Sunday, November 16, 2008

'n Klipperige tuin, kliptuin of rotstuin wat ookal dit genoem word daar is al hoe meer tuine waar die grasperk vervang is met gruis of klippies wat die hele voorkoms van die tuin verander. In teenstelling met die groen grasperk kan die verskillende tekstuur, grootte, kleur en vorm van die klippe elke tuin uniek maak. Die klem op die spaar van water is waarskynlik die inspirasie tot hierdie nuwe interessante tuinontwerp.
'n Stap verder is om die hele tuin in 'n kliptuin te verander.


Die fyn plantjies tussen die klippe is nie sigbaar op 'n afstand nie maar dit is opwindend om hulle tydens 'n wandeling deur die tuin te ontdek.
Dit is die beste om dolomietgruis te gebruik vir die plante en ook vir die neutrale agtergrond. Heelwat spesies van die fyner vetplantjies in die natuur groei tussen spierwit kwartsgruis en na my mening sou 'n laag wit kwartsklippies om die groot klippe op die voorgrond hierdie kliptuin ophelder.

Met dieselfde voorraad kan hierdie tuine se voorkoms #keer verskillend wees.

7 comments:

Muriel said...

Eurica dis pragtig! Boendoe gaan mal wees hieroor!

Groete

Anonymous said...

Hallo Eurica,

Dit is inderdaad heel iets anders dan een grasveld. Ziet er veel natuurlijker uit.
Hoe is het bij jou, alles goed???
Druk ???
Bij ons gaat alles goed, in Maart krijgen we er weer een kleinkind bij. Na 3 kleinzoons, krijgen we nu een kleindochter!!! Dat lijkt mij heel leuk!!

Heel veel lieve groetjes van Thea

Anonymous said...

Dat klinkt niet goed Erica!
Verwen hem maar een beetje, en wens hem veel beterschap van mij.

Liefs van Thea

Anonymous said...

Hallo Erica, hoe gaat het intussen met je man ? Hopelijk ishij weer opgeknapt na die val.
En met jou ?? Ook alles goed??
Bij ons gaat alles zijn gangetje, het is intussen winter geworden. Lekker koud!
En bij jullie is het leeker weer, of nog steeds te warm en droog??
Word er bij jullie Kerstmis gevierd??
Lieve groeten van Thea

Anonymous said...

Eurica,

Is jou wederhelfte onwel? Ek hoop dit gaan beter...

Jou tuin lyk regtig pragtig. Ek het so bietjie na jou ander blogs ook gaan loer vir idees. Jy's regtig oulik!

Anonymous said...

Wanneer skryf jy weer ietsie? :-)

ericat said...

Ek is jammer vir die afskeep. Dit is regtig nie nodig nie. Binne 'n week - ek belowe.
Het weeskinders wat baie tyd verg, maar nou amper self eet (4 katjies - Ma inwendig doodgebloei na keisersnit) en die goeie nuus, kinders en vernaam die kleinkinders kuier hier vanuit Namibia.

Dankie vir die wakker skud.