Showing posts with label rotstuin. Show all posts
Showing posts with label rotstuin. Show all posts

Tuesday, March 16, 2010

'n rotstuin op die balkon, stoep, of selfs in die huis.
Hierdie rotstuin is baie maklik en pas in die kleinste hoekie enige plek binne of buite die huis.
Al wat nodig is, is darem redelike sterk lig vir die vetplante.
Die geheim is dat die plante in potjies geplant is. 
Die klippe word dan rondom die potte gerangskik en fyn klippies word in die gate gestrooi. 

Op 'n balkon kan die gewig verminder word deur plastiekskuim om die pote te pak. Dan is net een laag klippe genoeg vir versiering.

Sunday, November 16, 2008

'n Klipperige tuin, kliptuin of rotstuin wat ookal dit genoem word daar is al hoe meer tuine waar die grasperk vervang is met gruis of klippies wat die hele voorkoms van die tuin verander. In teenstelling met die groen grasperk kan die verskillende tekstuur, grootte, kleur en vorm van die klippe elke tuin uniek maak. Die klem op die spaar van water is waarskynlik die inspirasie tot hierdie nuwe interessante tuinontwerp.
'n Stap verder is om die hele tuin in 'n kliptuin te verander.


Die fyn plantjies tussen die klippe is nie sigbaar op 'n afstand nie maar dit is opwindend om hulle tydens 'n wandeling deur die tuin te ontdek.
Dit is die beste om dolomietgruis te gebruik vir die plante en ook vir die neutrale agtergrond. Heelwat spesies van die fyner vetplantjies in die natuur groei tussen spierwit kwartsgruis en na my mening sou 'n laag wit kwartsklippies om die groot klippe op die voorgrond hierdie kliptuin ophelder.

Met dieselfde voorraad kan hierdie tuine se voorkoms #keer verskillend wees.