Die kokerboom (Aloe dichotoma) vertoon pragtig in die natuur.
Met die klem op waterspaar en die populêriteit wat aalwyne nou kry, is daar baie tuiniers wat hierdie aalwyn in die tuin wil plant. Dit is nie buite bereik nie, mits daar net aan 'n paar vereistes voldoen word.
Die Kokerboom op die foto hierbo staan in 'n tuin met 'n groen grasperk. Hierdie foto is geneem in Windhoek, dit is dus geen prestasie dat die aalwyn so lekker groei nie.
Nogtans let op die volgende punte; Die kokerboom hou nie van 'n nat tuin vol plante nie; die grasperk word net bolangs natgemaak die wortels van die kokerboom is droog; daar is baie lug sirkulasie om die kokerboom; die boom groei op 'n helling met klippe en rotste onder die grond vir dreinering, en dit help as die lug droog is (alhoewel dit is nie noodsaaklik dat die kllimaat uiters droog moet wees nie).
Nou vir die kokerboom. Aloe dichotoma groei klaarblyklik makliker in Kaapstad, as in die droë Klein Karoo. Ons het deur die inligting gesif en tot die slotsom gekom dat die hoofsaak by die kokerboom is dreinasie. Grawe 'n diep gat, en vul dit met klippe (sluit in dolomiet en kalksteen), growwe sand en 'n bietjie ou kraalmis. - Dit is verbasend hoeveel al die aalwyne van ou kraalmis hou. Plant die aalwyn bo-op sodat die stam bokant grondhoogte is. Moenie die aalwyn natmaak
nie, die reën is oorals in die land genoeg vir hierdie aalwyn.
Let op die Aloe marlothii tussen die twee kokerbome. Dit is 'n geharde aalwyn pragtig in 'n groot tuin, maar ook 'n bietjies te swaar in 'n klein tuin. Hier groei dit ewe pragtig in die winter reënval streek.
Die nonnie-kokerboom Aloe ramosissiema is met een woord oulik in die tuin. Dit vertak wanneer dit nog baie klein is en lyk soos 'n bonsai kokerboom. Ons vind dat Aloe ramosissima ongelukkig moeiliker is as die Aloe dichotoma in die tuin. Die boompie in die foto hieronder is net oor een meter hoog en reeds 5 jaar oud. Die kruising van die twee bome, Aloe dichotoma en Aloe ramosissima is makliker as enige van die twee en groei vinniger. Op die foto bo, die boom regs is 'n kruising.
Aloe ramosissima groei baie goed in potte waar die hoeveelheid water gereguleer kan word.
Sunday, June 10, 2007
Kom ons verlang saam 'n Groot aantal Suid-Afrikaanse ouers sal weet hoe dit voel om te verlang na kinders en kleinkinders oorsee. Dit maak nie saak in watter rigting hulle oor die see heen is nie, verlange is dieselfde.
Hierdie fotos is geneem toe ek vir my seun in Engeland gaan kuier het. Wanneer die verlange groot is, is dit makliker om daarna te kyk en te konsentreer op die positiewe kant en die voordele wat hy geniet saam met ons skoondogter en ons kleinkinders.

Die groen tonnel is 'n wandelpaadjie agter hulle huis. Dit is pragtig en wek dadelik herinneringe van feëverhaaltjies - maar nie vir lank nie. Die werklikheid sluip in as die besef kom dat dit ten minste veilig is waar hulle nou is om te gaan wandel in die donker tonnel. Hulle is nie alleen weg van die moorde in Suid Afrika nie, maar daar is ook 'n baie beter toekoms vir hom in sy werk. Ten minste het hy daardie geleentheid.
Kom ons vind uiteindelik troos in die blomme met mooi gedagtes aan hulle vir wie ons lief is. Of ons geliefdes ver of naby ons is, hulle is in ons harte.

