'n Klipperige tuin, kliptuin of rotstuin wat ookal dit genoem word daar is al hoe meer tuine waar die grasperk vervang is met gruis of klippies wat die hele voorkoms van die tuin verander. In teenstelling met die groen grasperk kan die verskillende tekstuur, grootte, kleur en vorm van die klippe elke tuin uniek maak. Die klem op die spaar van water is waarskynlik die inspirasie tot hierdie nuwe interessante tuinontwerp.
'n Stap verder is om die hele tuin in 'n kliptuin te verander.

Dit is die beste om dolomietgruis te gebruik vir die plante en ook vir die neutrale agtergrond. Heelwat spesies van die fyner vetplantjies in die natuur groei tussen spierwit kwartsgruis en na my mening sou 'n laag wit kwartsklippies om die groot klippe op die voorgrond hierdie kliptuin ophelder.

