Sunday, June 10, 2007

Die kokerboom (Aloe dichotoma) vertoon pragtig in die natuur.
Met die klem op waterspaar en die populêriteit wat aalwyne nou kry, is daar baie tuiniers wat hierdie aalwyn in die tuin wil plant. Dit is nie buite bereik nie, mits daar net aan 'n paar vereistes voldoen word.

http://made-in-afrika.com/myblog/aloe.dichotoma.jpg (39198 bytes)


Die Kokerboom op die foto hierbo staan in 'n tuin met 'n groen grasperk. Hierdie foto is geneem in Windhoek, dit is dus geen prestasie dat die aalwyn so lekker groei nie.
Nogtans let op die volgende punte; Die kokerboom hou nie van 'n nat tuin vol plante nie; die grasperk word net bolangs natgemaak die wortels van die kokerboom is droog; daar is baie lug sirkulasie om die kokerboom; die boom groei op 'n helling met klippe en rotste onder die grond vir dreinering, en dit help as die lug droog is (alhoewel dit is nie noodsaaklik dat die kllimaat uiters droog moet wees nie).


http://made-in-afrika.com/myblog/aloe.dichotoma.tuin.jpg (54788 bytes)


Hierdie tuin is in Namakwaland waar dit uiters droog in die somer is en yskooue nagte in die winter. Hierdie tuin is 'n voorbeeld dat 'n tuin mooi en sonder moeite kan wees mits die tuin by die klimaat aanpas.


Nou vir die kokerboom. Aloe dichotoma groei klaarblyklik makliker in Kaapstad, as in die droë Klein Karoo. Ons het deur die inligting gesif en tot die slotsom gekom dat die hoofsaak by die kokerboom is dreinasie. Grawe 'n diep gat, en vul dit met klippe (sluit in dolomiet en kalksteen), growwe sand en 'n bietjie ou kraalmis. - Dit is verbasend hoeveel al die aalwyne van ou kraalmis hou. Plant die aalwyn bo-op sodat die stam bokant grondhoogte is. Moenie die aalwyn natmaak
nie, die reën is oorals in die land genoeg vir hierdie aalwyn. Die kokerboom groei maklik van saad. Meer inligting is op ons webwerf

Let op die Aloe marlothii tussen die twee kokerbome. Dit is 'n geharde aalwyn pragtig in 'n groot tuin, maar ook 'n bietjies te swaar in 'n klein tuin. Hier groei dit ewe pragtig in die winter reënval streek.

Die nonnie-kokerboom Aloe ramosissiema is met een woord oulik in die tuin. Dit vertak wanneer dit nog baie klein is en lyk soos 'n bonsai kokerboom. Ons vind dat Aloe ramosissima ongelukkig moeiliker is as die Aloe dichotoma in die tuin. Die boompie in die foto hieronder is net oor een meter hoog en reeds 5 jaar oud. Die kruising van die twee bome, Aloe dichotoma en Aloe ramosissima is makliker as enige van die twee en groei vinniger. Op die foto bo, die boom regs is 'n kruising.

Aloe ramosissima groei baie goed in potte waar die hoeveelheid water gereguleer kan word.

http://made-in-afrika.com/myblog/Aloe ramosissima.jpg (122022 bytes)

Kom ons verlang saam
'n Groot aantal Suid-Afrikaanse ouers sal weet hoe dit voel om te verlang na kinders en kleinkinders oorsee. Dit maak nie saak in watter rigting hulle oor die see heen is nie, verlange is dieselfde.

Hierdie fotos is geneem toe ek vir my seun in Engeland gaan kuier het. Wanneer die verlange groot is, is dit makliker om daarna te kyk en te konsentreer op die positiewe kant voordat ek verder kyk na fotos van hom en ons kleinseun.



