Moenie jou vriend vergeet nie; dit sal hom seermaak. Maak jou vyand daarmee seer. - Langenhoven
Labels:
engeland,
groen tonnel,
kinders oorsee,
straatblomme engeland,
verlang
peste en elendes by die aalwyne
Peste en siektes kom voor by aalwyne net soos by enige ander plante. As die behandeling vroeg gedoen word is die werk asook die skade min. Ons het begin met seep en ander "vriendelike" rate, maar in 'n groot tuin met baie aalwyne waarvan die meeste vir ons waardevol is, het ons besluit om nie meer mooi te praat met die peste nie. Ons gebruik sisteemgif net op aalwynkanker en beperk die poeiergif tot die aalwyne wat nie in blom is nie, of dan net heel onder die plant om so min moontlik skade aan bye te doen.
Die grootste pes is miere saam met hulle maats die plantluise. Hulle kan 'n groot kokerboom laat vrek voordat enige teken gesien word. Die miere dra die luise tussen die blaar en die stam in, waar die stam beskadig word en dit vrot. Hulle rangskik ook die luise baie netjies waar die boonste en onderste blare van 'n aalwyn oorvleuel. Onsigbaar van bo en van onder. Dan die gemeenste truuk van alles is wanneer hulle by kleiner aalwyne die grond ophoop langs die stam om die luise weg te steek. Hulle is slim ! maar ons is slimmer, hopenlik.
Hou fyn dop na reën of as die aalwyne natgemaak word. As daar een mier loop, stel ondersoek in. Hou die grond langs die stamme skoon en plat, sodat enige hopies gesien kan word. Die stuifpoeier op die mark wat kloorpirifos bevat is baie goed. Skud 'n klompie poeier in die kroon van al die aalwyne so een keer per maand. Dit hou miere weg en ook die snuitkewers wat eiers in die kroon lê. Die snuitkewerlarwes vreet deur die kroon tot in die stam en die kanse is baie groot dat die aalwyn sal vrot. Wanneer dit gebeur maak die kroon skoon en behandel met 'n antifungus middel. Laat dit droog word en verseel die wond met die verseler vir bome. Die aalwyn sal heel waarskynlik meer as een nuwe kroon op die wond vorm.
Rudi het 'n handige poeierstuifbottel gemaak. Die bottel is 'n houer van 'n algemene toiletskoonmaker en die buisie kom uit 'n insekgif blikkie. Stoot die buisie 'n entjie in die bottel in, dit pas presies. Maak 'n gat vir die buisie deur die deksel. Gooi 'n klippie saam met die gifpoeier in die houer dit help met die skud. Gee 'n skud en druk die houer terwyl die houer omgetip word met die buisie na onder. 'n Wolk gif spuit tot in die skrefies onder die blare in. Dit is makliker om te doen as om te verduidelik.

Plantgifpoeier in die kroon van die aalwyn werk ook baie goed op 'n groter soort plantluis wat seld gesien word omdat dit vinnig beweeg en onder die plant tussen los blare wegkruip om hoofsaaklik in die nag aan die sagte nuwe groei te suig. Die grootste skade is die wonde wat dan aangeval word deur swamme en lelike vlekke veroorsaak. Fyn spikkels sal sigbaar wees op die nuwe groei. Dit is net nodig om poeiergif te gooi nadat dit gereën het of so een maal 'n maand wanneer dit nie reën nie.

Skud die bottel en tip dit onderstebo terwyl dit gedruk word. Dit maak 'n groot poeierwolk wat baie handig is op enige plantluise. Ook die wit dopluis. Water loop van die luise af, maar die poeier klou. Foto hierbo. Hierdie luise is reeds bespuit en hulle is besig om te vrek. Die doppe kan met 'n sagte borsel verwyder word. Alternatief - die luise suig met 'n lang tong. As hulle afgevee word breek die tong af en die luis vrek. Dit sou baie maklik gewees het en ook sonder die nadele van gif maar my ondervinding is dat die dorings van aalwyne kortwiek die afvee metode.

