Saturday, December 08, 2007

'n Aalwyntuin in potte. Daar is 'n hele paar voordele om in potte te plant -
klimaat,  waar spasie min is, binnenshuis, water spaar en nie die minste nie is eenvoudig as ornamente omdat dit mooi is. Hier is fotos van 'n paar potplante in potte of houers net om 'n idee te kry. Elke persoon sal iets aan die rangskikkings kan en wil verander, dit maak die tuine soveel interessanter.
Die moontlikheid dat dit nodig mag wees dat 'n rare plante geskuif moet word is daar en geen probleem nie.


Plaas altyd 'n klip in die drinkbak sodat klein diertjies nie daarin verdrink nie. Hierdie drinkbakkie is nie juis diep nie, die klip is meer 'n versiering, maar die heel klein goggas sal dit nuttig vind.



Die ontspanning en braai area vertoon vriendelik en rustig maar ook interessant. Die aalwyn in die hoë vierkantige pot is binne-in 'n ander kleiner pot geplant.  'n groot hoeveelheid grond om die wortels in 'n diep houer sal suur word en heel moontlik nie goed dreineer nie. Baie klippe met 'n klein bietjie grond (of geen grond) vir vinnige dreinasie is noodsaaklik.






Die verskillende potte en kleure kombineer baie mooi met die houdstomp en klip. Die groot kaal area is iets treffend.


Selfs die gewone vorm pot vertoon besonder goed deurdat dit nie die aandag aftrek van die plante in die rangskikking nie.



Eenvoudig, maklik, maar tog deftig.  Langs die visdam






Die aalwyn in die pot is Aloe hardyi 'n aalwyn wat natuurlik van kraanse afhang.
Hierdie aalwyn is goed geskik vir hangmandjies.    Die aalwynblare hang nie slap nie, dit is styf in daardie vorm. Die plant groei na onder maar stuur die blom na bo.

Saturday, September 29, 2007

sutherland van die grondpad se kant Daar was toe 'n geleentheid om by Sutherland te kom vir 'n photo. Ons wou Aloe broomii en Aloe claviflora in blom sien in die veld. Daarvoor is ons na die Nationale Park in Beaufortwes.
http://made-in-afrika.com/onsblog/uitsig.rivierloop211.jpg (362006 bytes)
Die Karoo landskap soos gesien vanaf 'n pad in die Nationale Natuurpark by Beaufortwes. http://made-in-afrika.com/onsblog/aloe.claviflora.jpg (48983 bytes)
Aloe claviflora. Hierdie aalwyn stoot die blom dwars uit. Die algemene naam is treffend, kanon-aalwyn.
http://made-in-afrika.com/onsblog/rotstuin.jpg (63355 bytes)
Aloe broomii op 'n rotstuin in die natuurpark by Beaufortwes.
http://made-in-afrika.com/onsblog/mutti.jpg (42970 bytes)
Aloe broomii is 'n waardige simbool vir 'n moeder. Hierdie gedenksteen was langs die pad wat afdraai vanaf die N1 na Fraserburg. Dit is in duits wat mens laat wonder of die moeder op toer was toe sy hier gesterf het.
Die bewoording is:
UNSERER LIEBER MUTTI EIN GEDENKEN + 12 - 12 - 1994
Direk vertaal - Aan ons liewe moedertjie 'n aandenking.