Die groen tonnel is 'n wandelpaadjie agter sy huis. Dit is pragtig en wek dadelik herinneringe van feëverhaaltjies - maar nie vir lank nie. Die werklikheid sluip in as die besef kom dat dit ten minste veilig is waar hy nou is om te gaan wandel in die donker tonnel. Hy is nie alleen weg van die moorde in Suid Afrika nie, maar daar is ook 'n baie beter toekoms vir hom in sy werk. Ten minste het hy daardie geleentheid.

Kom ons vind uiteindelik troos in die blomme met mooi gedagtes aan hulle vir wie ons lief is. Of ons geliefdes ver of naby ons is, hulle is in ons harte.



































Moenie jou vriend vergeet nie; dit sal hom seermaak. Maak jou vyand daarmee seer. - Langenhoven

peste en elendes by die aalwyne

Peste en siektes kom voor by aalwyne net soos by enige ander plante. As die behandeling vroeg gedoen word is die werk asook die skade min. Ons het begin met seep en ander "vriendelike" rate, maar in 'n groot tuin met baie aalwyne waarvan die meeste vir ons waardevol is, het ons besluit om nie meer mooi te praat met die peste nie. Ons gebruik sisteemgif net op aalwynkanker en beperk die poeiergif tot die aalwyne wat nie in blom is nie, of dan net heel onder die plant om so min moontlik skade aan bye te doen.

Die grootste pes is miere saam met hulle maats die plantluise. Hulle kan 'n groot kokerboom laat vrek voordat enige teken gesien word. Die miere dra die luise tussen die blaar en die stam in, waar die stam beskadig word en dit vrot. Hulle rangskik ook die luise baie netjies waar die boonste en onderste blare van 'n aalwyn oorvleuel. Onsigbaar van bo en van onder. Dan die gemeenste truuk van alles is wanneer hulle by kleiner aalwyne die grond ophoop langs die stam om die luise weg te steek. Hulle is slim ! maar ons is slimmer, hopenlik.
Hou fyn dop na reën of as die aalwyne natgemaak word. As daar een mier loop, stel ondersoek in. Hou die grond langs die stamme skoon en plat, sodat enige hopies gesien kan word. Die stuifpoeier op die mark wat kloorpirifos bevat is baie goed. Skud 'n klompie poeier in die kroon van al die aalwyne so een keer per maand. Dit hou miere weg en ook die snuitkewers wat eiers in die kroon lê. Die snuitkewerlarwes vreet deur die kroon tot in die stam en die kanse is baie groot dat die aalwyn sal vrot. Wanneer dit gebeur maak die kroon skoon en behandel met 'n antifungus middel. Laat dit droog word en verseel die wond met die verseler vir bome. Die aalwyn sal heel waarskynlik meer as een nuwe kroon op die wond vorm.

Rudi het 'n handige poeierstuifbottel gemaak. Die bottel is 'n houer van 'n algemene toiletskoonmaker en die buisie kom uit 'n insekgif blikkie. Stoot die buisie 'n entjie in die bottel in, dit pas presies. Maak 'n gat vir die buisie deur die deksel. Gooi 'n klippie saam met die gifpoeier in die houer dit help met die skud. Gee 'n skud en druk die houer terwyl die houer omgetip word met die buisie na onder. 'n Wolk gif spuit tot in die skrefies onder die blare in. Dit is makliker om te doen as om te verduidelik.

vrek.mier.jpg (12238 bytes)

Plantgifpoeier in die kroon van die aalwyn werk ook baie goed op 'n groter soort plantluis wat seld gesien word omdat dit vinnig beweeg en onder die plant tussen los blare wegkruip om hoofsaaklik in die nag aan die sagte nuwe groei te suig. Die grootste skade is die wonde wat dan aangeval word deur swamme en lelike vlekke veroorsaak. Fyn spikkels sal sigbaar wees op die nuwe groei. Dit is net nodig om poeiergif te gooi nadat dit gereën het of so een maal 'n maand wanneer dit nie reën nie.

