Spesiaal vir THEA 'n Meme-tag
Die reëls is :-
Skakel (link) terug na die persoon wie die Meme-Tag gestuur het.Plaas hierdie reëls bo-aan jou bladsy met 8 beskrywings van waarom jy gelukkig is in jou lewe.
Maak 'n lys van ongeveer 8 ander bloggers aan wie jy hierdie tag verder stuur.
Die geluk in my lewe;- Ek is dankbaar en gelukkig dat Rudi nog in my lewe is na meer as 40 jaar (heelwat meer, maar wie tel nou die jare so presies) Ons is nou al in alle opsigte een persoon en hy beheer die brein.

Rudi was geoloog by die kopermyn in Nababeep Namakwaland en daarna by TCL in Namibia. Die myn het gesluit en ons het besluit om vroeg af te tree in die Republiek van Suid Afrika. Dit was baie moeilik en hartseer om afskeid te neem van Namibië, maar gelukkig is die kinders nog daar met 'n plekkie vir ons.

Ons is gelukkig met ons drie kinders wat goed doen in hulle lewens en vir die skattige klleinkinders. Net grootouers kan verstaan hoeveel geluk kleinkinders bring.
Ek is bly dat ons nie die www, rekenaars, (komputers) of TV gehad het nie toe ons kinders klein was. Ons het geleer om mekaar te geniet en ken die lewe met en sonder die moderne geriewe.

Ons katte is nou ons kinders. Ek is trots op die katkinders. Gelukkig hou hulle my jonk en op my voete in plaas van dat ek voor die komper sit en speletjies speel.

Dan is daar nog baie vreugde in die aalwyntuin stokperdjie. Ons geniet die eksursies om die plante in die natuur te sien. Die tuin hou mens aan die gang en die geluk is dat Rudi van die takies hou waarvan ek nie hou nie en omgekeerd.

Ek vermoed dat dit al meer as agt dinge is wat my gelukkig maak.
'Skies vir die lang storie.
My tag gaan aan:-
THEA en haar hobbie blog Greintjes
Muriel's DiariesBashing innie boendoes
Eva die sterker chromosoom
Die res van die name volg soos ek hulle vind.