Ietwat ontstel dink ek daaraan dat my Moeder baie lief was vir haar aalwyne en dit is by haar waar ons belangstelling in aalwyne begin het.
Sy is ook nie meer met ons nie.
Met die huis toe ry het ons na Fraserburg en toe Williston gery en daarvandaan per grondpad na Sutherland. Ons kon eenvoudig weer die N1 tot Matjiesfontein geneem het, maar ons wou 'n ander deel van die Karoo sien.
http://made-in-afrika.com/onsblog/williston.jpg (262134 bytes)
Willistan lyk baie eensaam in die grote Bo-Karoo. Hier word dit sekerlik bloedig warm in die somer en vrek koud in die winter. Hierdie deel van die Karoo kry somer reën gevolglik is dit uiters droog nou (September).
So in die verbyry is dit opvallend dat op die plase in hierdie omgewing met skape geboer word. Ai, dit laat 'n mens se mond water vir bietjie braaivleis of 'n bordvol skaaprib-bredie.
http://made-in-afrika.com/onsblog/sutherland.vanaf.williston.jpg (115607 bytes)
Sutherland vanaf die grondpad in die teenoorgestelde kant as wat ons die vorige keer in gery het. Die veld is reeds besig om uit te droog na die winterreën. Daar is nog 'n paar dapper blommetjies tussen die graspolle.
Op 'n afstand lyk dit asof ons 'n eeu of twee terug is in tyd. Nogtans het elke huis sy TV, selfoon en sy kruis, al lyk dit so stil en rustig.
http://made-in-afrika.com/onsblog/sutherland.teleskoop.jpg (178004 bytes)
Die ou teleskoop. 'n Besoek aan Sutherland se sterrewag is sekerlik die droom van baie sterrekundiges en sterrekykers regoor die wêreld.
http://made-in-afrika.com/onsblog/papwiel.jpg (164333 bytes)
Ongelukkig het die slegte grondpad ons duur te staan gekom. 'n Band letterlik flenters gery. Rudi het omtrent gesukkel om die domkrag onder die kar in te kry. Die verflenterde band was heeltmal van die wiel af en oor die plek waar die domkrag moes kom. Met die gesukkel in die stof onder die kar kon mens nie sien waar die grondpad eindig en die man onder sy motorkar begin nie. Geluk was dat die motor glad nie enige hanteering probleem gegee het met net drie wiele teen 'n spoed op grondpad nie en Rudi is so trots op sy motor daaroor.
Einde goed - alles goed.

Saturday, August 18, 2007

sneeu van naby Die sneeu op die Hexrivierberge by Ceres en verder in die koue bokkeveld is pragtig. Vernaam as mens na die sneeu kan kyk en nie self by vriespunt is nie. Hierdie jaar het dit so erg gesneeu by Sutherland dat die paaie afgesny was. Dit is toe dat ons besluit om bietjie sneeuballe te gaan rondgooi. Ons het nog altyd die sneeu van ver bewonder omdat dit nie die moeite werd is om tot by ‘n berg te ry nie, mens sien die sneeu net so goed van ver, maar as die sneeu op die grond is dan wil ons bietjie gaan speel.
http://made-in-afrika.com/onsblog/snow.mountains.2_small.jpg (4104 bytes)
Die sneeu is indrukwekkend, maar ook onwerklik soos op 'n prentjie.
lilies.mesembs.jpg (36422 bytes)
Dit is nog bietjie vroeg om te gaan blomme kyk in die Kouebokkeveld en die Karoo, maar die eerste vygies en lelies is reeds daar en pragtig. Na die baie reën is daar geen stof nie, alles is helder en skoon. Die windjie is koud en verfrissend.
http://made-in-afrika.com/onsblog/vaal.karooland..jpg (45377 bytes)
Die liedjie "vaal ou karoo-o- land" kom outomaties in my gedagtes op. Die panne water en vuurpyle langs die pad, verander niks nie. Dit bly vaal en rustig.
http://made-in-afrika.com/onsblog/vuurpyle..jpg (120236 bytes)

http://made-in-afrika.com/onsblog/aloe.microstigma.mountains_small.jpg (15924 bytes)
'n Lekker verrassing! Aloe microstigma so na aan Sutherland, maar dit is entlik te verwagte. Hierdie aalwyn verdra die warm droë somers en snerpende koue nagte van die Karoo sonder om te kla. Die plante groei net teen die westelike hange waar die middagson die klippe warm maak en verhoed dat die aalwyne deur die nag vries. Die aalwyne groei in droë omstandighede so daar is ook nie veel water in die blare wat kan vries nie.
Aloe microstigma is baie goed aangepas by die karoo. ..en die aalwyn is ook soos die Karooland - vaalgroen met 'n pragtige blom.
http://made-in-afrika.com/onsblog/aloe.microstigma.plant.8.07.jpg (67550 bytes)
meer oor Aloe microstigma en ander aalwyne op hierdie webwerf
http://made-in-afrika.com/onsblog/sutherland.snow.notice.board.7.071_small.jpg (20179 bytes)
Eindelik sneeu. Die baie reën het ongelukkig ons sneeu wegespoel en gesmelt, maar dit was steeds 'n ervaring om "regte sneeu" te kan hanteer.
http://made-in-afrika.com/onsblog/sutherland.eurica.snow.07_small.jpg (28855 bytes)
Dit voel goed. As ons nie so haastig was nie het ek 'n sneeuvrou gebou.

