Namibië word nat en natter
Namibië soos ons die land ken.
Droog en in pastel kleure.
Die atmosfeer is rustig groot en stil.
Hier is die mens klein.
Na goeie reën wat nou al amper 'n gewoonte geword het.
Al die veld is vrolik - verseker.
Die versamelvoëlnes Philetairus socius is soos
'n groot grasdak met die deure na die verskillende nessies aan die onderkant.
Waar is die waarheid. Ja, waar is hy, dis waar. Maar waar is hy?
C J Langenhoven
Showing posts with label Namibië. Show all posts
Showing posts with label Namibië. Show all posts
Friday, February 22, 2008
Kambi die koedoe koei van Namibia. Kambi is 'n jong koedoe op die gasteplaas Elisenheim buite Windhoek. Soos duidelik gesien kan word op die fotos is Kambi die koedoekoei en haar katte baie goed versorg. Die mense van Elisenheim is bekend vir hulle groothartigheid teenoor mense en diere. Besoek die Elisenheim webwerf om meer van die plaas te sien.
Plaaskatte vorm dikwels 'n sterk band met 'n gekose perd waar hulle dan ook saamwoon in dieselfde stal. Dit is tot almal se voordeel daar die katte rotte, muise en selfs slange vang. Maar daar is seker nie 'n perd so gewild soos Kambi die koedoe nie. Heel moontlik omdat Kambi saam met die katte nuuskierig is en saamstaan om te weet wat die mense in hulle omgewing doen.

Wie kan bedruk voel na 'n vroeg oggend groet deur hierdie twee. Daardie gevoelvolle kyk van die koedoe en die ondeunde kat gereed vir die uitdagings van 'n nuwe dag.
Soos Christine Werner skryf. "Wenn ich morgens meine Gardinen aufmache, gucken die Beiden meist schon ins Fenster, wollt' das nur mit euch teilen, süß, ne?!? " - rof vertaal - as ek in die oggend die gordyne ooptrek loer die twee reeds na binne. oulik nie ?
Foto bo: Kambi die koedoekoei en haar vriendjie Mummel die kat
Foto onder: Kambi met haar vriend Peet nog 'n kat.

Kambi het 'n persoonlikheid wat almal gerus laat voel in haar teenwoordigheid. Sy het geen einde aan vriende nie. Katte, honde en mense, dag of nag, sy is nooit alleen nie.

Labels:
Elisenheim,
kambi,
koedoe,
Namibië,
plaaskatte maats koedoe,
windhoek
Sunday, November 05, 2006
hou die sonkant bo
Ons pak die rit in die land van sonskyn aan, vanaf Noordoewer in die suide.
Die helder groen skakerings na die buitengewone reën vroeg in die jaar 2006 het nou weer verkleur na die sagte pastelkleurige skakerings wat so mooi is van Namibie.
Namibie het net twee seisoene - somer en winter. Dit is nou September maand, wat veronderstel is om lente te wees, maar hier is dit die begin van 'n heerlike lang somer. Die droë warm somers is nie so drukkend soos die vogtige hitte van somers in tropiese gebiede nie, maar die temperature in die son is gevaarlik.
Die suidelike semi-woestyn van Namibie is die habitat van Aloe dichotoma, die kokerboom.
Dit was 'n aangename ontdekking om op hierdie jong kokerboom af te kom. Min saad ontkiem in hierdie droe gebied en nog minder van die plantjies haal hierdie grootte. Die feit dat daar mense is wat die jong boompies onwettig uithaal is tragies, vernaam omdat die boompies selde aanpas en vrek buite hulle gebied. Ons het saad van Aloe dichotoma gesaai. Hulle groei maklik van saad as die drang om water te gee beheer word en is dan reeds aangepas vir die tuin.
Die afstande tussen dorpies is groot. Vanaf die grens by Noordoewer aan die Oranjerivier tot by Gruenau is 120 km; dan 147 km tot Keetmanshoop; 220 km tot by Mariental; 174 km na Rehoboth en 87 km tot Windhoek waar ons 'n paar dae vertoef.
Hierdie kokerbome met malvas en die baie oulike hoekie met petunias groei in die tuin van 'n petrolstasie met Bed&ontbyt geriewe, naby Gruenau. Oorkant die pad is daar 'n ry informele stalletjies gemik op die toeriste. Met die groot afstande tussen dorpe ry min toeriste verby 'n petrolstasie, vernaam hierdie een wat baie vrolik lyk in hierdie warm gebied.

Die informele stalletjies is skoon en skep 'n goeie indruk. Die droë heuwels in die agtergrond maak 'n mooi foto en waarsku dat dit erg warm is in die somer.
Let op die foto onder regs, dit is vroeg in die oggend geneem en die eienaar het alreeds koelte gesoek.

Die olifant is omtrent realisties. Ek hoop net dat die hout wat gebruik is om die beelde te kerf en die hoop hout wat te koop aangebied word, van dooie bome afkomstig is. Dit kos baie jare swaarkry vir 'n boom om so groot te groei in Namibia. Dan moet mens ook bylas, daar is sekerlik ook baie werk in hierdie beelde en potte.
Daar is min plantegroei in die droë gebiede van Namibië sodat alle plante in die suide gesien moet word as raar en daar is 'n paar aalwyn soorte wat skaarser as die gewone "skaars" is.
Aloe pachygaster groei in uiters moeilike omstandighede by Aus in die suide van Namibia. Droog en baie koue winters. Dit is die koudste deel van Namibie. Ons het nie tyd gehad om vir Aloe pachygaster te gaan soek nie, gelukkig kon ek mooi fotos neem van Aloe pachygaster in Windhoek se Botaniesetuin.

Fotos van Aloe hereroensis in hulle habitat toe alle plante grasgroen was in die begin van die jaar in die oorvloed reën en Aloe hereroensis in blom September.
Verskoon die herhaling, dit is moeilik om op te hou praat van die reën in Namibië

Aloe hereroensis kom voor oor 'n wye gebied in Namibië. Die fotos onder is geneem in die ou begrafplaas van Usakos. Ons het verwag dat die aalwyne daar ook in blom sal wees maar blykbaar was die reën hier nie genoeg nie.
Dit was 'n vinnige toer deur die suide van Namibia tot by Windhoek. Met fotos van 'n aalwyn of twee. Daar was nie tyd vir die rare aalwyne soek nie, maar gelukkig kan mens die natuurskoon nie miskyk nie.

Subscribe to:
Posts (Atom)