klimaat, waar spasie min is, binnenshuis, water spaar en nie die minste nie is eenvoudig as ornamente omdat dit mooi is. Hier is fotos van 'n paar potplante in potte of houers net om 'n idee te kry. Elke persoon sal iets aan die rangskikkings kan en wil verander, dit maak die tuine soveel interessanter.
Die moontlikheid dat dit nodig mag wees dat 'n rare plante geskuif moet word is daar en geen probleem nie.



Die verskillende potte en kleure kombineer baie mooi met die houdstomp en klip. Die groot kaal area is iets treffend.
Selfs die gewone vorm pot vertoon besonder goed deurdat dit nie die aandag aftrek van die plante in die rangskikking nie.

Eenvoudig, maklik, maar tog deftig. Langs die visdam
Die aalwyn in die pot is Aloe hardyi 'n aalwyn wat natuurlik van kraanse afhang.
Hierdie aalwyn is goed geskik vir hangmandjies. Die aalwynblare hang nie slap nie, dit is styf in daardie vorm. Die plant groei na onder maar stuur die blom na bo.