http://made-in-afrika.com/onsblog/insekbyte.jpg (16462 bytes)

http://made-in-afrika.com/onsblog/wit.dopluise..jpg (36452 bytes)

Skud die bottel en tip dit onderstebo terwyl dit gedruk word. Dit maak 'n groot poeierwolk wat baie handig is op enige plantluise. Ook die wit dopluis. Water loop van die luise af, maar die poeier klou. Foto hieronder. Hierdie luise is reeds bespuit en hulle is besig om te vrek. Die doppe kan met 'n sagte borsel verwyder word.


http://made-in-afrika.com/onsblog/aalwynkanker.jpg (14369 bytes)

Die lelikste pes is aalwynkanker wat veroorsaak word deur 'n miet. Sny die vergroeide gedeelte sover moontlik uit en verf die wond met 'n insekgif. Gebruik 'n klein waterverf kwassie en maak die gif sterk aan. Moenie hierdie sterk mengsel oorals op die aalwyn laat drup nie want die aalwyn sal vrek op daardie kolle. Die gedeelte waar die miet is kan gerus vrek en die gif wat daar opgeneem word sal die miet in die res van die plant laat vrek. Hier is 'n sisteemgif ongelukkig nodig.

Dit is nou sover dit die peste aangaan. 'n Bietjie gifpoeier en die verfwerk teen miet. Bly op die uitkyk vir miere en alles is onder beheer. Dit was die algemene peste. Hierdie blog raak lank die elendes is vir die volgende blog.

Friday, June 08, 2007




Voëls dophou in die tuin is iets wat tot die kleinkinders geniet wanneer hulle kom kuier.Daar is voerbakke en waterdrinkbakke op strategiese plekke waar die voëltjies die katte kan sien. Die blomme van aalwyne en plakkies (links bo op die foto) is baie gewild by suikerbekkies en daarvan is daar oorgenoeg in die aalwyntuin.
Bome soos die vyeboom, bessies en blomme vir nektar is nodig om suikerbekkies en die vrugte eetende voëltjies te onthaal. Die behoeftes van die saadeters is redelik maklik bevredig deur voëltjiekos te koop en in 'n groot bak of skinkbord te gooi, maar dit is baie interessanter om ook vir die saadeters tuin te maak. Ons het 'n klein wildernis in die een hoekie van die tuin. Dit is 'n plesier om die voëls dop te hou terwyl hulle hang en swaai aan die grashalms terwyl hulle eet.
Begin die wildegrashoekie deur van die voëltjiesaad en ander grassaad te saai. Wilde saad waai spoedig daarby in. Verwyder onkruid en los alle grasse, koring, hawer en ander graansoorte. Met die tyd sal daar 'n groot verskeidenheid grasse groei en 'n paar veldmuise mag dalk ook intrek (regte veldmuisie gaan nie in die huis in nie).
Kom besoek ons tuin

Aalwyne is nie "'n vetplant met dorings en oranje blomme" nie. Daar is iets soos 120 soorte net in Suidelike Afrika, en dan kom daar nog die kruisings ook. Kruisings is baie mooi vir die tuin van 'n persoon wat net 'n paar aalwyne wil plant om 'n tuin af te rond. Kruisings het gewoonlik mooier blomme en hulle groei makliker as die species plante. Met die water skaarste het baie tuiniers van hulle grasperke afgesien in ruil vir die sierklipies beddings. Rond dit af met 'n paar aalwyne en die tuin het 'n pragtige aansig. Besoek ons tuin
Die versamelvoëltjies bly altyd in 'n swerm, of hulle nou eet, drink of broei.
Hierdie foto het hoofsaaklik sentimentele waarde. Vir iemand vanaf Namibië soos ek, is daar niks so mooi soos 'n kameeldoringboom nie. As hierdie boom nog versier is met die groot nes van die versamelvoëls dan voel mens klein.

Uithou en aanhou in die moeilkste omstandighede.