Agterna besef ons dat dit nou regtig nie nodig was om 700 km in een dag af te lê nie. Daar is baie B&B plekke teen goeie pryse in Sutherland en ook op die plase. Ongelukkig is dit die katkinders by die huis wat die deurslag gee en ons aanjaag terug huistoe net om te sien dat hulle heeltemal tevrede is en ons nie sou mis tot die volgende dag nie.
ontmoet ons katte o.a. die American Curl.

Saturday, August 11, 2007

bietjie vrot en ryp elendes by die aalwyne
Die winterreën is hier met mening, na ons gewone lang warm droë somer is die gevaar van verrotting by die aalwyne weer daar. Die meeste aalwyne skrik nie so erg vir koue nie, maar wel vir die kombinasie van koue en water.
Volgens ons ondervinding sal aalwyne wat in 'n tuin groei van die somer reënval gebiede en dus nooit werklik droogde ondervind nie, nie sommer vrot wanneer dit baie reën in die winter nie. In ons tuin word daar egter baie min water gegee deur die somer omdat ons hoofsaaklik 'n vetplant (sukkulente) tuin het. Gevolglik gaan die aalwyne oor in 'n rustoestand wanneer dit te lank droog was teen die einde van die somer. Gelukkig begin ons reën in enkelle los buie, sodat die plante begin groei voor die groot reën kom. Dit gaan die meeste jare goed, maar sommige jare is daar 'n paar gevalle van vrot. Die een wat die meeste pla is wanneer die blomme afval en/of die blomstingels omknak. Ons stokperdjie is reeds die saad... sug
Dit was erg die afgelope twee jaar so hierdie jaar het Rudi vroeg begin om 'n swaelmengsel te spuit teen swamme. Die swael is nie giftig nie, maar dit het wel die nadeel dat dit aanhoudend (na reën of elke 4 weke) herhaal moet word omdat dit slegs op kontak die swamme en swamspore dood.
http://made-in-afrika.com/onsblog/toe.onder.blomme.jpg (64092 bytes)
Dit kos fynkyk om die aalwyn te sien tussen die daisies. Dit is moeilik om na die vaal somer die blomme uit te trek. Ek het wel so 'n klein spasie skoongemaak om die aalwyne.
http://made-in-afrika.com/onsblog/winter.blommetjies.jpg (62524 bytes)
Ryp en nat aalwyne gaan nie saam nie. In gebiede waar dit ryp (met of sonder reën) kan die skade minder wees as die plante nie vol water is nie. Dit is die water wat vries en skade veroorsaak. In alle koue dele van die land kan die skade minder wees deur die plante vir 2-3 maande voor die winter geen water te gee nie. Daar is min gebiede waar dit nodig is om meer water te gee as die natuurlike reënval, maar dit mag wees dat ander plante water nodig het. Probeer om die aalwyne droog te hou.
Bome, struike en klippe beskerm ook die aalwyne teen koue en 'n aalwyn leef baie lekker saam met bome. 'n Aalwyn is van die min plante wat selfs onder 'n bloekom geplant kan word.

Na ryp skade kan die pap dele uitgesny word. Behandel die oorlewende gedeelte teen swamme (fungus) en beskerm die plant op die een of ander manier teen verderre koue of nattigheid. Maak 'n teht of hal die plant versigtig uit en laat dit staan op 'n beskutte droë plek. Solank daar 'n stukkie stam oorleef kan die plant weer uitloop.
http://made-in-afrika.com/onsblog/aloe.microstigma.mountains_small.jpg (15924 bytes)
Aloe microstigma naby Sutherland, die RSA se koudste plek. Die aalwyne groei net teen die westelike hange in die middagson. Die klippe, droogte en bossies is hulle redding.
Hierdie raad is miskien 'n bietjie laat nou, die winter is amper verby, maar onthou volgende jaar.

Sunday, June 10, 2007

Die kokerboom (Aloe dichotoma) vertoon pragtig in die natuur.
Met die klem op waterspaar en die populêriteit wat aalwyne nou kry, is daar baie tuiniers wat hierdie aalwyn in die tuin wil plant. Dit is nie buite bereik nie, mits daar net aan 'n paar vereistes voldoen word.