Die lelikste pes is aalwynkanker wat veroorsaak word deur 'n miet. Sny die vergroeide gedeelte sover moontlik uit en verf die wond met formalien. Gebruik 'n klein waterverf kwassie en maak die gif sterk aan. Moenie hierdie sterk mengsel oorals op die aalwyn laat drup nie want die aalwyn sal vrek op daardie kolle en dit is ook giftig oor die algemeen. Die gedeelte waar die miet is kan gerus vrek. Ongelukkig werk 'n sisteemgif teen insekte nie op die miet nie want die miet is verwant aan spinnekoppe en is nie insekte nie.
Dit is nou sover dit die peste aangaan. 'n Bietjie gifpoeier en die verfwerk teen miet. Bly op die uitkyk vir miere en die ergste is onder beheer. Dit was die algemene peste. Hierdie blog raak lank die elendes is vir die volgende blog.

aalwyne,
aalwynkanker,
gifpoeier,
miere,
miet,
peste,
plantluise,
poeierstuifbottel,
wit dopluis
Friday, June 08, 2007

Voëls dophou in die tuin is iets wat tot die kleinkinders geniet wanneer hulle kom kuier.Daar is voerbakke en waterdrinkbakke op strategiese plekke waar die voëltjies die katte kan sien. Die blomme van aalwyne en plakkies (links bo op die foto) is baie gewild by suikerbekkies en daarvan is daar oorgenoeg in die aalwyntuin.
Bome soos die vyeboom, bessies en blomme vir nektar is nodig om suikerbekkies en die vrugte eetende voëltjies te onthaal. Die behoeftes van die saadeters is redelik maklik bevredig deur voëltjiekos te koop en in 'n groot bak of skinkbord te gooi, maar dit is baie interessanter om ook vir die saadeters tuin te maak. Ons het 'n klein wildernis in die een hoekie van die tuin. Dit is 'n plesier om die voëls dop te hou terwyl hulle hang en swaai aan die grashalms terwyl hulle eet.
Begin die wildegrashoekie deur van die voëltjiesaad en ander grassaad te saai. Wilde saad waai spoedig daarby in. Verwyder onkruid en los alle grasse, koring, hawer en ander graansoorte. Met die tyd sal daar 'n groot verskeidenheid grasse groei en 'n paar veldmuise mag dalk ook intrek (regte veldmuisie gaan nie in die huis in nie).
Labels:
aalwyne,
afrikaans,
lok voels,
plakkies,
tuin voels,
voels,
wildegrashoekie tuin
Die versamelvoëltjies bly altyd in 'n swerm, of hulle nou eet, drink of broei.
Hierdie foto het hoofsaaklik sentimentele waarde. Daar is seker min so mooi soos 'n Kameeldoringboom nie. As hierdie boom nog versier is met die groot nes van die versamelvoëls voel mens klein.
Uithou en aanhou in die moeilkste omstandighede.

Tuesday, April 17, 2007
Die spinnekop met die mombakkies wat in nagmerries voorkom
Die spinnekop met die mombakkies wat in nagmerries voorkom.
Die Solifugidae spinnekoppe, hier bekend as haarskeerder of roman, kom wyd versprei voor.Vanaf Suid Afrika deur Afrika, Asië en Europa.
Ten spyte van die wye verspreiding sien mens hulle min omdat hulle net in die nag uitkom en dan skuil hulle sover moontlik omdat hulle geen gif het nie en dus taamlik blootgestel is aan hulle vyande. Die tekortkoming om sonder gif te wees word uitgebalanseer deur spoed en twee sterk kake om die prooi vas te vang. Die lang hare is sensitief vir trillings en om te voel waar hulle is, ook die twee lang voelers voorentoe is sterk ontwikkel. Hulle moet vinnig reageer op enigiets wat om hulle gebeur.
Ek het 'n klompie sywurm-eiers persent gekry en het besluit om 'n paar hartjies te laat spin vir geskenkies en ook om die kleinders te laat ondervind wat ons so lank gelede so geniet het.
Die meeste wurms het reeds gespin en gepapie, toe ek laatnag iets hoor ritsel by my rekenaar-lesenaar en vaskyk in 'n groot haarskeerder. Ons is heel op ons gemak sover dit goggas en spinnekoppe aanbetref. Ons sal eerder hardloop vir 'n kamera as iets om die diertjies mee dood te maak, maar die haarskeerder laat mens voete oplig en bo-op die stoel sit. Hulle hardloop vir skuiling en as jy in die middel van die kamer staan is jy skuiling. Daardie nag het ons vier verskillende groottes getel, so daar was ten minste vier. Na die eerste twee aande het ek my nie meer aan hulle gesteur nie en na so twee weke het ons die spinnekoppe nie weer gesien nie. Ek het oorspronklik gedink hulle was aangelok deur die sywurms, maar dit was baie langer as twee weke voordat al die sywurms, papies, motte en eiers afgehandel was.
As hulle iets geëet het was dit min.
Na hierdie kennismakings voel ek nie meer so skrikkerig vir hierdie onskadelike spinnekoppe nie. Altans so dink ek. Daardie gesig kan nie mooi wees vir geen mens nie en as een onverwags sy kop langs die rekenaar uitsteek dan skrik mens erger as wanneer iemand met 'n mombakkies agter 'n deur uitspring.

