Saturday, August 18, 2007

sneeu van naby Die sneeu op die Hexrivierberge by Ceres en verder in die koue bokkeveld is pragtig. Vernaam as mens na die sneeu kan kyk en nie self by vriespunt is nie. Hierdie jaar het dit so erg gesneeu by Sutherland dat die paaie afgesny was. Dit is toe dat ons besluit om bietjie sneeuballe te gaan rondgooi. Ons het nog altyd die sneeu van ver bewonder omdat dit nie die moeite werd is om tot by ‘n berg te ry nie, mens sien die sneeu net so goed van ver, maar as die sneeu op die grond is dan wil ons bietjie gaan speel.
http://made-in-afrika.com/onsblog/snow.mountains.2_small.jpg (4104 bytes)
Die sneeu is indrukwekkend, maar ook onwerklik soos op 'n prentjie.
lilies.mesembs.jpg (36422 bytes)
Dit is nog bietjie vroeg om te gaan blomme kyk in die Kouebokkeveld en die Karoo, maar die eerste vygies en lelies is reeds daar en pragtig. Na die baie reën is daar geen stof nie, alles is helder en skoon. Die windjie is koud en verfrissend.
http://made-in-afrika.com/onsblog/vaal.karooland..jpg (45377 bytes)
Die liedjie "vaal ou karoo-o- land" kom outomaties in my gedagtes op. Die panne water en vuurpyle langs die pad, verander niks nie. Dit bly vaal en rustig.
http://made-in-afrika.com/onsblog/vuurpyle..jpg (120236 bytes)

http://made-in-afrika.com/onsblog/aloe.microstigma.mountains_small.jpg (15924 bytes)
'n Lekker verrassing! Aloe microstigma so na aan Sutherland, maar dit is entlik te verwagte. Hierdie aalwyn verdra die warm droë somers en snerpende koue nagte van die Karoo sonder om te kla. Die plante groei net teen die westelike hange waar die middagson die klippe warm maak en verhoed dat die aalwyne deur die nag vries. Die aalwyne groei in droë omstandighede so daar is ook nie veel water in die blare wat kan vries nie.
Aloe microstigma is baie goed aangepas by die karoo. ..en die aalwyn is ook soos die Karooland - vaalgroen met 'n pragtige blom.
http://made-in-afrika.com/onsblog/aloe.microstigma.plant.8.07.jpg (67550 bytes)
meer oor Aloe microstigma en ander aalwyne op hierdie webwerf
http://made-in-afrika.com/onsblog/sutherland.snow.notice.board.7.071_small.jpg (20179 bytes)
Eindelik sneeu. Die baie reën het ongelukkig ons sneeu wegespoel en gesmelt, maar dit was steeds 'n ervaring om "regte sneeu" te kan hanteer.
http://made-in-afrika.com/onsblog/sutherland.eurica.snow.07_small.jpg (28855 bytes)
Dit voel goed. As ons nie so haastig was nie het ek 'n sneeuvrou gebou.

Agterna besef ons dat dit nou regtig nie nodig was om 700 km in een dag af te lê nie. Daar is baie B&B plekke teen goeie pryse in Sutherland en ook op die plase. Ongelukkig is dit die katkinders by die huis wat die deurslag gee en ons aanjaag terug huistoe net om te sien dat hulle heeltemal tevrede is en ons nie sou mis tot die volgende dag nie.
ontmoet ons katte o.a. die American Curl.

Saturday, August 11, 2007

bietjie vrot en ryp elendes by die aalwyne
Die winterreën is hier met mening, na ons gewone lang warm droë somer is die gevaar van verrotting by die aalwyne weer daar. Die meeste aalwyne skrik nie so erg vir koue nie, maar wel vir die kombinasie van koue en water.
Volgens ons ondervinding sal aalwyne wat in 'n tuin groei van die somer reënval gebiede en dus nooit werklik droogde ondervind nie, nie sommer vrot wanneer dit baie reën in die winter nie. In ons tuin word daar egter baie min water gegee deur die somer omdat ons hoofsaaklik 'n vetplant (sukkulente) tuin het. Gevolglik gaan die aalwyne oor in 'n rustoestand wanneer dit te lank droog was teen die einde van die somer. Gelukkig begin ons reën in enkelle los buie, sodat die plante begin groei voor die groot reën kom. Dit gaan die meeste jare goed, maar sommige jare is daar 'n paar gevalle van vrot. Die een wat die meeste pla is wanneer die blomme afval en/of die blomstingels omknak. Ons stokperdjie is reeds die saad... sug
Dit was erg die afgelope twee jaar so hierdie jaar het Rudi vroeg begin om 'n swaelmengsel te spuit teen swamme. Die swael is nie giftig nie, maar dit het wel die nadeel dat dit aanhoudend (na reën of elke 4 weke) herhaal moet word omdat dit slegs op kontak die swamme en swamspore dood.
http://made-in-afrika.com/onsblog/toe.onder.blomme.jpg (64092 bytes)
Dit kos fynkyk om die aalwyn te sien tussen die daisies. Dit is moeilik om na die vaal somer die blomme uit te trek. Ek het wel so 'n klein spasie skoongemaak om die aalwyne.
http://made-in-afrika.com/onsblog/winter.blommetjies.jpg (62524 bytes)
Ryp en nat aalwyne gaan nie saam nie. In gebiede waar dit ryp (met of sonder reën) kan die skade minder wees as die plante nie vol water is nie. Dit is die water wat vries en skade veroorsaak. In alle koue dele van die land kan die skade minder wees deur die plante vir 2-3 maande voor die winter geen water te gee nie. Daar is min gebiede waar dit nodig is om meer water te gee as die natuurlike reënval, maar dit mag wees dat ander plante water nodig het. Probeer om die aalwyne droog te hou.
Bome, struike en klippe beskerm ook die aalwyne teen koue en 'n aalwyn leef baie lekker saam met bome. 'n Aalwyn is van die min plante wat selfs onder 'n bloekom geplant kan word.

Na ryp skade kan die pap dele uitgesny word. Behandel die oorlewende gedeelte teen swamme (fungus) en beskerm die plant op die een of ander manier teen verderre koue of nattigheid. Maak 'n teht of hal die plant versigtig uit en laat dit staan op 'n beskutte droë plek. Solank daar 'n stukkie stam oorleef kan die plant weer uitloop.
http://made-in-afrika.com/onsblog/aloe.microstigma.mountains_small.jpg (15924 bytes)
Aloe microstigma naby Sutherland, die RSA se koudste plek. Die aalwyne groei net teen die westelike hange in die middagson. Die klippe, droogte en bossies is hulle redding.
Hierdie raad is miskien 'n bietjie laat nou, die winter is amper verby, maar onthou volgende jaar.