Sunday, November 16, 2008

'n Klipperige tuin, kliptuin of rotstuin wat ookal dit genoem word daar is al hoe meer tuine waar die grasperk vervang is met gruis of klippies wat die hele voorkoms van die tuin verander. In teenstelling met die groen grasperk kan die verskillende tekstuur, grootte, kleur en vorm van die klippe elke tuin uniek maak. Die klem op die spaar van water is waarskynlik die inspirasie tot hierdie nuwe interessante tuinontwerp.
'n Stap verder is om die hele tuin in 'n kliptuin te verander.


Die fyn plantjies tussen die klippe is nie sigbaar op 'n afstand nie maar dit is opwindend om hulle tydens 'n wandeling deur die tuin te ontdek.
Dit is die beste om dolomietgruis te gebruik vir die plante en ook vir die neutrale agtergrond. Heelwat spesies van die fyner vetplantjies in die natuur groei tussen spierwit kwartsgruis en na my mening sou 'n laag wit kwartsklippies om die groot klippe op die voorgrond hierdie kliptuin ophelder.

Met dieselfde voorraad kan hierdie tuine se voorkoms #keer verskillend wees.

Saturday, September 20, 2008

Spesiaal liefies net vir jou - -
http://made-in-afrika.com/onsblog/choc.kitten.vir.jou..9.08.jpg (196112 bytes)
Ja dit is reg - Al my liefde is net vir jou

http://made-in-afrika.com/onsblog/choc.kitten.vir.jou.9.08.jpg (275235 bytes)

Jy kan my maar opvree..... vertroetel.

- ekskuus, verskoon my - dit is van al ons almal



sit die hande bymekaar - ons stem saam.


Saturday, August 09, 2008

Spesiaal vir THEA 'n Meme-tag
Die reëls is :-
Skakel (link) terug na die persoon wie die Meme-Tag gestuur het.
Plaas hierdie reëls bo-aan jou bladsy met 8 beskrywings van waarom jy gelukkig is in jou lewe.
Maak 'n lys van ongeveer 8 ander bloggers aan wie jy hierdie tag verder stuur.
Die geluk in my lewe;- Ek is dankbaar en gelukkig dat Rudi nog in my lewe is na meer as 40 jaar (heelwat meer, maar wie tel nou die jare so presies) Ons is nou al in alle opsigte een persoon en hy beheer die brein.


Rudi was geoloog by die kopermyn in Nababeep Namakwaland en daarna by TCL in Namibia. Die myn het gesluit en ons het besluit om vroeg af te tree in die Republiek van Suid Afrika. Dit was baie moeilik en hartseer om afskeid te neem van Namibië, maar gelukkig is die kinders nog daar met 'n plekkie vir ons.

Ons is gelukkig met ons drie kinders wat goed doen in hulle lewens en vir die agt skattige kleinkinders. Net grootouers kan verstaan hoeveel geluk kleinkinders bring.
Ons geniet nou ook die www, rekenaars, (komputers) en TV wat ons nie gehad het nie toe ons kinders klein was nie. Daardie tyd was ook besonders - ons het geleer om mekaar te geniet en ken die lewe met en sonder die moderne geriewe.


Ons geniet die katkinders ook. Gelukkig hou hulle my jonk en op my voete in plaas van dat ek heeldag voor die komper sit en speletjies speel.

Dan is daar nog baie vreugde in die aalwyntuin stokperdjie. Ons geniet die ekskursies om die plante in die natuur te sien. Die tuin hou mens aan die gang en Rudi hou van die takies hou waarvan ek nie hou nie en omgekeerd.

Ek vermoed dat dit al meer as agt dinge is wat my gelukkig maak.
'Skies vir die lang storie.
Nou sien ek uit na 'n drama met baie geluk van iemand anders.

My tag gaan aan:-
THEA en haar hobbie blog Greintjes
Muriel's Diaries
Bashing innie boendoes
rivierklokkies
Eva die sterker chromosoom


Friday, August 01, 2008

Oshakati Namibië Gratis karwas. Solank die voorraad hou. Ry slegs 'n paar keer om die kennisgewing totdat u tevrede is met die resultate.

http://made-in-afrika.com/onsblog/karwas.jpg (23137 bytes)


Sunday, July 20, 2008

Swakopmund die Vergenoeg padverspoeling.
Pragtige fotos van die verspoeling by Vergenoeg naby Swakopmund.
http://made-in-afrika.com/onsblog/vergenoeg.swakopmund.grasveld.jpg (75988 bytes)
As die kosbare gras so geil staan is die wêreld reg
ten spyte van 'n verspoeling.
http://made-in-afrika.com/onsblog/vergenoeg.swakopmund.jpg (85146 bytes)
Die skade is nie die belangrikste nie.
http://made-in-afrika.com/onsblog/vergenoeg.swakopmund.sonsondergang.jpg (63271 bytes)
Oshakati 'n bietjies te nat.
'n Paar reënfotos van verspoelings in Oshakati in die noorde van Namibië.
http://made-in-afrika.com/onsblog/Oshakati.shopping cetre.jpg (37229 bytes)
Die inkoop sentrum
http://made-in-afrika.com/onsblog/Oshakati.road.jpg (57976 bytes)
Aflewering tot stilstand gedwing
http://made-in-afrika.com/onsblog/Oshakati.angling.jpg (77128 bytes)
Maak die beste met wat ookal jou kant toe kom .....
As die lewe vir jou water gee - gaan vang vis

Sunday, February 24, 2008

Kambi die koedoe koei van Namibia
Hartseer nuus
Ons koedoe kalfie het dit nie gemaak nie.

..ist leider nicht mehr, sie hat es nicht geschafft, wir sind sehr traurig.
Kann nicht glauben, wie schnell so ein Tier Einem an's Herz wächst.
Hätte euch gerne mit weiteren Fotos erfreut.
Liebe Grüße,
Christina

Kambi die koedoe koei van Namibia Kliek hier vir die duitse weergawe deur Kambi se "ma" Christina. Die beskrywings op hierdie blog is 'n rowwe vertaling. Al die fotos is geneem deur Christina van Elisenheim Brakwater.

Dagsê !

Hier is die nuus uit Brakwater - Ons Kambi die koedoe koei is dank die Vader weer terug by ons.

Nadat ons die koedoe kalfie gekry het, het ons die hele dag gesoek en angstig gehoop dat Kambi weer sal terugkom. Hier is wat gebeur het.....

http://made-in-afrika.com/onsblog/ kambi.kalf.2.08.jpg (157860 bytes)

Kort na die geboorte moes 'n luiperd haar lêplek se reuk gekry het. Volgens die spoor was Kambi & die kalfie op pad huis toe en die luiperd was kort op hulle hakke(hoewe).

Onmiddelik toe die luiperd hulle inhaal het Kambi gehardloop. Sy is nie fit nie met die luilekker lewe in en om die huis. Aan die diep spore kon mens sien dat sy gejaag word met die luiperd agterna.

Intussen het die klein kalfie bergaf gesukkel en nie baie ver van die huis af doodmoeg onder 'n bos ingekruip.

Kambi het dit reggekry om die luiperd se aandag van die kalfie af te trek. Mens kon sien aan die diep krapmerke op haar dat sy blindelings deur die bosse gehardloop het.

Toe Andreas en die werkers die volgende oggend die berg fynkam ontdek hulle die lêplek waar die kalfie gebore is. Terwyl hy besig was om te bel hoor hy 'n geritsel in die bos langs hom en daar staan die koedoekalfie, wat hulle natuurlik dadelik huis toe gebring het.

Dié nag om 1:00 het die nagwag gesien dat Kambi by die swembad water drink. Die volgende oggend staan sy by haar gewone plek by die deur en wag vir haar ontbyt. Ons het haar saam met die kalfie in 'n stal gesit, maar dit het haar glad nie gepas nie en sy wou nie dat die kleintjie drink nie. Die kleintjie het dan ook later moed opgegee. Dit was belangrik dat die outjie 'n bietjie van die biesmelk inkry so terwyl ek vir Kambi gevoer het, het Andreas haar gemelk. Om 'n koedoe koei te melk is nogtans komies, maar gelukkig het die kalfie die melk gedrink.

http://made-in-afrika.com/onsblog/ kambi.die.koedoe.koei.en.kalf.2.08.jpg (89755 bytes)

On het 'n baie bekwame (wild)veearts in Windhoek, Dr. Tubising, waar ek dan vitamindruppels vir die koeimelk gekoop het om vir die kalfie te voer. Hy beweer dat dit normaal is wanneer 'n wilde dier (soos in Kambi se geval) met 'n bottel grootgemaak word dat die moederinstinkte nie reg ontwikkel nie.

Kambi jaag die kalfie nie weg nie en lek hom selfs vernaam wanneer die kalfie bottel drink (miskien jaloers?) maar verder gaan sy haar gang.

http://made-in-afrika.com/onsblog/ kudu.kalf.hond..2.08.jpg (94737 bytes)

Ek is bloot bly dat die teef Jolly so lief vir die kalfie is. Die hond lê by die kalfie en lek hom skoon. Te oulik.

http://made-in-afrika.com/onsblog/ kudu.kalf.hond.versorg.2.08.jpg (93216 bytes)

Gestir oggend het die kalfie nat gereën. Ons het haar afgedroog en op die stoep gebring, maar sy het so gebewe dat sy nie kon drink nie. Ek het twee graansakkies wat mens in die mikro verhit warm gemaak en by die kalfie neergesit met 'n ekstra kombers bo-oor haar. Baie gou was die katte daar, natuurlik agter die warmte aan.
http://made-in-afrika.com/onsblog/ kudu.kalf.kat.2.08.jpg (105282 bytes)

Dit is 'n plesier om te sien hoe dat die huisdiere die kalfie versorg. 'n Mens kan hulle vir ure dophou.

Ek is besonder dankbaar dat die luiperd nie die kalfie verskeur het nie (ek is mos haar ma). Die gedagte is verskriklik.

Ek wil my vriendin Anke bedank vir die luzern wat sy onmiddelik gebring het sodat Kambi kan melk produseer. Baie gaaf van jou Anke.

Baie dankie ook aan almal vir ondersteuning en boodskappe.

Christina und Andreas

Liebe Grüße,

Christina

Friday, February 22, 2008

Kambi die koedoe koei van Namibia.    Kambi is 'n jong koedoe op die gasteplaas Elisenheim buite Windhoek. Soos duidelik gesien kan word op die fotos is Kambi die koedoekoei en haar katte baie goed versorg. Die mense van Elisenheim is bekend vir hulle groothartigheid teenoor mense en diere. Besoek die Elisenheim webwerf om meer van die plaas te sien.
Plaaskatte vorm dikwels 'n sterk band met 'n gekose perd waar hulle dan ook saamwoon in dieselfde stal. Dit is tot almal se voordeel daar die katte rotte, muise en selfs slange vang. Maar daar is seker nie 'n perd so gewild soos Kambi die koedoe nie. Heel moontlik omdat Kambi saam met die katte nuuskierig is en saamstaan om te weet wat die mense in hulle omgewing doen.

http://made-in-afrika.com/onsblog/Kambi koedoe en kat Mummel (14358 bytes)

Wie kan bedruk voel na 'n vroeg oggend groet deur hierdie twee. Daardie gevoelvolle kyk van die koedoe en die ondeunde kat gereed vir die uitdagings van 'n nuwe dag.

Soos Christine Werner skryf. "Wenn ich morgens meine Gardinen aufmache, gucken die Beiden meist schon ins Fenster, wollt' das nur mit euch teilen, süß, ne?!? " - rof vertaal - as ek in die oggend die gordyne ooptrek loer die twee reeds na binne. oulik nie ?

Foto bo: Kambi die koedoekoei en haar vriendjie Mummel die kat

Foto onder: Kambi met haar vriend Peet nog 'n kat.

http://made-in-afrika.com/onsblog/Kambi koedoe Peet kat (11754 bytes)

Kambi het 'n persoonlikheid wat almal gerus laat voel in haar teenwoordigheid. Sy het geen einde aan vriende nie. Katte, honde en mense, dag of nag, sy is nooit alleen nie.

http://made-in-afrika.com/onsblog/Kambi koedoekoei Teddy hond (11040 bytes)

Saturday, December 08, 2007

'n Aalwyntuin in potte. Daar is 'n hele paar voordele om in potte te plant -
klimaat,  waar spasie min is, binnenshuis, water spaar en nie die minste nie is eenvoudig as ornamente omdat dit mooi is. Hier is fotos van 'n paar potplante in potte of houers net om 'n idee te kry. Elke persoon sal iets aan die rangskikkings kan en wil verander, dit maak die tuine soveel interessanter.
Die moontlikheid dat dit nodig mag wees dat 'n rare plante geskuif moet word is daar en geen probleem nie.