haarskeerder,
mombakkies,
roman,
Solifugidae,
spinnekoppe
Thursday, November 16, 2006
Spitzkoppe se blink klippies
Spitzkoppe se blink klippies. 'n Rykdom van kristalle, edelstene, rare plante, onbekende insekte, diere, sprokies, bygelowe, moord en avontuur. Dit is geen wonder dat daar 'n spesiale aura om hierdie berge is nie. Bewonder die Spitskoppe berge liewer op 'n afstand tensy jy baie betroubare kontakte het om nader te gaan

Die Spitzkoppe is pragtig op 'n foto en word dikwels geskilder.

Die koppies net voor die Spitzkoppe aan die weskus se kant op pad terug na Windhoek. Die poort na 'n geologiese wonderland van kristalle en edelstene in die oorspronklike Damara gebied. Die werklike gebied waar die kristalle is, kan net bereik word deur 'n vierwiel motor of 'n donkiekar/perdekar.
Die inwoners ken die klippe en kristalle. Nie net die volksname nie maar ook die wetenskaplike benaming wat nodig is vir die verkoop van die klippe by hulle informele stalletjies langs die paaie en daar word natuurlik ook gehandel met die winkels.
Let wel. Die minerale is die wettige eiendom van die eienaars van die gebied - dit "lê nie rond vir optel en vat nie" .

By die stalletjies is soveel om deur te kyk, dit is baie moeilik om die versoeking te weerstaan en ek vorder nie ver voordat my hande vol is nie. My beursie was ook al te vinnig leeg. Vir my is die kristalle enige tyd mooier as 'n geslypte edelsteen.
Hierdie is net 'n paar van die stalletjies. Die kristalle is beduidend goedkoper as in enige van die winkels in Nambië wat die kristalle, edelstene en semi-edelstene verkoop.

Sunday, November 12, 2006
Die soutpad en Aloe asperifolia die woestynaalwyn.
Die plan is, Windhoek na Karibib met 'n besoek aan Usakos en dan die kortpad grondpad uitdraai na Hentiesbaai, kusaf met die soutpad tot by Swakopmund en Walvisbaai.
Die vinnige trippie met die soutpad is spesiaal om die woestynaalwyn Aloe asperifolia te sien en natuurlik 'n paar fotos te neem. Entlik is dit die eerste rede. Ons stel ook belang in die pragtige kristalle van die Spitzkoppe. Vir nou gaan ons eers vir die aalwyne.
Die soutpad is iets baie spesiaal - Die pad is werklik gemaak van sout uit die vele soutpanne wat voorkom aan die weskus van Namibië. Die gips wat voorkom in die soutmengsel van die panne, verbind met die sand en die sout trek water uit die mis-weer wat die mengsel klam hou sodat dit nie 'n droë kors vorm nie. Die soutpad ry enige tyd net so lekker soos teerpad. Dit is baie goedkoop om te bou maar die vangplek is dat dit nie mag uitdroog of natreën nie.

Karibib die strate is ongelooflik stil. Skynbaar is die enigste beweging by die paar winkels in die hoofweg, die dwarstraat waar ek staan om die foto te neem. Merkwaardig is hoe skoon die dorpie is, geen rommel te sien nie.

By Usakos is dit warm en droog. die foto hierbo is geneem in die ou begrafplaas van Usakos. Ons het verwag om die Aloe hereroensis in blom te sien, maar soos dit blyk was die reën nie genoeg nie. Daar is 'n effe groenigheid in die middel van die aalwynrosette en dit sal hierdie aalwyne hou tot die volgende reën teen die einde van 2006, net so twee tot vier maande om te wag - as dit 'n goeie reënjaar sal wees.

