Sunday, June 10, 2007

Die kokerboom (Aloe dichotoma) vertoon pragtig in die natuur.
Met die klem op waterspaar en die populêriteit wat aalwyne nou kry, is daar baie tuiniers wat hierdie aalwyn in die tuin wil plant. Dit is nie buite bereik nie, mits daar net aan 'n paar vereistes voldoen word.




Die Kokerboom op die foto hierbo staan in 'n tuin met 'n groen grasperk. Hierdie foto is geneem in Windhoek, dit is dus geen prestasie dat die aalwyn so lekker groei nie.
Nogtans let op die volgende punte; Die kokerboom hou nie van 'n nat tuin vol plante nie; die grasperk word net bolangs natgemaak die wortels van die kokerboom is droog; daar is baie lug sirkulasie om die kokerboom; die boom groei op 'n helling met klippe en rotste onder die grond vir dreinering, en dit help as die lug droog is (alhoewel dit is nie noodsaaklik dat die kllimaat uiters droog moet wees nie).

Nou vir die kokerboom. Aloe dichotoma groei klaarblyklik makliker in Kaapstad, as in die droë Klein Karoo. Ons het deur die inligting gesif en tot die slotsom gekom dat die hoofsaak by die kokerboom is dreinasie. Grawe 'n diep gat, en vul dit met klippe (sluit in dolomiet en kalksteen), growwe sand en 'n bietjie ou kraalmis. - Dit is verbasend hoeveel al die aalwyne van ou kraalmis hou. Plant die aalwyn bo-op sodat die stam bokant grondhoogte is. Moenie die aalwyn natmaak
nie, die reën is oorals in die land genoeg vir hierdie aalwyn.
Let op die Aloe marlothii tussen die twee kokerbome. Dit is 'n geharde aalwyn pragtig in 'n groot tuin, maar ook 'n bietjies te swaar in 'n klein tuin. Hier groei dit ewe pragtig in die winter reënval streek.
Die nonnie-kokerboom Aloe ramosissiema is met een woord oulik in die tuin. Dit vertak wanneer dit nog baie klein is en lyk soos 'n bonsai kokerboom. Ons vind dat Aloe ramosissima ongelukkig moeiliker is as die Aloe dichotoma in die tuin. Die boompie in die foto hieronder is net oor een meter hoog en reeds 5 jaar oud. Die kruising van die twee bome, Aloe dichotoma en Aloe ramosissima is makliker as enige van die twee en groei vinniger. Op die foto bo, die boom regs is 'n kruising.
Aloe ramosissima groei baie goed in potte waar die hoeveelheid water gereguleer kan word.

2 comments:

Anonymous said...

Hallo!
Toevallig op jou blog afgekom in my soeke na meer inligting oor 'n aalwyn! Ek woon die afgelope jaar in Angola, en nadat al my pogings om 'n fraai "fyntuintjie" hier te begin, gefaal het, het ek besluit om goed te plant wat reeds hier groei. Dit help nie om te skop teen die prikkels nie! Sal weer kom inloer, jou blog is baie interessant.
Groete

ericat said...

In Angola! fantasties. Ons wil baie graag met jou kontak maak. Kan ons saad ruil? Jammer dat daar geen adres is om jou te kontak nie. Jy sal my epos adres kry op my webwerf webwerf
Ons hoop jy kom weer hierlangs.