Plaas altyd 'n klip in die drinkbak sodat klein diertjies nie daarin verdrink nie. Hierdie drinkbakkie is nie juis diep nie, die klip is meer 'n versiering, maar die heel klein goggas sal dit nuttig vind.



Die ontspanning en braai area vertoon vriendelik en rustig maar ook interessant. Die aalwyn in die hoë vierkantige pot is binne-in 'n ander kleiner pot geplant.  'n groot hoeveelheid grond om die wortels in 'n diep houer sal suur word en heel moontlik nie goed dreineer nie. Baie klippe met 'n klein bietjie grond (of geen grond) vir vinnige dreinasie is noodsaaklik.






Die verskillende potte en kleure kombineer baie mooi met die houdstomp en klip. Die groot kaal area is iets treffend.


Selfs die gewone vorm pot vertoon besonder goed deurdat dit nie die aandag aftrek van die plante in die rangskikking nie.



Eenvoudig, maklik, maar tog deftig.  Langs die visdam






Die aalwyn in die pot is Aloe hardyi 'n aalwyn wat natuurlik van kraanse afhang.
Hierdie aalwyn is goed geskik vir hangmandjies.    Die aalwynblare hang nie slap nie, dit is styf in daardie vorm. Die plant groei na onder maar stuur die blom na bo.

Saturday, September 29, 2007

sutherland van die grondpad se kant Daar was toe 'n geleentheid om by Sutherland te kom vir 'n photo. Ons wou Aloe broomii en Aloe claviflora in blom sien in die veld. Daarvoor is ons na die Nationale Park in Beaufortwes.
http://made-in-afrika.com/onsblog/uitsig.rivierloop211.jpg (362006 bytes)
Die Karoo landskap soos gesien vanaf 'n pad in die Nationale Natuurpark by Beaufortwes. http://made-in-afrika.com/onsblog/aloe.claviflora.jpg (48983 bytes)
Aloe claviflora. Hierdie aalwyn stoot die blom dwars uit. Die algemene naam is treffend, kanon-aalwyn.
http://made-in-afrika.com/onsblog/rotstuin.jpg (63355 bytes)
Aloe broomii op 'n rotstuin in die natuurpark by Beaufortwes.
http://made-in-afrika.com/onsblog/mutti.jpg (42970 bytes)
Aloe broomii is 'n waardige simbool vir 'n moeder. Hierdie gedenksteen was langs die pad wat afdraai vanaf die N1 na Fraserburg. Dit is in duits wat mens laat wonder of die moeder op toer was toe sy hier gesterf het.
Die bewoording is:
UNSERER LIEBER MUTTI EIN GEDENKEN + 12 - 12 - 1994
Direk vertaal - Aan ons liewe moedertjie 'n aandenking.