Die Kokerboom op die foto hierbo staan in 'n tuin met 'n groen grasperk. Hierdie foto is geneem in Windhoek, dit is dus geen prestasie dat die aalwyn so lekker groei nie.
Nogtans let op die volgende punte; Die kokerboom hou nie van 'n nat tuin vol plante nie; die grasperk word net bolangs natgemaak die wortels van die kokerboom is droog; daar is baie lug sirkulasie om die kokerboom; die boom groei op 'n helling met klippe en rotste onder die grond vir dreinering, en dit help as die lug droog is (alhoewel dit is nie noodsaaklik dat die kllimaat uiters droog moet wees nie).

Nou vir die kokerboom. Aloe dichotoma groei klaarblyklik makliker in Kaapstad, as in die droë Klein Karoo. Ons het deur die inligting gesif en tot die slotsom gekom dat die hoofsaak by die kokerboom is dreinasie. Grawe 'n diep gat, en vul dit met klippe (sluit in dolomiet en kalksteen), growwe sand en 'n bietjie ou kraalmis. - Dit is verbasend hoeveel al die aalwyne van ou kraalmis hou. Plant die aalwyn bo-op sodat die stam bokant grondhoogte is. Moenie die aalwyn natmaak
nie, die reën is oorals in die land genoeg vir hierdie aalwyn.
Let op die Aloe marlothii tussen die twee kokerbome. Dit is 'n geharde aalwyn pragtig in 'n groot tuin, maar ook 'n bietjies te swaar in 'n klein tuin. Hier groei dit ewe pragtig in die winter reënval streek.
Die nonnie-kokerboom Aloe ramosissiema is met een woord oulik in die tuin. Dit vertak wanneer dit nog baie klein is en lyk soos 'n bonsai kokerboom. Ons vind dat Aloe ramosissima ongelukkig moeiliker is as die Aloe dichotoma in die tuin. Die boompie in die foto hieronder is net oor een meter hoog en reeds 5 jaar oud. Die kruising van die twee bome, Aloe dichotoma en Aloe ramosissima is makliker as enige van die twee en groei vinniger. Op die foto bo, die boom regs is 'n kruising.
Aloe ramosissima groei baie goed in potte waar die hoeveelheid water gereguleer kan word.
Kom ons verlang saam 'n Groot aantal Suid-Afrikaanse ouers sal weet hoe dit voel om te verlang na kinders en kleinkinders oorsee. Dit maak nie saak in watter rigting hulle oor die see heen is nie, verlange is dieselfde.
Hierdie fotos is geneem toe ek vir my seun in Engeland gaan kuier het. Wanneer die verlange groot is, is dit makliker om daarna te kyk en te konsentreer op die positiewe kant en die  voordele wat hy geniet saam met ons skoondogter  en ons kleinkinders.











Die groen tonnel is 'n wandelpaadjie agter hulle huis. Dit is pragtig en wek dadelik herinneringe van feëverhaaltjies - maar nie vir lank nie. Die werklikheid sluip in as die besef kom dat dit ten minste veilig is waar hulle nou is om te gaan wandel in die donker tonnel. Hulle is nie alleen weg van die moorde in Suid Afrika nie, maar daar is ook 'n baie beter toekoms vir hom in sy werk. Ten minste het hy daardie geleentheid.
Kom ons vind uiteindelik troos in die blomme met mooi gedagtes aan hulle vir wie ons lief is. Of ons geliefdes ver of naby ons is, hulle is in ons harte.




