Net verby Usakos het ons afgedraai en die grondpad gevat deur die woestyn tot by Hentiesbaai. Sulke gras het die woestynbewoners vir 100 jaar nie gesien nie.

Die pad tussen Swakopmund en Walvisbaai. Pragtige sandduine.
Foto onder:- 'n Kraan is besig om 'n gestrande vissersboot uit te trek.

'n Paar eeue gelede sou dit seker 'n groot teleurstelling gewees het om hier te strand. Niks behalwe sandduine in sig, maar dit is darem nie heeltemal so erg nie, dit is net in paar kilometers tot by die monding van die Swakoprivier. Al lyk die rivier soos 'n droë sand sloot sal daar wel water onder die sand in die rivierloop wees. Die hitte langs die see met die koue seestrome, is nie naastenby so warm soos die temperatuur van die woestyn in die binneland nie.

Aloe asperifolia die Namib aalwyn. Die dowwe kleur van die plante pas aan by die dorre habitat waarin hulle groei.
Die blomtyd vir hierdie groep Aloe asperifolia was reeds verby. 'n Enkelle laat blomsteel wat skuins dwars uitsteek is wel ietwat yler as normaal, maar dit is tipies hoe hierdie aalwyn blom.

Een van die bome wat aangepas is om in die woestyn te oorleef. Die hoogste punt van die takke is nie meer as 40 cm nie. Onder die grond is 'n groot sappige stam
Labels:
Aloe asperifolia,
karibib,
Namibie,
soutpad,
swakopmund,
usakos
Friday, November 10, 2006
aalwyn en bobbejaan om windhoek
'n Aalwyn en bobbejaan, 'n kykie in Windhoek
Windhoek is netjies en rustig geleë tussen berge - klein vir 'n stad, vernaam waar dit 'n hoofstad is. Wilde diere soos koedoe(kudu), jakkalse, stokstertmeerkat en 'n groot verskeidenheid koggelmanders en akkedisse kan in die stad en die heuwels gesien word, vernaam ten tye van droogtes. Voëls en insekte is in 'n groot verskeidenheid te sien.

Die aalwyn Aloe littoralis op die foto is Windhoek se wapen embleem. Hierdie aalwyn groei maklik 3 meter hoog, gelukkig blom dit op 'n jong ouderdom lank voordat daardie hoogte bereik word. Aloe littoralis het geen probleem met die ryp wat elke jaar voorkom in die gebied nie. Blomtyd is vroeg in die winter voordat dit begin ryp. Die blomstingels vorm 'n kandelaar.

Foto links is Windhoek in die winter. Die kwik daal heel dikwels onder vriespunt en selfs tot soveel as -6 grade Celsius, maar sodra die son opkom styg die kwik vinnig na n' lekker dag.
Aloe littoralis is ook aangepas by die winters en blom vroeg in die winter voordat die blomme kan vries.
Kambi die koedoe op die gasteplaas Elisenheim net buite Windhoek
kambi se blog

Die bobbejane is wel oulik om na te kyk, maar nie as hulle op 'n rooftog om kos te vind in die buurt is nie. 'n Bobbejaan het gevaarlike tande en hulle is rats en sterk.

Hulle sal selfs 'n man kan doodmaak en is 'n groot gevaar vir kinders en ook vir honde. Die foto is geneem van 'n groot mannetjie. Hy het gekom om die lekker ryp papaja in die tuin te oes. Ons wou hom nie ontstel nie en het die foto deur die venster geneem. Dit lyk nou asof die bobbejaan agter tralies is, maar in werklikheid was dit ons wat vasgevang is agter die tralies in die huis.

Die geitjie (gecko) is te oulik. Hulle tone is aangepas om te kan klou (vassuig) sodat hulle op die plafon met gerief kan hardloop. Die pootjies voel sooos fluweel as hy op jou hand sit. Op die mat dink hierdie een dat hy op boombas is en onsigbaar sal wees as hy stilsit. Dit is ongelukkig maklik om hom nie te sien nie en dan op hom te trap. Nou is die reël dat enige geitjie op die mat word buite gesit. As hy slim raak en op die muur of plafon bly kan hy intrek.