Ietwat ontstel dink ek daaraan dat my Moeder baie lief was vir haar aalwyne en dit is by haar waar ons belangstelling in aalwyne begin het.
Sy is ook nie meer met ons nie.
Met die huis toe ry het ons na Fraserburg en toe Williston gery en daarvandaan per grondpad na Sutherland. Ons kon eenvoudig weer die N1 tot Matjiesfontein geneem het, maar ons wou 'n ander deel van die Karoo sien.
http://made-in-afrika.com/onsblog/williston.jpg (262134 bytes)
Willistan lyk baie eensaam in die grote Bo-Karoo. Hier word dit sekerlik bloedig warm in die somer en vrek koud in die winter. Hierdie deel van die Karoo kry somer reën gevolglik is dit uiters droog nou (September).
So in die verbyry is dit opvallend dat op die plase in hierdie omgewing met skape geboer word. Ai, dit laat 'n mens se mond water vir bietjie braaivleis of 'n bordvol skaaprib-bredie.
http://made-in-afrika.com/onsblog/sutherland.vanaf.williston.jpg (115607 bytes)
Sutherland vanaf die grondpad in die teenoorgestelde kant as wat ons die vorige keer in gery het. Die veld is reeds besig om uit te droog na die winterreën. Daar is nog 'n paar dapper blommetjies tussen die graspolle.
Op 'n afstand lyk dit asof ons 'n eeu of twee terug is in tyd. Nogtans het elke huis sy TV, selfoon en sy kruis, al lyk dit so stil en rustig.
http://made-in-afrika.com/onsblog/sutherland.teleskoop.jpg (178004 bytes)
Die ou teleskoop. 'n Besoek aan Sutherland se sterrewag is sekerlik die droom van baie sterrekundiges en sterrekykers regoor die wêreld.
http://made-in-afrika.com/onsblog/papwiel.jpg (164333 bytes)
Ongelukkig het die slegte grondpad ons duur te staan gekom. 'n Band letterlik flenters gery. Rudi het omtrent gesukkel om die domkrag onder die kar in te kry. Die verflenterde band was heeltmal van die wiel af en oor die plek waar die domkrag moes kom. Met die gesukkel in die stof onder die kar kon mens nie sien waar die grondpad eindig en die man onder sy motorkar begin nie. Geluk was dat die motor glad nie enige hanteering probleem gegee het met net drie wiele teen 'n spoed op grondpad nie en Rudi is so trots op sy motor daaroor.
Einde goed - alles goed.

Saturday, August 18, 2007

sneeu van naby Die sneeu op die Hexrivierberge by Ceres en verder in die koue bokkeveld is pragtig. Vernaam as mens na die sneeu kan kyk en nie self by vriespunt is nie. Hierdie jaar het dit so erg gesneeu by Sutherland dat die paaie afgesny was. Dit is toe dat ons besluit om bietjie sneeuballe te gaan rondgooi. Ons het nog altyd die sneeu van ver bewonder omdat dit nie die moeite werd is om tot by ‘n berg te ry nie, mens sien die sneeu net so goed van ver, maar as die sneeu op die grond is dan wil ons bietjie gaan speel.
http://made-in-afrika.com/onsblog/snow.mountains.2_small.jpg (4104 bytes)
Die sneeu is indrukwekkend, maar ook onwerklik soos op 'n prentjie.
lilies.mesembs.jpg (36422 bytes)
Dit is nog bietjie vroeg om te gaan blomme kyk in die Kouebokkeveld en die Karoo, maar die eerste vygies en lelies is reeds daar en pragtig. Na die baie reën is daar geen stof nie, alles is helder en skoon. Die windjie is koud en verfrissend.
http://made-in-afrika.com/onsblog/vaal.karooland..jpg (45377 bytes)
Die liedjie "vaal ou karoo-o- land" kom outomaties in my gedagtes op. Die panne water en vuurpyle langs die pad, verander niks nie. Dit bly vaal en rustig.
http://made-in-afrika.com/onsblog/vuurpyle..jpg (120236 bytes)

http://made-in-afrika.com/onsblog/aloe.microstigma.mountains_small.jpg (15924 bytes)
'n Lekker verrassing! Aloe microstigma so na aan Sutherland, maar dit is entlik te verwagte. Hierdie aalwyn verdra die warm droë somers en snerpende koue nagte van die Karoo sonder om te kla. Die plante groei net teen die westelike hange waar die middagson die klippe warm maak en verhoed dat die aalwyne deur die nag vries. Die aalwyne groei in droë omstandighede so daar is ook nie veel water in die blare wat kan vries nie.
Aloe microstigma is baie goed aangepas by die karoo. ..en die aalwyn is ook soos die Karooland - vaalgroen met 'n pragtige blom.
http://made-in-afrika.com/onsblog/aloe.microstigma.plant.8.07.jpg (67550 bytes)
meer oor Aloe microstigma en ander aalwyne op hierdie webwerf
http://made-in-afrika.com/onsblog/sutherland.snow.notice.board.7.071_small.jpg (20179 bytes)
Eindelik sneeu. Die baie reën het ongelukkig ons sneeu wegespoel en gesmelt, maar dit was steeds 'n ervaring om "regte sneeu" te kan hanteer.
http://made-in-afrika.com/onsblog/sutherland.eurica.snow.07_small.jpg (28855 bytes)
Dit voel goed. As ons nie so haastig was nie het ek 'n sneeuvrou gebou.