Moenie jou vriend vergeet nie; dit sal hom seermaak. Maak jou vyand daarmee seer. - Langenhoven
peste en elendes by die aalwyne
Peste en siektes kom voor by aalwyne net soos by enige ander plante. As die behandeling vroeg gedoen word is die werk asook die skade min. Ons het begin met seep en ander "vriendelike" rate, maar in 'n groot tuin met baie aalwyne waarvan die meeste vir ons waardevol is, het ons besluit om nie meer mooi te praat met die peste nie. Ons gebruik sisteemgif net op aalwynkanker en beperk die poeiergif tot die aalwyne wat nie in blom is nie, of dan net heel onder die plant om so min moontlik skade aan bye te doen.
Die grootste pes is miere saam met hulle maats die plantluise. Hulle kan 'n groot kokerboom laat vrek voordat enige teken gesien word. Die miere dra die luise tussen die blaar en die stam in, waar die stam beskadig word en dit vrot. Hulle rangskik ook die luise baie netjies waar die boonste en onderste blare van 'n aalwyn oorvleuel. Onsigbaar van bo en van onder. Dan die gemeenste truuk van alles is wanneer hulle by kleiner aalwyne die grond ophoop langs die stam om die luise weg te steek. Hulle is slim ! maar ons is slimmer, hopenlik.
Hou fyn dop na reën of as die aalwyne natgemaak word. As daar een mier loop, stel ondersoek in. Hou die grond langs die stamme skoon en plat, sodat enige hopies gesien kan word. Die stuifpoeier op die mark wat kloorpirifos bevat is baie goed. Skud 'n klompie poeier in die kroon van al die aalwyne so een keer per maand. Dit hou miere weg en ook die snuitkewers wat eiers in die kroon lê. Die snuitkewerlarwes vreet deur die kroon tot in die stam en die kanse is baie groot dat die aalwyn sal vrot. Wanneer dit gebeur maak die kroon skoon en behandel met 'n antifungus middel. Laat dit droog word en verseel die wond met die verseler vir bome. Die aalwyn sal heel waarskynlik meer as een nuwe kroon op die wond vorm.
Rudi het 'n handige poeierstuifbottel gemaak. Die bottel is 'n houer van 'n algemene toiletskoonmaker en die buisie kom uit 'n insekgif blikkie. Stoot die buisie 'n entjie in die bottel in, dit pas presies. Maak 'n gat vir die buisie deur die deksel. Gooi 'n klippie saam met die gifpoeier in die houer dit help met die skud. Gee 'n skud en druk die houer terwyl die houer omgetip word met die buisie na onder. 'n Wolk gif spuit tot in die skrefies onder die blare in. Dit is makliker om te doen as om te verduidelik.
vrek.mier.jpg (12238 bytes)
Plantgifpoeier in die kroon van die aalwyn werk ook baie goed op 'n groter soort plantluis wat seld gesien word omdat dit vinnig beweeg en onder die plant tussen los blare wegkruip om hoofsaaklik in die nag aan die sagte nuwe groei te suig. Die grootste skade is die wonde wat dan aangeval word deur swamme en lelike vlekke veroorsaak. Fyn spikkels sal sigbaar wees op die nuwe groei. Dit is net nodig om poeiergif te gooi nadat dit gereën het of so een maal 'n maand wanneer dit nie reën nie.
http://made-in-afrika.com/onsblog/insekbyte.jpg (16462 bytes)
http://made-in-afrika.com/onsblog/wit.dopluise..jpg (36452 bytes)
Skud die bottel en tip dit onderstebo terwyl dit gedruk word. Dit maak 'n groot poeierwolk wat baie handig is op enige plantluise. Ook die wit dopluis. Water loop van die luise af, maar die poeier klou. Foto hierbo. Hierdie luise is reeds bespuit en hulle is besig om te vrek. Die doppe kan met 'n sagte borsel verwyder word.  Alternatief -  die luise suig met 'n lang tong.  As hulle afgevee word breek die tong af en die luis vrek.  Dit sou baie maklik gewees het en ook sonder die nadele van gif maar my ondervinding is dat die dorings van aalwyne kortwiek die afvee metode.

http://made-in-afrika.com/onsblog/aalwynkanker.jpg (14369 bytes)
Die lelikste pes is aalwynkanker wat veroorsaak word deur 'n miet. Sny die vergroeide gedeelte sover moontlik uit en verf die wond met formalien. Gebruik 'n klein waterverf kwassie en maak die gif sterk aan. Moenie hierdie sterk mengsel oorals op die aalwyn laat drup nie want die aalwyn sal vrek op daardie kolle en dit is ook giftig oor die algemeen. Die gedeelte waar die miet is kan gerus vrek.  Ongelukkig werk 'n sisteemgif teen insekte nie op die miet nie want die miet is verwant aan spinnekoppe en is nie insekte nie.
Dit is nou sover dit die peste aangaan. 'n Bietjie gifpoeier en die verfwerk teen miet. Bly op die uitkyk vir miere en die ergste is onder beheer. Dit was die algemene peste. Hierdie blog raak lank die elendes is vir die volgende blog.