Sunday, November 05, 2006
hou die sonkant bo
Ons pak die rit in die land van sonskyn aan, vanaf Noordoewer in die suide.
Die helder groen skakerings na die buitengewone reën vroeg in die jaar 2006 het nou weer verkleur na die sagte pastelkleurige skakerings wat so mooi is van Namibie.
Namibie het net twee seisoene - somer en winter. Dit is nou September maand, wat veronderstel is om lente te wees, maar hier is dit die begin van 'n heerlike lang somer. Die droë warm somers is nie so drukkend soos die vogtige hitte van somers in tropiese gebiede nie, maar die temperature in die son is gevaarlik.
Die suidelike semi-woestyn van Namibie is die habitat van Aloe dichotoma, die kokerboom.
Dit was 'n aangename ontdekking om op hierdie jong kokerboom af te kom. Min saad ontkiem in hierdie droe gebied en nog minder van die plantjies haal hierdie grootte. Die feit dat daar mense is wat die jong boompies onwettig uithaal is tragies, vernaam omdat die boompies selde aanpas en vrek buite hulle gebied. Ons het saad van Aloe dichotoma gesaai. Hulle groei maklik van saad as die drang om water te gee beheer word en is dan reeds aangepas vir die tuin.
Die afstande tussen dorpies is groot. Vanaf die grens by Noordoewer aan die Oranjerivier tot by Gruenau is 120 km; dan 147 km tot Keetmanshoop; 220 km tot by Mariental; 174 km na Rehoboth en 87 km tot Windhoek waar ons 'n paar dae vertoef.
Hierdie kokerbome met malvas en die baie oulike hoekie met petunias groei in die tuin van 'n petrolstasie met Bed&ontbyt geriewe, naby Gruenau. Oorkant die pad is daar 'n ry informele stalletjies gemik op die toeriste. Met die groot afstande tussen dorpe ry min toeriste verby 'n petrolstasie, vernaam hierdie een wat baie vrolik lyk in hierdie warm gebied.

Die informele stalletjies is skoon en skep 'n goeie indruk. Die droë heuwels in die agtergrond maak 'n mooi foto en waarsku dat dit erg warm is in die somer.
Let op die foto onder regs, dit is vroeg in die oggend geneem en die eienaar het alreeds koelte gesoek.

Die olifant is omtrent realisties. Ek hoop net dat die hout wat gebruik is om die beelde te kerf en die hoop hout wat te koop aangebied word, van dooie bome afkomstig is. Dit kos baie jare swaarkry vir 'n boom om so groot te groei in Namibia. Dan moet mens ook bylas, daar is sekerlik ook baie werk in hierdie beelde en potte.
Daar is min plantegroei in die droë gebiede van Namibië sodat alle plante in die suide gesien moet word as raar en daar is 'n paar aalwyn soorte wat skaarser as die gewone "skaars" is.
Aloe pachygaster groei in uiters moeilike omstandighede by Aus in die suide van Namibia. Droog en baie koue winters. Dit is die koudste deel van Namibie. Ons het nie tyd gehad om vir Aloe pachygaster te gaan soek nie, gelukkig kon ek mooi fotos neem van Aloe pachygaster in Windhoek se Botaniesetuin.

Fotos van Aloe hereroensis in hulle habitat toe alle plante grasgroen was in die begin van die jaar in die oorvloed reën en Aloe hereroensis in blom September.
Verskoon die herhaling, dit is moeilik om op te hou praat van die reën in Namibië

Aloe hereroensis kom voor oor 'n wye gebied in Namibië. Die fotos onder is geneem in die ou begrafplaas van Usakos. Ons het verwag dat die aalwyne daar ook in blom sal wees maar blykbaar was die reën hier nie genoeg nie.
Dit was 'n vinnige toer deur die suide van Namibia tot by Windhoek. Met fotos van 'n aalwyn of twee. Daar was nie tyd vir die rare aalwyne soek nie, maar gelukkig kan mens die natuurskoon nie miskyk nie.

Subscribe to:
Posts (Atom)