Agterna besef ons dat dit nou regtig nie nodig was om 700 km in een dag af te lê nie. Daar is baie B&B plekke teen goeie pryse in Sutherland en ook op die plase. Ongelukkig is dit die katkinders by die huis wat die deurslag gee en ons aanjaag terug huistoe net om te sien dat hulle heeltemal tevrede is en ons nie sou mis tot die volgende dag nie.
ontmoet ons katte o.a. die American Curl.

Saturday, August 11, 2007

bietjie vrot en ryp elendes by die aalwyne
Die winterreën is hier met mening, na ons gewone lang warm droë somer is die gevaar van verrotting by die aalwyne weer daar. Die meeste aalwyne skrik nie so erg vir koue nie, maar wel vir die kombinasie van koue en water.
Volgens ons ondervinding sal aalwyne wat in 'n tuin groei van die somer reënval gebiede en dus nooit werklik droogde ondervind nie, nie sommer vrot wanneer dit baie reën in die winter nie. In ons tuin word daar egter baie min water gegee deur die somer omdat ons hoofsaaklik 'n vetplant (sukkulente) tuin het. Gevolglik gaan die aalwyne oor in 'n rustoestand wanneer dit te lank droog was teen die einde van die somer. Gelukkig begin ons reën in enkelle los buie, sodat die plante begin groei voor die groot reën kom. Dit gaan die meeste jare goed, maar sommige jare is daar 'n paar gevalle van vrot. Die een wat die meeste pla is wanneer die blomme afval en/of die blomstingels omknak. Ons stokperdjie is reeds die saad... sug
Dit was erg die afgelope twee jaar so hierdie jaar het Rudi vroeg begin om 'n swaelmengsel te spuit teen swamme. Die swael is nie giftig nie, maar dit het wel die nadeel dat dit aanhoudend (na reën of elke 4 weke) herhaal moet word omdat dit slegs op kontak die swamme en swamspore dood.
http://made-in-afrika.com/onsblog/toe.onder.blomme.jpg (64092 bytes)
Dit kos fynkyk om die aalwyn te sien tussen die daisies. Dit is moeilik om na die vaal somer die blomme uit te trek. Ek het wel so 'n klein spasie skoongemaak om die aalwyne.
http://made-in-afrika.com/onsblog/winter.blommetjies.jpg (62524 bytes)
Ryp en nat aalwyne gaan nie saam nie. In gebiede waar dit ryp (met of sonder reën) kan die skade minder wees as die plante nie vol water is nie. Dit is die water wat vries en skade veroorsaak. In alle koue dele van die land kan die skade minder wees deur die plante vir 2-3 maande voor die winter geen water te gee nie. Daar is min gebiede waar dit nodig is om meer water te gee as die natuurlike reënval, maar dit mag wees dat ander plante water nodig het. Probeer om die aalwyne droog te hou.
Bome, struike en klippe beskerm ook die aalwyne teen koue en 'n aalwyn leef baie lekker saam met bome. 'n Aalwyn is van die min plante wat selfs onder 'n bloekom geplant kan word.

Na ryp skade kan die pap dele uitgesny word. Behandel die oorlewende gedeelte teen swamme (fungus) en beskerm die plant op die een of ander manier teen verderre koue of nattigheid. Maak 'n teht of hal die plant versigtig uit en laat dit staan op 'n beskutte droë plek. Solank daar 'n stukkie stam oorleef kan die plant weer uitloop.
http://made-in-afrika.com/onsblog/aloe.microstigma.mountains_small.jpg (15924 bytes)
Aloe microstigma naby Sutherland, die RSA se koudste plek. Die aalwyne groei net teen die westelike hange in die middagson. Die klippe, droogte en bossies is hulle redding.
Hierdie raad is miskien 'n bietjie laat nou, die winter is amper verby, maar onthou volgende jaar.