Friday, June 08, 2007




Voëls dophou in die tuin is iets wat tot die kleinkinders geniet wanneer hulle kom kuier.Daar is voerbakke en waterdrinkbakke op strategiese plekke waar die voëltjies die katte kan sien. Die blomme van aalwyne en plakkies (links bo op die foto) is baie gewild by suikerbekkies en daarvan is daar oorgenoeg in die aalwyntuin.
Bome soos die vyeboom, bessies en blomme vir nektar is nodig om suikerbekkies en die vrugte eetende voëltjies te onthaal. Die behoeftes van die saadeters is redelik maklik bevredig deur voëltjiekos te koop en in 'n groot bak of skinkbord te gooi, maar dit is baie interessanter om ook vir die saadeters tuin te maak. Ons het 'n klein wildernis in die een hoekie van die tuin. Dit is 'n plesier om die voëls dop te hou terwyl hulle hang en swaai aan die grashalms terwyl hulle eet.
Begin die wildegrashoekie deur van die voëltjiesaad en ander grassaad te saai. Wilde saad waai spoedig daarby in. Verwyder onkruid en los alle grasse, koring, hawer en ander graansoorte. Met die tyd sal daar 'n groot verskeidenheid grasse groei en 'n paar veldmuise mag dalk ook intrek (regte veldmuisie gaan nie in die huis in nie).
Die versamelvoëltjies bly altyd in 'n swerm, of hulle nou eet, drink of broei.
Hierdie foto het hoofsaaklik sentimentele waarde.  Daar is seker min so mooi soos 'n Kameeldoringboom nie. As hierdie boom nog versier is met die groot nes van die versamelvoëls voel mens klein.

Uithou en aanhou in die moeilkste omstandighede.

Tuesday, April 17, 2007

Die spinnekop met die mombakkies wat in nagmerries voorkom

Die spinnekop met die mombakkies wat in nagmerries voorkom.
Die Solifugidae spinnekoppe, hier bekend as haarskeerder of roman, kom wyd versprei voor.Vanaf Suid Afrika deur Afrika, Asië en Europa.
Ten spyte van die wye verspreiding sien mens hulle min omdat hulle net in die nag uitkom en dan skuil hulle sover moontlik omdat hulle geen gif het nie en dus taamlik blootgestel is aan hulle vyande. Die tekortkoming om sonder gif te wees word uitgebalanseer deur spoed en twee sterk kake om die prooi vas te vang. Die lang hare is sensitief vir trillings en om te voel waar hulle is, ook die twee lang voelers voorentoe is sterk ontwikkel. Hulle moet vinnig reageer op enigiets wat om hulle gebeur.

Ek het 'n klompie sywurm-eiers persent gekry en het besluit om 'n paar hartjies te laat spin vir geskenkies en ook om die kleinders te laat ondervind wat ons so lank gelede so geniet het.

Die meeste wurms het reeds gespin en gepapie, toe ek laatnag iets hoor ritsel by my rekenaar-lesenaar en vaskyk in 'n groot haarskeerder. Ons is heel op ons gemak sover dit goggas en spinnekoppe aanbetref. Ons sal eerder hardloop vir 'n kamera as iets om die diertjies mee dood te maak, maar die haarskeerder laat mens voete oplig en bo-op die stoel sit. Hulle hardloop vir skuiling en as jy in die middel van die kamer staan is jy skuiling. Daardie nag het ons vier verskillende groottes getel, so daar was ten minste vier. Na die eerste twee aande het ek my nie meer aan hulle gesteur nie en na so twee weke het ons die spinnekoppe nie weer gesien nie. Ek het oorspronklik gedink hulle was aangelok deur die sywurms, maar dit was baie langer as twee weke voordat al die sywurms, papies, motte en eiers afgehandel was.
As hulle iets geëet het was dit min.
Na hierdie kennismakings voel ek nie meer so skrikkerig vir hierdie onskadelike spinnekoppe nie. Altans so dink ek. Daardie gesig kan nie mooi wees vir geen mens nie en as een onverwags sy kop langs die rekenaar uitsteek dan skrik mens erger as wanneer iemand met 'n mombakkies agter 'n deur uitspring.