Friday, June 08, 2007




Voëls dophou in die tuin is iets wat tot die kleinkinders geniet wanneer hulle kom kuier.Daar is voerbakke en waterdrinkbakke op strategiese plekke waar die voëltjies die katte kan sien. Die blomme van aalwyne en plakkies (links bo op die foto) is baie gewild by suikerbekkies en daarvan is daar oorgenoeg in die aalwyntuin.
Bome soos die vyeboom, bessies en blomme vir nektar is nodig om suikerbekkies en die vrugte eetende voëltjies te onthaal. Die behoeftes van die saadeters is redelik maklik bevredig deur voëltjiekos te koop en in 'n groot bak of skinkbord te gooi, maar dit is baie interessanter om ook vir die saadeters tuin te maak. Ons het 'n klein wildernis in die een hoekie van die tuin. Dit is 'n plesier om die voëls dop te hou terwyl hulle hang en swaai aan die grashalms terwyl hulle eet.
Begin die wildegrashoekie deur van die voëltjiesaad en ander grassaad te saai. Wilde saad waai spoedig daarby in. Verwyder onkruid en los alle grasse, koring, hawer en ander graansoorte. Met die tyd sal daar 'n groot verskeidenheid grasse groei en 'n paar veldmuise mag dalk ook intrek (regte veldmuisie gaan nie in die huis in nie).

No comments: