Sunday, June 10, 2007

Kom ons verlang saam 'n Groot aantal Suid-Afrikaanse ouers sal weet hoe dit voel om te verlang na kinders en kleinkinders oorsee. Dit maak nie saak in watter rigting hulle oor die see heen is nie, verlange is dieselfde.
Hierdie fotos is geneem toe ek vir my seun in Engeland gaan kuier het. Wanneer die verlange groot is, is dit makliker om daarna te kyk en te konsentreer op die positiewe kant en die  voordele wat hy geniet saam met ons skoondogter  en ons kleinkinders.











Die groen tonnel is 'n wandelpaadjie agter hulle huis. Dit is pragtig en wek dadelik herinneringe van feëverhaaltjies - maar nie vir lank nie. Die werklikheid sluip in as die besef kom dat dit ten minste veilig is waar hulle nou is om te gaan wandel in die donker tonnel. Hulle is nie alleen weg van die moorde in Suid Afrika nie, maar daar is ook 'n baie beter toekoms vir hom in sy werk. Ten minste het hy daardie geleentheid.
Kom ons vind uiteindelik troos in die blomme met mooi gedagtes aan hulle vir wie ons lief is. Of ons geliefdes ver of naby ons is, hulle is in ons harte.




































Moenie jou vriend vergeet nie; dit sal hom seermaak. Maak jou vyand daarmee seer. - Langenhoven

No comments: