Die aalwyn plante kan nie selfbestuif nie.
Die plante mag wel van saad gekweek wees van dieselfde plant.
Nie die stiggies nie, want 'n stiggie is steeds 'n deel van
daardie plant.
Aloe barbadensis is 'n goeie voorbeeld waar bestuiwing
bestuiwing baie moeilik is. Hierdie aalwyn gaan mal aan met
stiggies maak en so word die stiggies gekweek vermeerder
en weer gekweek, dat ek (in die Weskaap) nie eers
A.barbadensis van Namibia af kan bestuif nie heel moontlik omdat
dit stiggies is van dieselfde plant. Daar was niks verkeerd met die
plante as sulks nie want ek het wel suksesvolle saad van 'n kruising
met A. gerstnerii op dieselfde plant.

Kruisings soos op die foto is 'n baie interessante uitdaging.
Daar is 'n moontlikheid dat die gene van die twee plante nie
bymekaar pas nie, maar dit is die moeite werd om
te probeer. Vir meer fotos van aalwynkruisings
http://succulentplants.net/afrikaans.aalwyne/aalwyn.kruisings.htm
Let op die lengte van die stempel - 'n lang stempel aalwyn
kan 'n kort stempel aalwyn bestuif maar nie andersom nie.
Sommige ge-oefende kwekers los die
probleem van selfbestuiwing op wanneer hulle 'n enkel
eksemplaar het,deur eers stuifmeel van 'n kort stempel op
te sit wat dan die stempel stimuleer maar nie ver genoeg
kan afgroei nie en daarna sit hulle dieselfde plant se
stuifmeel op wat die stempel bestuif.
Normaalweg - soos reeds genoem - bestuif die stuifmeel
van dieselfde plant nie die plant nie. Ek het geen
ondervinding of hierdie raad werklik werk nie.
Daar is natuurlik baie ander redes waar die gene eenvoudig
nie klop nie. Ek sien by sommige kruisings dat daar bv. nooit
stuifmeel is nie. Dit is 'n opvallende maar nie doodlike fout nie,
maar mens besef dat daar baie ander onopsigtelike foute
kan wees wat veroorsaak dat sommige kruisings nie werk nie.
Daar is aalwyne wat amper alles kan bestuif soos
Aloe arborescens en Aloe marlothii en netso is daar
uiters moeilike aalwyne ook. Kruisings afkomstig
van moeilike aalwyne is op hulle beurt ook moeilik.
Daarom kruis die kweekers eers met Aloe arborescens
om daardie eienskap bietjie makliker te maak en
nog 'n voordeel is Aloe arborescens groei vinnig en
het 'n goeie blom.
Daar is allerhande boererate wanneer 'n plant nie
saad maak nie, soos 'laat die plant swaar krÿ' en so
aan. Belangrik is dat 'n ander plant wat nie 'n
kloon(stiggie) van dieselfde plant is nie gebruik moet
word. Die plante mag wel van saad gekweek wees
van dieselfde plant en bestuif deur diesefde plant.

3 comments:
Hallo Erica,
Hoe is het met je?
Mooie planten zie ik hier staan.Mooie kleuren ook.
Het zal nu wel weer erg droog zijn daar bij jullie, of niet??
Lieve groetjes van Thea
Hallo Thea bly om jou te sien. Ek was lank bietjie lui om te blog. Nou is ons winter en reëntyd. Die Weskaap en Kaapstad het die middelandse-see klimaat. Kaapstad kry wel 'n paar buie reën in die somer ook. Alles is nou aan die blom hier en ek werk hard om die werk van die bye te doen met bestuiwing. Wens ek kan die bye leer om nie kruis en dwars te bestuif nie nou moet ek die blomme toemaak en self die bestuiwing doen.
liefde groete van hier
Eurica
Idd als je geen kruisbestuiving wilt hebben...zul je zelf voor bijtje moeten spelen!!
Ik begrijp het!
Dus het is winter bij jou??
Hier is het nu zomer, maar we hadden een hittegolf en nu is het weer koud en veel regen!!
Groetjes van Thea
Post a Comment