan daar wel sukses wees om hulle te red in die moderne tyd.

Magda skryf:-
"Japie het die jagluiperd vir 'n troeteldier op 'n vendusie naby Bloemfontein,
gekoop. Die permit om die jagluiperd aan te hou, moet jaarliks hernu word.
Natuurbewaring het streng regulasies ten opsigte van die grootte,
veiligheid en gerief waarin die jagluiperd aangehou word. Japie het by die SA Cheetah breeders/Owners Association
aangesluit om seker te maak dat die jagluiperd niks kort kom nie."

Dit was nogal fynspeel om die
jagluiperd aan almal voor te stel: Die jong duitse-herdershond (8 maande oud), die siamese katjie (2 maande oud) en die pug ( ou hond). Die katjie en die ou hond (pug) was
maklik maar die ander twee moes eers aan mekaar gewoond raak. Vir twee weke kon hulle mekaar sien deur die glas deure voordat hulle toegelaat is om
mekaar te ontmoet. Daar was geen probleem nie. Die jagluiperd en die duitse-herdershond geniet dit om mekaar te jaag op die grasperk.
Dit pas Magda want anders sou sy moes instaan om toe te sien dat die jagluiperd genoeg oefening kry. Soos Magda vertel - dit sal 'n taak wees,
sy is 59 jaar oud! Sommer nog jonk, Magda!

Teen sononder gaan die siamesie gewoonlik uit om in die tuin te speel. Dan is die aandag van beide die
jagluiperd en die hedershond op die katjie.
Die hond sit sy mond oor die lyf van die katjie ( die hele lyfie pas in die hond se bek) terwyl  die jagluiperd met die hond stoei aan die ander kant. Die katjie kan ontsnap in die bome in, maar hy geniet (of duld) dit. 
Die hond raak eerste moeg vir die speletjie en dan gaan speel die katte in die bome.


Somtyds is dit moeilik om die katjie te oorreed om in die huis te kom, maar die meeste van die tyd is hy uitgespeel en gretig om in te gaan.

Die laaste een onder is 'n bangkat !



Sunday, May 10, 2009


Ontmoet Nancy cheetah jagluiperd, Anix siamese kat,
Boel pughond en Frankie herdershond.
Die cheetah, kat en die twee honne is die vierbenige kinders van Japie Pienaar en sy vrou Magda."


Magda vertel:-Oorspronklik was die cheetah se naam Nancy, maar dit het verander na Jollie.  Die mense wat die cheetah groot gemaak het op die bottel vanaf geboorte, het haar Angeline Jollie genoem.
Die Duitse Herdershond se naam is Frankie omdat die

eerste fotos van hom 'n blou refleksie van die werker se
klere in sy oog weerkaats het. Dit het Japie herinner aan
Frank Sinatra O'l Blue eyes.
Die Siamees heet Anix (vernoem na 'n vriendin Anika.)
maar hy word meestal "Die Witte" genoem en
die Pug se naam is eenvoudig Boelie.

Japie Pienaar en sy vrou Magda se plaas is gelee in die Vrystaat
20 vanaf Wesselsbron, Suid Afrika.

'n Gedeelte van die plaas is 'n natuur reservaat en verder word geboer met Arabiese perde en landbou.
In die reservaat is daar 'n self-bedien-kamp langs die rievier met 'n voertuig om in rond te ry. Wild te sien is bokke, buffels, renoster, en seekoei, asook 'n groot verskeidenheid voels (200+species) en
vis in die rivier.
Brakfontein private natuur reservaat.
Kontak Magda Tel. (+27) 057 899 2426

Ek kan sien wat hierdie buffel so al kouende dink

Hy jeuk vir 'n onder-onsie met daardie cheetah.

Noudat almal mekaar ken kan ons oorgaan na meer aksie
in die volgende blog.

Help dat jou swakke medinger op die bene bly. As hy tot niet gaan, kom daar straks 'n sterke in sy plek - Langenhoven