Saturday, August 11, 2007

bietjie vrot en ryp elendes by die aalwyne
Die winterreën is hier met mening, na ons gewone lang warm droë somer is die gevaar van verrotting by die aalwyne weer daar. Die meeste aalwyne skrik nie so erg vir koue nie, maar wel vir die kombinasie van koue en water.
Volgens ons ondervinding sal aalwyne wat in 'n tuin groei van die somer reënval gebiede en dus nooit werklik droogde ondervind nie, nie sommer vrot wanneer dit baie reën in die winter nie. In ons tuin word daar egter baie min water gegee deur die somer omdat ons hoofsaaklik 'n vetplant (sukkulente) tuin het. Gevolglik gaan die aalwyne oor in 'n rustoestand wanneer dit te lank droog was teen die einde van die somer. Gelukkig begin ons reën in enkelle los buie, sodat die plante begin groei voor die groot reën kom. Dit gaan die meeste jare goed, maar sommige jare is daar 'n paar gevalle van vrot. Die een wat die meeste pla is wanneer die blomme afval en/of die blomstingels omknak. Ons stokperdjie is reeds die saad... sug
Dit was erg die afgelope twee jaar so hierdie jaar het Rudi vroeg begin om 'n swaelmengsel te spuit teen swamme. Die swael is nie giftig nie, maar dit het wel die nadeel dat dit aanhoudend (na reën of elke 4 weke) herhaal moet word omdat dit slegs op kontak die swamme en swamspore dood.
http://made-in-afrika.com/onsblog/toe.onder.blomme.jpg (64092 bytes)
Dit kos fynkyk om die aalwyn te sien tussen die daisies. Dit is moeilik om na die vaal somer die blomme uit te trek. Ek het wel so 'n klein spasie skoongemaak om die aalwyne.
http://made-in-afrika.com/onsblog/winter.blommetjies.jpg (62524 bytes)
Ryp en nat aalwyne gaan nie saam nie. In gebiede waar dit ryp (met of sonder reën) kan die skade minder wees as die plante nie vol water is nie. Dit is die water wat vries en skade veroorsaak. In alle koue dele van die land kan die skade minder wees deur die plante vir 2-3 maande voor die winter geen water te gee nie. Daar is min gebiede waar dit nodig is om meer water te gee as die natuurlike reënval, maar dit mag wees dat ander plante water nodig het. Probeer om die aalwyne droog te hou.
Bome, struike en klippe beskerm ook die aalwyne teen koue en 'n aalwyn leef baie lekker saam met bome. 'n Aalwyn is van die min plante wat selfs onder 'n bloekom geplant kan word.

Na ryp skade kan die pap dele uitgesny word. Behandel die oorlewende gedeelte teen swamme (fungus) en beskerm die plant op die een of ander manier teen verderre koue of nattigheid. Maak 'n teht of hal die plant versigtig uit en laat dit staan op 'n beskutte droë plek. Solank daar 'n stukkie stam oorleef kan die plant weer uitloop.
http://made-in-afrika.com/onsblog/aloe.microstigma.mountains_small.jpg (15924 bytes)
Aloe microstigma naby Sutherland, die RSA se koudste plek. Die aalwyne groei net teen die westelike hange in die middagson. Die klippe, droogte en bossies is hulle redding.
Hierdie raad is miskien 'n bietjie laat nou, die winter is amper verby, maar onthou volgende jaar.

No comments: